praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Is Afrikanerkinders sonder tuiste?

Is Afrikanerkinders sonder tuiste?

E-pos Afdruk PDF

Geagte redakteur,

Hartverskeurend is dit om die smart van die Chinese ouers te aanskou na die aardbewing op 12 Mei. Ons was jare gelede daar net nadat die bamboesgordyn van kommunisme begin oopgaan het. Ons het die aaklige swak bouwerk gesien en die tweedehandse skoene in die winkels en die staatskleuterskole waarin die enkelkind per gesin deur die staat versorg word. Hoedat die ouers net twee maal per week die kleintjies kon sien, naamlik Woensdae en Sondae.

Aborsies tot op 8 maande en sterilisasies. Ons het gesien hoedat die kindertjies met alle liefde en aandag deur die ouers bederf word met net die beste wat hulle in die hande kon kry van kleertjies tot Engelse taallesse. Kleuterskole gebou met swak derderangse bouwerk van die kommunistiese mentaliteit. Maar ons het die ongelooflike kunstige innerlike skoonheid van die mensies gesien in hul kunsskatte – gemaak onder die swakste omstandighede ; papiersnywerk en porselein en enkeldraad sy borduurwerk en ivoorsnywerk – te veel om te noem.

Toe sê ek en Beterhelfte vir mekaar dat hierdie geslag bedorwe enkelkinnertjies wanneer hulle groot word eendag nooit die gemors van kommunisme sal verdra nie. En my waarneming was korrek bewys in Rusland maar veral in China. Hulle het opgestaan uit die gemors uit en daarom kan ons afrikaners ook!

Maar dis hierdie geslag enkelkinders wat ons gesien het wat op TV onbeskryflike smart ly langs die rommel van so ‘n verkrummelde skool waaruit hulle nog hul kindertjies kan hoor skree!!

Want 900 families het in een skool uitgesterf!

Kan mens jou die tragedie voorstel?  Het die lewe enige betekenis sonder kinders?

Onwillekeurig dink ek dan aan ons eie afrikanerkinders wat onterf en onteien is maar darem die vryheid van die lewe deur die Here se genade gewen het.

En ek wonder of daar enige betekenis vir die lewe vir ons kinders is sonder ‘n tuiste.

 
JK Bosch


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: