praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Historiese oorsprong van Luke Watson se 'Dutchman'

Historiese oorsprong van Luke Watson se 'Dutchman'

E-pos Afdruk PDF

10:21:12 Die skeldnaam “Dirty Dutch” kom van Eerste Britse Besetting, 1795-1803. Toe die Bataafse Republiek die Kaap die Goeie Hoop in 1803 by die Britse besetters oorneem, het die kommissaris-generaal, adv. J.A. de Mist, ’n verslag oor die verhouding tussen die Hottentot-korps en die toe reeds Afrikaanssprekende vryburgers laat opstel.

Kapt. Le Sueur, die bevelvoerder van die korps, het die verslag opgestel en op 8 Augustus 1803 ingedien. Daarin vermeld hy dat die korps ’n minagtende houding jeens die vryburgers het en hulle disrespekvol as “Dutsman” of selfs “Dêm Dutsman” aanspreek. (Die woord “Dietsman” is ’n variasie hiervan.)

Le Seuer skryf hierdie houding van die bruin en Khoi-soldate toe aan anti-Afrikaanse indoktrinasie deur die Britte.

Die omstrede rugbyspeler Luke Watson se onlangse skeldnaam vir Afrikaners, “Dutchman”, dateer ongetwyfeld uit die tydperk van die Eerste Britse Besetting, wat van 1795 tot 1803 geduur het.

In 1795 het die Afrikaanse Vryburgers hul onafhanklikheid, en dus hul vryheid, deur die verraad van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederland aan die venynige en rassistiese Britse Empire verloor.

Dié venyn, haat en rassisme van die Britte jeens Afrikaners is 107 jaar later beklemtoon deur lord Alfred Milner toe hy in 1902, pas ná die Vrede van Vereeniging - wat die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) beëindig het - gesê het: “It is no longer a war with bullets, but it is war still. We must knock the bottom out of the Afrikaner nation for ever and ever. Amen.”

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het die Britse soldate na die Boere verwys as “Dirty Dutchman” weens hul kenmerkende “kommando-geur”. In die veld was daar nie wasgeriewe of seep nie.

Soos die Engelse spreekwoord lui: “Old habits die hard”.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: