Die euforie om 'n land, sy rykdom en eerstewêreldontwikkeling op 'n skinkbord te kry, is nou nie meer 'n aardigheid nie en die realiteit van die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan te swaar as mens nie toegerus is daarvoor nie. Dit is die probleem waarmee die ANC tans spartel.
Daar is op alle gebiede tekorte aan geskoolde kundigheid wat nou die afdraande bespoedig. Selfs al word die sleutelposte nou op meriete hanteer, is die verval te groot om in te haal.
Die beplande TV-reeks oor Mandela gaan nie meer die swart stemme tevrede stel nie; hulle wil werk hê, 'n dak oor die kop en kos om te eet. Beloftes is nie meer genoeg nie.
Massale onbeheerde instroming van buitelanders vanuit die groter Afrika het misdaad laat blom, vigs laat eskaleer, en die plaaslike swartes se deel van die koek ingesluk.
Die welvaartskeppers skep en wanneer hulle genoeg geskep, het verlaat hulle die land.
Waar plaas dit die ANC-regering in die nuwe Suid-Afrika?
Waar plaas dit die blanke in die nuwe Suid-Afrika?
Na my mening kan daar nog een ding gedoen word om hierdie land van versekerde ondergang te red en dit is om mag te deel met die blankes.
Soos dit egter in die natuur gebeur, sal die leeu eerder sy eie welpies doodbyt as om 'n deel van die buit af te staan, al is hy hoe dik gevreet. Tragies, maar waar.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





