Om te kwalifiseer vir 'n verkiesing moet:
· 'n kandidaat verplig wees om in besit te wees van 'n graad in politieke wetenskap, wat minstens ekonomiese geskiedenis, internasionale reg en etiek sal insluit. Dit kan voorkom dat 'n demagoog maklik aan bewind kom (Hitler, Malema);
· 'n kandidaat se volledige mediese rekords jaarliks in publieke domein geplaas word (Dick Cheney het geweier). Dit sal 'n MRI-skandering van die brein insluit wat moontlike psigopatie kan wys. (Psigopate se breinholtes is blykbaar groter). Sielkundige toetse wat 'n kandidaat se moontlike sosiopatie mag identifiseer moet beskikbaar wees vir publieke insae;
· alle finansiële rekords van 'n kandidaat en sy gade moet vir publieke insae beskikbaar wees.
As dit in die grondwet ingebou word, sal die hele ANC-regering bedank en neem ons weer die leisels oor. Maklik.
Terloops, die Franse leier van die opposisie, Francois Hollande, se stelling dat die finansiële sektor nou beheer oorneem in die Europese Unie (Italië is 'n goeie voorbeeld), voorspel niks goed vir die wêreld nie.
Lynette Ackermann, Melbourne
| < Vorige | Volgende > |
|---|





