praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Waarheen nou sonder Malema?

Waarheen nou sonder Malema?

E-pos Afdruk PDF
Dit mag baie vreemd klink, maar baie blankes het in Malema al 'n soort bondgenoot begin sien. Sy uitsprake en liedjies het immers baie Afrikaners verenig in hulle weersin. Verder was dit duidelik dat sy uitsprake al meer verdeeldheid binne die ANC-geledere veroorsaak het.

Dan was daar diegene wat sy onverskrokkenheid stilletjies bewonder het en heimlik gehoop het dat iemand uit eie geledere sal opstaan en Afrikanerbelange net so vreesloos sal bevorder.

Elkeen van ons met 'n tikkie rebelsheid het tog 'n bewondering vir iemand wat nie bang is om gesag uit te daag nie.

Sy uitsprake oor nasionalisering was altyd omstrede. My standpunt was deurgaans dat die nasionalisering van myne my nie gaan beinvloed nie. Ek besit dan nie 'n myn nie. Dat die grondstowwe aan die mense van die land behoort, stem ek ook mee saam.

Daar is by my egter geen twyfel dat die wyse waarop die myne tans bestuur word, maksimum finansiële voordeel aan die staat en die werkers oordra.

Vergelyk gerus die bonusse wat werkers van privaatmyne kry met met die salarisse (of gebrek daaraan) wat werkers in genasionaliseerde myne kry.

Vergelyk ook die inkomste wat die staat uit belasting kry uit privaatmyne met dit wat uit genasionaliseerde myne verkry word.

So kan ons aangaan. 'n Druiweboer kry byvoorbeeld net 10% van die inkomste vir sy druiwe meer as wat die staat daaruit verdien deur doeane en aksyns.

Die staat besit dus op 'n manier alreeds die meeste plase en die myne.

Die "eienaar" bewerk dit net vrywillig en die grootste inkomste gaan na die staat.

Maar dit daar gelaat. Terug by Malema.

Al was baie sy skorsing te wagte sal ons hom mis. Ons aande voor die TV sal nie weer die selfde wees nie. Saai en vervelig sonder om lekker kwaad te raak.

Afriforum sal inderhaas na 'n nuwe slaansak moet soek. Boere sal 'n ander vyand moet kry.

En die kanse lyk al hoe beter dat die huidige president vir nog 'n termyn aan bewind sal wees.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: