praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:09:59:45 AM GMT

Jy is hier: Joseph Secreve Plaasmoorde? Niks persoonliks nie.

Plaasmoorde? Niks persoonliks nie.

E-pos Afdruk PDF

Hendrik Verwoerd het die grootste opheffingsprojek van stapel gestuur wat Suid-Afrika nog ooit gesien het. –Jan Botha. Verwoerd is dead. 

Nou die dag laai ek 'n interessante artikel van die internet af. Dit is die vertroulike "Kissinger Report" uit 1975, wat eers in 1989 deur die Withuis vrygestel is. Die sentrale betoog in hierdie verslag is dat die wêreldbevolking te groot begin word en dat diverse maatreëls geneem moet word om te sorg dat die verskillende wêreldbevolkings hul geboortesyfers terug moet bring. Die druk wat as gevolg van hierdie massa mense op die ekosisteem geplaas word, word eweneens groter.

'n Alomteenwoordige lewensbron soos drinkwater word steeds skaarser as gevolg hiervan. In 'n land soos China byvoorbeeld, waar die lewensstandaard drasties begin verbeter, word verwoede pogings onderneem om riviere in te dam om mense makliker van skoon water te voorsien in hul eie huise. Die gevolg is dat die watertafels van die riviere begin daal wat weereens 'n negatiewe uitwerking het op die gewone ekologie in daardie land. In die Amasonegebied gewaar ons 'n soortgelyke tendens. Plaaslike landbouers is die vernaamste skuldiges om die oerwoud weg te kap om grond te skep waarop hulle kan boer, terwyl die Amasone twintig persent van die wêreld se suurstof verskaf. Met die huidige tendens in visvangs, sal daar oor 50 jaar geen vis in 'n oseaan meer swem nie.

In die Kissinger-verslag word gepleit dat dit 'n heel alomvattende ingryp sal verg om die wêreldbevolking in toom te hou. Dit is nie genoeg om slegs voorbehoedmiddels te versprei nie, maar 'n hele ommeswaai in mentaliteit is nodig, en 'n hele aantal organisasies sal moet saamwerk om 'n gewenste resultaat te lewer. 'n Belangrike manier om die geboortesyfer omlaag te bring is om die algemene welvaart van 'n bepaalde gemeenskap te verbeter. Hierdie verskynsel is goed te sien in Europa. Slegs twee generasies gelede was groot gesinne aan die orde van die dag. My oupa aan vaderssyde was een van tien kinders. Slegs een generasie daarna staan die gemiddelde aantal kinders per kerngesin op of onder die vervangingsaantal van 2.3. In lande soos Duitsland en Italië is die aantal kinders per gesin tussen 1,6 en 1,8, ver benede die maat, en om die ekonomie op peil te hou, sal hulle buitelanders moet invoer om te werk.

Daar is egter 'n probleem by ander etniese groepe, veral in Afrika. Die swartes het nie soos die Europeërs meegegaan in die stroom van welvaartverhoging nie. In Suid-Afrika, waar swartes aansienlik welvarend was vir 'n Afrika-volk, het hulle nie dieselfde demografiese tendens getoon as die Europeërs nie, inteendeel. Die swart bevolking het enorm toegeneem. In die twintigste eeu het swart Suid-Afrika vertwintigvoudig en die blanke volksdeel deur hul aantal heeltemaal in die skadu gestel. Tot en met 1960 was die blankes ongeveer 20% van die Suid-Afrikaanse bevolking en nou staan daardie syfer op ongeveer 9%. Wyle Chris Louw het verlede jaar die aantal blanke Afrikaners geskat op 6%.

'n Honderd jaar gelede, was daar anderhalf miljard mense op aarde. Toe die Kissinger-verslag verskyn het in '75, het die wêreldbevolking op 4,2 miljard mense gestaan. Dit staan deesdae op 7 miljard, 'n driekwart meer as 35 jaar gelede. Die aarde kan net die helfte soveel mense dra deur hierdie eeu, althans volgens die Optimum Population Trust. Dat hierdie styging 'n politieke en ekologiese onstabiliteit kan beteken, is gewis.

Hierdie demografiese onheil is waarskynlik die belangrikste rede hoekom die wêreld so baie geraas gemaak het tydens apartheid en nou met Robert Mugabe, Mbeki en Zuma so stil is. Dit wil voorkom asof Kissinger se pogings in 1975 nie gewerk het nie, en nou moet oorgegaan word na "harder" maatreels. Die wêreld se invloedrykste politici, ekonome, bankiers en ondernemers het ongetwyfeld 'n aandeel gehad om die westerse wêreld se bruikbare idiote op te hits teen Afrikaners, juis om hierdie tendens van swart oorbevolking te knak.

Die konsep van "nuttelose eters" kan hier verhaal word. Ons het hier te make met mense wat geen bydrae tot die natuur lewer nie, maar desondanks gevoed moet word. In Afrika styg die bevolking ook nog sterk, stamkonflikte en VIGS ten spyt, vanweë die voedselpakette van westerse lande wat hul oorskot voedsel gerieflikheidshalwe in Afrika stort. Hierdie voedselgeskenke gaan egter die komende tyd afneem, aangesien westerse lande hul voedsel self wil gebruik om biobrandstof tegnologie te ontwikkel. Dit kan aanleiding gee dat die voedselpryse in die Derde Wêreld vinniger gaan styg as in die ontwikkelde wêreld, waar 'n groter surplus voedsel vir Westerlinge beskikbaar is. Tegelykertyd gaan Afrika oorspoel word met geneties gemanipuleerde voedsel, en soos ons weet, kan geneties gemanipuleerde voedsel geen sade produseer om self voort te plant nie. Die gevolg is dat daar altyd 'n verband van afhanklikheid gaan wees tussen aanvraer en verskaffer. Arm lande sal moet betaal om voedsel te verkry van magtige firma's in die ryker lande. Die geneties gemanipuleerde voedselfabriek kry dan beheer oor die wel en weë van al hierdie mense. Soos die eintste Kissinger gesê het: "As jy lande wil beheer, lê beslag op hul olie. As jy mense wil beheer, lê beslag op hul voedsel."

Daarbenewens kan die newe-effekte van geneties gemanipuleerde voedsel grondig ontleed word, wat weereens van Afrika die Weste se laboratorium maak. Afhangende van die newe-effekte, kan die gemanipuleerde voedsel anders vervaardig word om later aan die res van die wêreld te versprei, en sodoende word 'n sisteem van ultrakapitalisme bewerkstellig waar miljarde mense slegs kan eet op die genade van die super-rykes.

Die verband mag dalk nou duidelik word hoekom die plaasmoorde so stilgehou word, en hoekom die weste so nonchalant reageer op Mugabe se tirades om miljoene van sy mense te verhonger. Dit is niks persoonliks nie, maar die wêreldbevolking is net te gevaarlik groot en alle maatreëls is geoorloof.

Die vraag waarmee ons sit, is hoe kan ons selfredsaamheid en selfbeskikking vir ons mense bewerkstellig met die wêreld se magtigste moonthede teen ons?

'n Moontlike begin is om 'n manier te bedink om ons eie mense van voedsel te voorsien. Afrikaners hou geen demografiese gevaar vir die wêreld in nie. Dit gebeur slegs as ons ander van kos voorsien. As ons onder die radar ons eie mense voorsien van kos, veral die sowat 650 000 Afrikaners wat onder die broodlyn leef, kan ons hopelik orent bly terwyl Afrika in ellende en korrupsie wegsink.

Niks persoonliks nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: