praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Ope brief aan die president en Beeld

Ope brief aan die president en Beeld

E-pos Afdruk PDF
Geagte President Zuma en Pieter du Toit,

Pieter, jou "sonder om beledigend te wees" en "met respek gese", maak nie jou ope brief aan die staatspresident in die By van Beeld op Saterdag 10 Desember respekvol nie.

Geagte president Zuma, Afrikaanses is nie almal so polities-naief soos Pieter nie. Na vyf jaar as Beeld se politieke korrespondent in die parlement, is Pieter van die moerawiese post-apartheid magsvakuum in Suid-Afrika steeds onbewus. Die gevolglike voortdurende presidensiële opvolgstryde tussen oud- en adjunkpresidente, stamme, provinsies en alliansievennote, is dus vir Pieter slegs die President se persoonlike probleempies.

"Zuma-era" 'n strompeling "van een gemors na die volgende?"

Die staatsmasjinerie "val teen 'n duiselingwekkende spoed uitmekaar?"

Pieter, jy het het nooit 'n soortgelyke ope brief aan staatspresident Mbeki geskryf nie. President Zuma het die stukkende masjien by oud-president Mbeki ge-erf, en die gemors waarna jy verwys - het die nie al in meneer Mandela se dae begin nie?

Pieter verwys na u "beeldpoetsers", president Zuma. Vat dit van wie dit af kom. Hoe lank is Beeld se nuusredaksie, insluitend Pieter, nou al u ope Afrikaanse beeldafbrekers?

"Voeg daarby" u, meneer die staatspresident, se "gebrek wat formele opleiding aanbetref." Pieter se ope beledigings laat vir my "ongemaklik"!

Pieter, ek vra nou hier namens jou om verskoning, sodat president Zuma nie dink alle Afrikaanses is in jou ongeskikte "ons" nie.

Meneer die Staatspresident, vergewe asseblief vir Pieter as hy aan u skryf: "By u kom dit altyd neer op politieke oorlewing, nie landsbelang nie." So asof die twee nie saamgaan nie - u politieke lewe en landsbelang.

Meneer die President, verskoon asseblief vir Pieter as hy in 'n ope brief uitblaker dat "mense" nie "geflous" word deur u aankondiging oor die kommissie van ondersoek na die wapentransaksie, en ook nie die ingryping by drie provinsies nie. Hy maak u presidensiële optredes verdag, sonder om sy ongeskikte stellings te staaf, maar soos u kan sien, Pieter se "mense" is anoniem.

Weereens, vat dit van wie dit af kom: Beeld se nuusredakteur.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: