praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe ANC-kaders was op NP-betaalstaat

ANC-kaders was op NP-betaalstaat

E-pos Afdruk PDF

Die witman het glo swartes in lokasies vermoor, lui die "waarheid" oor apartheid. Dit is ondeurdagte snert.

Geen witman het vrylik toegang tot lokasies gehad nie. Die inligting oor elke beweerde terroris is deur swart informante aangedra teen 'n vaste maandelikse vergoeding deur die veiligheidsmagte.

Die ergste van almal, was die ANC-kaders met hul toegang tot al die ANC-aktiwiteite en direkte toegang tot binnekringe, almal van hulle op die betaalstaat van die NP.

Die informante was deur die bank Indiër, bruin en swart. Dit maak my woedend dat net die witman die blaam dra en nou moet voete was en jammer sê, terwyl die ANC-informante in regstelposte sit of tenderpreneurs is.

Hoe kon 'n witman die presiese uitleg van byvoorbeeld 'n vesting in Lusaka, Maseru of Maputu geraai het? Die ANC maak nou asof die witman tydens apartheid alles geweet het soos 'n Jesus Christus van ouds, maar dis blatante snert.

Tyd om van al die twak ontslae te raak, veral van sommige van die aanbieders by RSG.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: