praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Menings Briewe Het jy al verder as die sepie vanaand gedink?

Het jy al verder as die sepie vanaand gedink?

E-pos Afdruk PDF
Dit is nodig dat ons as volksgenote kennis neem van ons verantwoordelikhede, want dit wil my al hoe meer voorkom of dit nie besef word nie.

Dink so bietjie hieraan: Vir hoeveel mense is jy verantwoordelik?

Een antwoord wat almal gerieflikheidshalwe vergeet is: Jou ongebore nageslag.
Ek kan nie vir ander antwoord nie, maar ek het vyf eie kinders en nog een op pad, en 'n aantal aangenome kinders ook, en ek gaan, indien dit vir my vergun word, seker nog sowat 6 kinders hê.

Gestel elkeen van my kinders kry weer net vyf kinders, dan het ek net een geslag later reeds 30 kleinkinders, en indien dieselfde gebeur met hulle sal ek 150 agterkleinkinders hê, en indien hulle elk ook net vyf kinders het sal ek 750 agter agterkleinkinders ryker wees.

Ek het dus jou (my volksgenoot) nodig om vir hierdie enorme nageslag van my vrouens en mans te voorsien om my eie bloed te laat voortleef. Ek is reeds baie lief vir hierdie toekomstige nakomelinge, daarom is ek nou maar lief vir julle ook omdat ek julle nie wil verloor om vir my nageslag te kan help uitbrei nie. (Ek is effe selfsugtig!) Hieruit kan mens sommer net so twintig geslagte tel en jy sal sien dat jy tans die enigste persoon is wie iets vir hulle kan doen en hulle kan miljoene beloop, jy is dus soos wat jy nou hier lees die verantwoordelike persoon van miljoene mense, en wat meer belangrik is, dit is jou eie bloed.

Jy is die enigste persoon wat 'n verskil kan maak aan die hele nageslag wat na jou kom. Die feit dat jou voorouers besluit het om die klein bootjie op die grote oseaan aan te durf, ten spyte van die barbare en die leeus van Afrika om vir jou 'n toekoms hier kom maak, wel hulle het dit gedoen ten bate van jou wat nou hier lees. En wat doen jy vir jou eie ongebore nageslag?

Gaan sit so rukkie stil, en dan vra jy jou lewensmaat dat hy/sy moet help om 'n brief vir jul nageslag te skryf. Sit en dink wat jy werklik doen om vir hulle 'n beter lewe te gee as wat jy geërf het van die vorige geslagte. Vat jou laaste twee weke en oudit dit en bepaal hoeveel tyd jy gespandeer het om te werk aan 'n beter lewe vir hulle.

Skryf vir hulle van die wonderlike Sewendelaansepie waaraan julle so verknog is, en skryf vir hulle van die huidige modegiere en die modelle voertuie wat jy beplan, en skryf vir hulle van die vorige en die volgende vakansie wat julle opgewonde oor is.

En as jy jouself geoudit het en bevind het dat jy eintlik nie eens aan hulle gedink het nie, moet maar nie die tyd verder mors om vir hulle te skryf nie, want hulle gaan nie daar wees nie.

Ons het 'n verpligting teenoor ons eie, die huidige nageslag is die vaders en moeders van ons gesamentlike nageslag. Dit is dus baie belangrik om jou mede-volksgenote atent te maak hierop, sodat hulle kan verstaan hoekom hulle betrokke moet raak by volksaksies.

Sien ek enige van julle by 'n volgende Geloftefees? Sien ek enige van julle by 'n volkssaamtrek, openbare vergadering of selfs 'n beskeie finansiele bydrae aan enige van die hordes volksinstellings gee wat probeer om namens jou iets te doen?


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: