Uit 'n blik. Maak 'n blikkie cannellini-bootjies oop, dreineer en gooi in 'n bak. Voeg daarby 'n handvol vars gekapte kruisementblare.
Maak 'n slaaisous van 2 eetlepels wynasyn en 2 eetlepels olyfolie. Giet dit oor 'n halwe rooi soetrissie en 'n klein rooi uitjie in blokkies gesny en laat 'n paar minute staan. Kappertjiesaad smaak ook lekker daarby, maar dis nie onontbeerlik nie
Meng al die bestandele saam en bedien. Girts-garts 'n bietjie growwe sout en peper daaroor vir smaak.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





