praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Joseph Secreve Nasionalisme is ons wapenfeit en ons plig

Nasionalisme is ons wapenfeit en ons plig

E-pos Afdruk PDF
Wie na buite kyk droom. Wie na binne kyk ontwaak. – C.G. Jung 

Sonder om nou al te samesweerderig te klink oor die hedendaagse politieke verwikkelinge, kan 'n mens nie ontken dat daar supernasionale kragte is wat inwerk op die persepsie van – hoofsaaklik Westerse – burgers nie.

Nêrens is hierdie voorbeeld duideliker as in Suid-Afrika en Israel nie. Sodra 'n mens net 'n bietjie aanspraak wil maak op sy historiese erfenis, staan die perse, politici, "politieke" kommentators en derglike meningsvormers klaar om jou van allerlei verderflike opvattings te beskuldig.

Dit was die Kommunistiese dinktenk in Moskou - die Komintern – wat in 1973 gepoog het om Apartheid en Sionisme tot misdade teen die mensdom te verklaar, en het wêreldwyd allerlei Kommunistiese organe beveel om gehoor te gee aan hierdie oproep. Dit was hul kameraad Lenin wat die bekende spreuk geuiter het dat imperialisme die hoogste fase is van kapitalisme.

Met hierdie wete het die Oosbloklande geprobeer om die groot Satan, die Verenigde State ten gronde te rig. Hulle het geglo dat as 'n mens 'n kapitalistiese reus soos die VSA wil vernietig, moet hy nie soseer in die hartland self begin nie, maar in sy "tentakels", naamlik Suid-Afrika en die Midde-Ooste. As hierdie gebiede vernietig is, sal die groot moontheid self nie te moeilik wees om te breek nie. Sowel die Afrikaner in SA as die Jood in Israel verteenwoordig Westerse volke in nie-Westerse lande, en hul ondergang sal as simbool staan vir die ondergang van die Weste as geheel.

In Suid-Afrika is die hoeksteen van die Afrikaner se kultuur en moraal sy Calvinistiese beginsels. Suid-Afrika se groot sukses onder Verwoerd en daarna is 'n duidelike bewys hiervan. Onder Verwoerd het die SA ekonomie met gemiddeld 7% per jaar gegroei. Die lewensstandaard van die wittes het met 3,9% per jaar verbeter en die lewensstandaard van swartes het jaarliks verbeter met 5.3%.

Soos die Nederlandse teoloog en staatsman Abraham Kuyper in sy Stone-lesings geargumenteer het, was dit juis die Calvinistiese etiek en moraal wat van Nederland 'n wêreldmoontheid gemaak het in die sewentiende eeu. Hierdie Calvinisme het later met die Puriteine oorgewaai na die Verenigde State en het die VS sy supermoontheid-status besorg.

Dit is nie toevallig dat die mees gerespekteerde universiteite in die VS hulself juis in die Puriteinse state in Amerika bevind nie. In die negentiende en begin twintigste eeu was dit selfs verbode gewees om 'n ateïs te wees aan hierdie hoër-onderwysinstellings, omdat geloof beskou was as die dryfveer van die sukses van hierdie instansies.

Deur verskeie historiese prosesse het die streng Calvinistiese juk sy invloed verloor en in die plek daarvan het linkse opvattings die vakuum gevul. Aangesien hierdie proses geleidelik verloop, besef 'n mens nie altyd die impak hiervan op ons direkte maatskaplike bewussyn nie.

In Nederland met sy eeueoue linkse inslag byvoorbeeld, is die bevolking in baie opsigte gereduseer tot 'n amorfe toestand, sonder duidelike beginsels of moraal, oppervlakkig, egoïsties, narcissisties en gereduseer tot verbruikende kuddediere. Dit gebeur selde dat 'n mens iemand in Nederland teëkom wat 'n grondige insig en diepgewortelde sin vir moraal en beginsels het. Enkeles wat dit wel gehad het, soos WF Hermans of Pim Fortuyn was of persona non grata verklaar of doodgeskiet.

