Soos wat die hofverhoor teen Geert Wilders in Amsterdam voortsleep oor sy vermeende radikale, kwetsende uitsprake, vind 'n mens hier 'n aantal gelykenisse met wat vorige eeu gebeur het.
Verlede eeu het die rykstes van Europa en die Verenigde State met bakke vol geld die Russiese Oktoberrewolusie gefinansier. Selfs ons aartsvyand Lord Milner het 'n stuiwer in die armbeurs gegooi vir die Rooies. Desondanks word die indruk gewek dat die gepeupel in Rusland self in opstand gekom het en kommunisme begin eis het. Die harde werklikheid dikteer egter 'n ander verhaal.
Byvoorbeeld, wat het Lenin in Switserland gedoen voordat hy Rusland toe is om die rewolusie te ontketen? En waarom was Trotski in New York kort daarvoor? Trotski was selfs oppad terug in Nuwe Skotland in Kanada gearresteer gewees op verdenking van aktiwiteite wat Britse soldate in Oos-Europa in gevaar kon stel, maar onder druk van die VSA weer vrygelaat. En dan nog sy hegte vriendskap met die Baron Rothschild, die rykste bankier van Europa? Dit rym nie met die beeld van die verdrukte arbeider nie, laat staan nog dat nòg Trotski, nòg Lenin nòg Marx 'n dag in hul lewe gewerk het nie en nooit eens voet in 'n fabriek gesit het nie.
Oswald Spengler het in Untergang des Abelandes geskryf dat daar geen proletariese of kommunistiese rewolusie is wat nie in die belang van geld gehandel het nie, en die idealiste het meestal geen idee hiervan gehad nie. As ons kyk na uitlatings van mense in topposisies soos die Rotschilds, die Rockefellers, Ford Foundation en ander was hulle nog altyd vol lof gewees oor kommunisme. En dan begin 'n mens te wonder hoekom die rykste en invloedrykste mense ter wêreld pro-kommunisties is.
Die antwoord is nie moeilik te vinde nie: 'n Land waarvan die hele staatsapparaat in die hande van 'n klein kliek gekonstentreer is sonder vrees van kompetisie, met mense wat weens gebrek aan geloof die leier slaafs aanbid, is mos 'n wêreldheerser se droom. Ondanks die honderdmiljoen mense wat omgekom het onder daardie gruwelsisteem, moes iemand daarvoor gesorg het dat hulle geen geregtelike gevolge sou dra nie, en net die ultrarykes het die mag om dit te reël. Dit is nou dieselfde mense wat die mag gehad het om die Afrikaner fundamenteel te beswadder oor die enkele honderde swartes wat deur die polisie gedood is, terwyl die huidige golf van misdaad geen wenkbrou laat lig nie.
In ons huidige tydsgewrig, met die ambisies van die top geestelikes in die Moslemwêreld, kan ons nagenoeg dieselfde proses herken. Dit is allerweë bekend dat in lande waar die Sjariawette regeer, word vroue verdruk en dikwels swaar mishandel en word menseregte as bysaak beskou. Selfs so 'n sekulêre Islamitiese reus soos Turkye heg meer waarde aan die Islamitiese wetgewings as aan die VN se Handves van Menseregte. Egter, enige kritiese geluid wat hierdie wil uitwys word vanuit alle bronne tot stilswye gemaan.
Tydens Wilders se verhoor het 'n drietal Islamdeskundiges opgedaag om sy standpunte te evalueer, en hulle het hom op alle terreine gelyk gegee. Selfs sy gewraakte uitspraak dat die Koran vergelykbaar is met Hitler se Mein Kampf was bespreek. 'n Islamdeskundige, die afvallige Siriese psigiater Wafa Sultan, meen tydens die verhoor dat die Koran selfs erger is as Mein Kampf, aangesien Hitler se boek 'n politieke mening was terwyl die Koran magspolitiek met geloof vermeng, en sodoende 'n groter, gevaarliker invloed op mense uitoefen. Mevrou Sultan se afvalligheid het sy origens te danke aan die feit dat sy in haar tuisland meegemaak het hoe 'n radikale Moslem haar dosent met 'n masjiengeweer met meer as honderd koëls neergemaai het, en Allahoe Akbar (God is groot) geuiter het.
Dit wil voorkom asof die mense met die groot geld daarop uit is om Wilders se mond te snoer. Selfs die belangrikste Nederlandse entrepeneur, Bernard Wientjes wat voorsitter is van die Vereniging van Nederlandse Ondernemers (VNO-NCW) is teen hom, al is dit duidelik dat die grootste bedreiging vir die Nederlandse regstaat juis uit die hoek van die radikale Islam kom. Dit is met ander woorde nie net onnosel linkse stemvee nie wat teen Wilders is nie, maar belangrike mense aan die top is ook nie gediend met sy uitsprake nie. En soos gewoonlik word die hele tyd gesinspeel op Moslems wat minder tuis voel in Nederland as gevolg van Wilders. Egter, toe enkele jare gelede die grootste anti-Joodse demonstrasie in Amsterdam gehou was sedert die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog, het dit skaars die koerante bereik.
Een van die interessante verskynsels wat die Islamitiese Rewolusie in Iran aan ons geleer het, is dat mense massaal bereid is om geloof te kies bo materiële welvaart, wat hulle onder die Sjah Mohammad Reza Pahlavi geniet het - weliswaar nie heeltemaal vry van verdrukking nie. Volgens ooggetuie was mense heeltemaal besete om Islamitiese waardes te verkondig ten gunste van verworde materialisme. En dit was nie net beperk tot Iran nie, maar het skokgolwe in nagenoeg elke Islamitiese land veroorsaak. Dit is duidelik dat geloof die beste mobiliserende faktor is vir rewolusie, selfs magtiger as sekulêre gelowe soos kommunisme, en die internasionale karakter van hierdie rewolusie het getalsgewys selfs die Oktoberrewolusie oortref. Daarom moet enige teenstander van hierdie rewolusionêre golf verketter of monddood gemaak word.
Islam is 'n geloof van onderwerping aan hoër gesag en streef na internasionale oorheersing, net soos kommunisme. Ander gelowe word slegs getolereer as hulle onderworpe is aan Islam. Die situasie in Europa is effens anders.
Volgens sommige geskiedkundiges verkeer Europa nog steeds in die naskokke van die Franse en Oktoberrewolusies, met die belangrikste kenmerk dat geloof en nasionalisme bespot is en Europeërs fundamenteel rigtingloos gelaat is hierdeur. Dit word goed verduidelik deur die Spaanse filosoof José Ortega y Gasset in sy The Revolt of the Masses, waarin hy argumenteer dat juis vanwee die vernietiging van geloof, adelstande en derglike vorme van hoër kulturele gesag het die massamens 'n opmars begin maak. Die kenmerk van die massamens is die gepeupel wat geen werklike insigte het in langtermyn voordele vir die samelewing nie, maar hulle wil almal direk en ywerig hul mening verkondig. Onder Fascisme, sê Gasset byvoorbeeld, sien ons 'n mens wat nie omgee of hy reg of verkeerd is nie, maar wil bloot sy stem laat hoor. Hy meen dat hy die reg het om nie redelik te wees nie, oftewel hy het die "redelikheid van onredelikheid". Met die verhoor van Wilders kan ons selfs 'n stappie verder gaan en stel dat enige vorm van redelikheid verketter moet word.
Waar Europa sonder geloof en redelikheid agtergelaat is, maak Islam sy opkoms, en pogings om dit te stuit word vanuit 'n hele verskeidenheid oorde deur veskillende "deskundiges" ontkrag, wat die gewone volk nog verder op 'n dwaalspoor lei. 'n Mens wat sig verloor van sy hoër kultuur is in feite 'n geestelike weeskind en vatbaar vir vreemde invloede. Ofskoon daar op internet uitstekende klassieke werke gratis af te laai is, verkies die gepeupel vir rekenaarspeletjies of kyk liewer na Hollywood se prulvermaak, wat verder veroorsaak dat hulle in 'n verlore jeug verval.
Dit word nog verder vererger deurdat Christendom, spesifiek die Katolieke variant, in die media steeds meer te skande gestel word oor verhale van kindermisbruik sodat Europeërs 'n weersin in hul eie geloof begin kry. Oor gevalle van Moslemkinders wat gebreinspoel is om selfmoordaanslae te pleeg of as menslike skild op te tree, word geen woord gerep nie en moet eintlik met 'n soort ontsag benader word.
Dit is duidelik dat die opkoms van Islam 'n perfekte Trojaanse perd is vir die ambisies van die wêreld se grootste magswellustelinge. Waar kommunisme destyds op die sentimente van die arme arbeiders geteer het, groei Islam op die verlamde moreel van die Europeërs. En hul doelstellings is een en dieselfde: Om die gepeupel dom en gelukkig te hou met onbenullighede terwyl groter moonthede steeds meer van hul gedagtes en instellings konsentreer in die hande van 'n magtige kliek. En as jy jou magswellus kan regverdig met 'n geloof, lê jy nie net beslag op mense se arbeid en welvaart nie, maar op hul siel ook.
Waar Marx destyds gestel het dat geloof die opium van die massa is, is die realiteit deesdae dat Nintendo, pornografie en Endemol die opium van die massa is terwyl 'n heelwat onbilliker, indringender geloof besig is om wortel te skiet. En hierdie geloof het nog nooit slawerny afgesweer nie.
Hoe gouer Europa dit besef hoe beter.
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Islam: Die nuwe kommunisme




