Jy is hier: Menings Briewe

Briewe

Stakers se boodskap aan die ANC-elite

E-pos Afdruk PDF

Die huidige stakinglus van die NSA se werkerskorps is besig om ‘n crescendo te bereik, en reeds is daar vele teorieë oor die oorsprong en werklike rede vir die staking. Hierdie staking dreig om ‘n ander kleur en karakter te hê, as vorige jare s’n.

Augustus en September is tradisioneel stakingstyd, en dus verwag mens dit hierdie tyd van die jaar, maar die intensiteit is besig om ooglopend toe te neem, en dit lyk nie of die vakbonde enigsins hierdie keer ‘n toegeeflike houding teenoor die regering wil of gaan inneem nie.

Dit is baie duidelik dat die Cosatu / Kommuinistiese Party-alliansie vir die ANC duidelik wil wys dat dit nou tyd is om beloftes na te kom in ruil vir hulle ondersteuning aan Zuma met sy staatsgreep. Elke ding het sy prys, en dit is nou betaaltyd. Maar daar is ‘n groter motivering van die werkers se kant af, en dit is ‘n boodskap wat onderliggend al dringender deur die oerwoudtromme uitgedra word.

Op hierdie stadium het die werkers agtergekom dat, in terme van die Orwelliaanse staat wat die ANC geskep het – “some animals are more equal than others”. En hulle wil dit nie meer aanvaar nie. Daardie siek gees van materieëe aanmatiging waarmee die ANC-elite net ryker en vetter word, het ‘n breuk in die fyn balans geword. Veral in die staatdiens, dra baie werkers kennis, en is bewus van die vergrype en korrupsie van die ANC-politici en senior bestuurders en dit blyk dat hulle nou besluit het genoeg is genoeg. Die situasie in die staatdiens het nou onhoudbaar geword, met baie werkers wat stilbly oor bedrog, net om nie afgedank te word nie, en sommiges wat openlik gedreig word.

Die werkers se boodskap in hierdie staking, is direk aan die ANC -fat cats" gerig. Betaal ons beter, want julle kan nie alleen uit hierdie magsvergryp voordeel trek nie.

Dit plaas natuurlik die ANC-elite in ‘n baie netelige posisie, want sou hulle nie uiteindelik toegee nie, kan daar nare stories van hulle vergrype op die lappe kom. ‘n Groot persentasie van die geld wat deur senior staatsamptenare en politici se bedrog gegenereer word, word natuurlik ook na die koffers van die ANC gekanaliseer, en dit sou hulle nie graag in die openbare oog wil hê nie.

En wat ons moet onthou, is die meer as 50% wat die Afrikaner tot die staatskas bydra. Ons finansier al daardie bedrog, en uiteindelik die ANC. Hoe langer ons onder mekaar stry, en die beweging na ‘n soewereine Vryheidstaat uitstel, hoe langer dra ons tot ons eie verdrukking en slawerny by.

Laas Opdateer op Woensdag, 01 September 2010 11:27

De Klerk poog om sy aansien te red

E-pos Afdruk PDF

FW de Klerk se verraad teenoor die Afrikanervolk het absuluut geen einde nie , soos blyk uit vandeesweek se onderhoud met hom, Verraaier? Daai naam pla hom nie. Met die land op die punt van anargie en totale verval poog hy weereens om in te gryp en nogmaals die Afrikaner te probeer misbruik om die swart ANC van hulle eie onvermoë te red.

Die Afrikaners moet nou bydra vir 'n Afrikaanse universiteit - dink die man hy gaan ons paai met so n onnosel voorstel - of dink hy ons is onnosel?

'n Foto van sy ma langs sy lessenaar? Sy geliefde Latynonderwyser onthou - terwyl hy net oor Latyn 1 beskik? Wat 'n teenstrydige belaglikheid.

Ek haal mnr Murray La Vita aan: "Die federalisme van die grondwet is in gevaar; die vryheid van die pers is in gevaar; die vryemarkekonomie is in gevaar; en die onafhanklikheid van die regbank is in gevaar." Lig mnr FW de Klerk in dat hierdie kwessies nou tienvoudig vererger is deurdat hy sy land en volk met sy verraad vernietig het.

Mnr de Klerk se kanker het niks met die prys van eiers te doen nie; daar is miljoene wat daaraan ly - nie net hy nie. Waarvan hy wel kan kennnis neem, is dat hy daartoe bygedra het om die eerstewêreldgesondheidsorg, wat kankerlyers hier kon kry, te vernietig.

Dus is sy opmerking dat God hom gespaar het om nog 'n bydrae te lewer totaal verwarrend. Bedoel hy dat die land nie al genoeg vernietig is nie?

FW de Klerk se mening dat die ANC gaan skeur en dat hulle hom nie vertrou nie  is heel begryplik - wie sal n man vertrou wat sy eie volk en vrou verraai het?

Dat sy vrou ooral saam met hom gaan, raak ook al hoe moeiliker om te glo want niemand sien haar saam met hom hier plaaslik nie.

Natuurlik sal sy Griekse vrou hier bly om sy pensioen te kry - hopelik teen daardie tyd nie meer met die Afrikanermelkkoei se inkomste nie - wat die kanse op 'n pensioen aansienlik gaan verminder.

Mnr FW de Klerk moet die veragting van die Afikanervolk maar nou aanvaar as 'n gegewe. Nie een sal hom ooit weer 'n voet in die deur gee nie - veral nie diegene wat hy bedrieg het met sy dubbelsinnige leuenagtige praatjies waardeur hulle oorreed is om ja te stem nie.

Laas Opdateer op Sondag, 29 Augustus 2010 10:14

Afrikanerverdeling - die grootste gevaar

E-pos Afdruk PDF

Ek kom baie in Suid-Amerika, en het al vriende gemaak met van die Duitse Mennoniete. Hierdie streng godsdienstige groep het gemeenskappe die wêreld oor. Hulle het uit die kerkhervorming ontstaan, en was deur die eeue bekend as die Wederdopers, omdat hulle nie geglo het in die kleindoop nie, en as iemand dus by hulle aangesluit het, is hy weer gedoop.

In die sewentiende en agttiende eeue is die lede van hierdie geloofsgroep, waaruit die Amiesers van die VSA later ontstaan het, genadeloos deur sowel die Roomse kerk as deur die Hervormde kerke vervolg, en moes hulle gedurig vlug en van nuuts af begin. Hulle grootste uitdaging in al die gemeenskappe die wêreld oor, is om hulle jongmense by hulle te hou. Omdat hulle geïsoleerde ekonomieë baie klein en beperk is, bied dit natuurlik nie baie werkskepping nie, en dan moet die jongmense elders gaan werk. Meestal gaan die kinders na Duitsland, Spanje of die VSA.

Die gevolg hiervan is dat die Mennonietiese gemeeskappe ‘n relatief hoë gemiddelde ouderdom het. Hulle bevolkings is oud teenoor ‘n gemiddelde land s’n. In sommige gevalle is die gemiddelde ouderdom 42, terwyl die internasionale gemiddeld tussen 21 en 26 is. Maar die grootste gevaar is dat hulle genetiese poel gevaarlik klein is. Net soos die Afrikaner s’n. En nie baie van daardie jongmense gaan terug na die gemeenskappe as hulle eers aan die algemene handel deelgeneem het nie.

Onder die Amiese geloofsgroep in Amerika, kom daar al hoe meer genetiese afwykings voor, wat direk toegeskryf kan word aan die klein genepoel waaruit die groep ontstaan het, en wat nie noemenswaardig vernuwe nie. Daar is ook nie medisyne of behandeling vir die siektes wat die Amiesers so ernstig tref die afgelope twintig jaar nie.

Hierdie verskynsel word genoem die “founders effect”, of dan in Afrikaans seker die “stigtersverskynsel” (my vertaling). Wanneer die genetiese poel waaruit ‘n geslote groep mense ontstaan het, klein was, word sekere siektes en toestande oorerflik in daardie groep, en indien dit weer en weer oorgeërf word as gevolg van te naby familiebande, kan dit al erger word.

Die Afrikanervolk is internasionaal bekend in die mediese wêreld, dat ons volk wel gebuk gaan onder die “stigtersverskynsel” en dat ‘n hele paar siektes meer en gereeld onder ons voorkom as in ander populasies of volke. Die bekendstes is: "hypercholesterolaemia, progressive familial heart block, Huntington’s chorea, porphyria variegata, Gaucher's disease, cystic fibrosis and familial colonic polyposis". (Ek gee dit weer uit die “SA Medical Journal”, Oktober 1983, vandaar my onvermoë om die Afrikaans weer te gee.).

In die lig van bogenoemde, is dit duidelik dat die Afrikaner nie kan bekostig om homself verder in klein groepies op te deel, en langer met hierdie kinderagtige debat oor wie en wat die Afrikaner is, en wie en hoe mense geklassifiseer moet word, kan voortgaan nie.

Watse nalatenskap wil ons aan ons kinders gee?

As mens mooi daaroor dink, is almal van ons wat aan hierdie debat deelneem, en waarin die een slimmer wil wees as die ander, ‘n klomp “ou” mense, wat ons kans gehad het, en dit verbrou het. Ons stry nou oor ons eie verliese en seerkry, al het ons nog gemiddeld net twintig jaar oor om iets by te dra of tot stand te bring. Daarna is ons te oud en trek ons saam met die sonnetjie om die huis as ons gelukkig is.

Daarna moet ons nageslag dít wat ons hopelik tot stand gebring het, verder vat en maak werk. Ons veg nie hierdie vryheidstrewe regtig vir onsself nie, maar vir ons nageslagte. En ons moet onsself die vraag hard en duidelik stel – wat wil ons nalaat?

Wil ons regtig vir hulle hierdie armsalige, verplinterde klomp groepies swaksinniges nalaat, wat nie ekonomies of selfs geneties kan oorleef nie?

Nee, nee, en ‘n duisend maal nee! As ons voortgaan om hierdie verdelende gekheid in stand te hou, pleeg ons ‘n misdaad teenoor die toekomstige nageslagte van hierdie volk. Ek sê dan eerder vir enige jongmens: “Gaan soek jou heil oorsee, of bly aan in die NSA, want die huidige klomp gekke en dwase wat so hoog opgee oor die Vryheidsideaal, is elkeen besig om sy eie seerkry te probeer dokter, is besig om sy eie klein visie’tjie te probeer realiseer, maar is deur die gestryery en geslegsêery en verdeling besig om jou en jou nageslag te verraai.”

Ek doen weer eens ‘n beroep op almal om die vryheid van die Afrikanervolk eerste te stel binne ‘n model van inklusiewe diversiteit, anders stuur ons net weer op ons volgende mislukking en gemors af. Ons moet  die jongmense ook nou al deel maak van daardie strewe, en hulle saam laat besluit hoe hulle toekoms eendag moet lyk. Kom ons probeer vir een keer in die geskiedenis verhoed dat die een geslag die vorige een se probleme moet probeer oplos.

Laas Opdateer op Woensdag, 25 Augustus 2010 12:50

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL