praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Leef Kos en wyn Peerslaai

Peerslaai

E-pos Afdruk PDF

Sny vier pere in dun skywe en verwyder die pitte. Plaas die skywe op ´n bakplaat en strooi bruinsuiker bo-oor. Karamelliseer dit onder die oondrooster. Meng al die bestandele vir die sous. Rangskik slaaiblare met die peerskywe bo-op. Skaaf die 80 g Gruyèrekaas in lang repe oor die slaai en strooi 40 pekanneute oor. Bedrup met slaaisous.

Slaaisous:
200 ml druiwepitolie
100 ml vars suurlemoensap
1 eetlepel bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel droë mostert
½ teelepel witpeper

Garneer met sprietuie of eetbare blomme. Heerlik saam met 'n rogbroodjie!


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: