In hierdie geëmansipeerde tye waarin ons leef, is daar steeds van ons soort oor. Dis nou die vroue wat graag so 'n treetjie agter hul mans wil loop. Nie omdat hulle ondergeskik voel nie, maar omdat hulle die veiligheid van 'n leier wat die pad verken en die welvaart van sy volgeling op die hart dra, verkies.
Huis en kinders
Agter elke man, staan 'n ingeligte vrou
“Kate Hudson en haar man gaan dalk skei,” roep ek van voor die televisie vir manlief wat voor sy rekenaar sit. “Goed so, haar man is maar 'n snaakse karakter, deurmekaar met dwelms en hy lyk nie te goed nie!” roep hy terug. Ek is verbaas. “Wow, jy weet baie van die tweetjies,” sê ek en skud my kop in ongeloof. Ek het gehoop hy weet wie Kate Hudson is - na ek al herhaaldelik haar naam genoem het terwyl ons na iets oor haar kyk - maar sulke onmiddellike herkenning en stortvloed van inligting is raar.
Alles gaan oor gereedskap
My pa het my 'n belangrike waarheid geleer: Enigiets is maklik as jou gereedskap reg is.
Enigiemand wat al probeer het om 'n naat met 'n naald of speld los te trek, as hulle van beter weet en 'n lostrekker gewoond is, weet hoe waar hierdie stelling is.

Huis en kinders






