praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Leef Mode en skoonheid Withuis verander klerestyl

Withuis verander klerestyl

E-pos Afdruk PDF
Image

Obama, die president sonder baadjie
President Barack Obama is afgeneem in die Ovaalkantoor sonder sy pak se baadjie aan. Maar daar was 'n logiese verduideliking daarvoor: Obama wat nie van koue hou nie het die lugreëling se termostaat warmer gestel.

"Hy is van Hawaii afkomstig, reg?" het Obama se senior adviseur David Axelrod gesê. "Hy hou van die hitte. Mens kan orgideë daar binne groei."

Onder Bush se bewind was stiptelikheid belangrik. Vergaderings het vroeg begin – die voormalige president het eenkeer die minister van buitelandse sake, Colin Powell uit die Kabinetskamer gesluit toe Powell 'n paar minute laat was – en betyds geëindig. In die Obama-Withuis begin vergaderings op die regte tyd en eindig dikwels laat.

"Ek sal nooit vergeet nie, ek het een Saterdagoggend werk toe gegaan en is ingeroep Ovaalkantoor toe omdat hy ongelukkig was oor iets," het Dan Bartlett, 'n adviseur vir Bush gesê. "Ek het kakieklere aangehad en 'n hemp waarvan die kraag nie toegeknoop was nie, ek moes by die deur staan en is vir 15 minute uitgevreet en is nie toegelaat om oor die drumpel te tree nie."

Obama het ook 'n meer ontspanne gevoel in sy openbare verskynings. David Gergen, 'n adviseur vir beide Republikeinse en Demokratiese presidente, het gesê dat Obama 'n soort van "Aloha Zen" uitstraal, 'n soort van gemaklike kalmte, wat Gergen gesê het 'n man weerspieël wat "gemakliker is, en nie so vol van homself nie".


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: