praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Leef Kos en wyn
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
Aantal kere gelees: 5464

Kos en wyn

Eiervrug

E-pos Afdruk PDF

Kruie, kruie, kruie. Vars roosmaryn, tiemie, oreganum, kruisement en salie. Kap fyn en terwyl jy die verruklike geure inadem, sny 'n middelgrootte eiervrug in  die lengte in twee en smeer met kruie,  fyngemaakte knoffel en sout. Giet 'n straaltjie olyfolie oor en bak in 'n oond teen 200 grade C tot sag en goudbruin. Die eiervrug moet goed gaar wees. As die twee helftes te gou verbruin, bedek met foelie om te keer dat dit brand.

Die eiervrug kan ook aanvanklik oor die braaivleisvuur gerooster word en daarna in foelie toegedraai word en gebak om gaar te word.

Laat afkoel en eet teen kamertemperatuur.



Laas Opdateer op Donderdag, 10 Desember 2009 11:01

Perskeslaai

E-pos Afdruk PDF

Makliker kan dit nie! Rangskik 'n paar lekker ryp perskes, kaalperskes, nektariens as jy wil, in wiggies gesny op 'n mooi bord. Braai ewe veel dun snye Italiaanse ham, prosciutto, in hul eie vet tot bros, breek en strooi oor die kaalperskebord. Bedrup met goeie balsamiese asyn en geniet.

 

Laas Opdateer op Dinsdag, 01 Desember 2009 08:53

Tortellinislaai

E-pos Afdruk PDF

'n Ongewone, maar heerlike manier om tortellinipasta te geniet, 'n ware lenteresep. Kook 400g varsgemaakte tortellini met spinasie of pesto gevul, 20 aspersiepunte en 'n koppie ertjies saam. Die vars pasta neem ongeveer 3 minute om gaar te kook. Voeg die aspersiepunte en ertjies vir die laaste minuut by. Dreineer en vervars onder yskoue water.

Voeg 4 radyse, dun gesny, twee koppies babaspinasieblare en 'n eetlepel grasuie by. Rangskik in 'n mooi bak. Bedruip met 'n slaaisous van rooiwynasyn en olyfolie en geur met sout en peper.

Opsioneel is gekruide bokmelkkaas en dennepitte, maar dan raak die dis 'n uitdaging vir die beursie!

 

Laas Opdateer op Maandag, 23 November 2009 14:49

Bladsy 1 van 11