Op 'n webwerf wat ek gevind het oor buitelanders wat Nederlanders verafsku, beskryf iemand dat Nederland as "the quintessence of sick western capitalism", myle ver verwyder van die beginsels wat Kuyper opgesom het in die laat negentiende eeu. Hierdie resulterende kleingeestigheid word egter aangemoedig vanuit die Nederlandse elite deurdat talentloosheid en oppervlakkigheid beloon word. Met miljardêr filmprodusente soos Endemol met sy Big Brother-faam behoort hierdie verband duidelik te wees.

Enkele maande gelede besoek ek 'n hoogbejaarde tante van my en toe ek vra of hierdie losbandigheid sy ontstaan gehad het tydens die seksuele rewolusie, antwoord sy volmondig 'ja'. Die seksuele rewolusie was die begin gewees van die opstand-kultuur, waarvan die sedeloosheid as 'n middel gedien het om die streng leer en dogma's te minag. En nou is die resultaat 'n infantiele maatskappy, oftewel 'n verweesde samelewing soos prof. Pim dit sou omskryf het. Die Nederlandse kultuur is sedertdien 'n anti-kultuur, met sy eie vorm van nasionalisme wat antinasionalisties is, sy eie vorm van fascisme wat antifascisties is, en hedendaagse Nederland is gekant teen diegene wat westerse beginsels van gesonde volkskap nastreef.

Deur Afrikaners jarelank te bespot en beswadder was 'n uiting van die teloorgang wat Nederland by homself ervaar het. Die opkoms van regse strominge in Nederland is 'n reaksie hierop, en die gesig hiervan – Geert Wilders – word op alle terreine afgebreek as synde staatsgevaarlik, weereens met die ryk elite agter die skerms wat die persepsie oor Wilders beïnvloed.

Dr. Sydney Gregan van die Afrikaner Volksparty het op 'n stadium gestel dat die grootste vyand van die kommunis is nie soseer die kapitalis nie (kommuniste is per slot van rekening self ultra-kapitaliste), maar die nasionalis. 'n Nasionalis is iemand wat vir sy eie mense omgee en daarom word dit moeiliker vir ander moonthede om beheer oor hulle te verkry. Vandaar moet nasionalisme met hand en tand beveg word omdat dit teen die belange indruis van die groter moonthede.

En waarom? Wat is die geheime krag van nasionalisme?

Eerstens is nasionalisme 'n bron van identiteit en singewing. Dit is gevul met geskiedenis, moraal, hoër strewes en 'n gesonde gevoel vir waardigheid met tydlose verwysings en voorbeelde uit die verlede, en is daarom heelwat magtiger en omvangryker as oppervlakkige, eendimensionele politieke ideale. Tweedens is nasionalisme 'n middel tot introspeksie. Dit is 'n manier om jouself te leer begryp. Eers as jy jouself begryp kan jy insig kry in ander mense en sodoende meer behulpsaam wees in hul strewes, wat 'n mens help na selfredsaamheid en verantwoordelikheid neem. Derdens is dit 'n bron van innerlike groei en spirituele ontwaking, wat respekterend is teenoor die lewe self, en 'n respek vir die lewe lei tot 'n waardige aanvaarding van die dood eendag. Vierdens, en ewe belangrik, is dat nasionalisme die nadruk lê op jou onvervreembare bestaansreg. Dit gee jou 'n plekkie onder die son. Nasionalisme is met ander woorde 'n manier om te verhoed dat 'n mens nie tot 'n identiteitlose, nihilistiese kuddedier versink nie, en maak van 'n onderdaan 'n burger.

Dit is waar dat in die Weste as geheel 'n antinasionalistiese stroming die tydsgees bepaal het die afgelope paar dekades, en enige vorm van nasionalisme direk weer slagoffer geword het van verkettering, met die abberasies van Nazi-Duitsland as belangrikste stok waarmee nasionale bewussyswording geslaan was. Die hele massahisterie byvoorbeeld teen Israel vanwee die inval op die Turkse flottielje is alles vooropgestelde uitinge teen Sionisme, oftewel Joodse nasionalisme. Hul grootste ergenis is die verbete vasklou van Israel aan hul eie nasionale ideaal. Niemand rep egter 'n woord oor die blitsverkopersukses van Hitler se Mein Kampf die afgelope paar jaar in Turkye nie. Dit is juis hierdie stygende golf van Jodehaat in Turkye wat die histerie laat losbars het, met Karl Marx se tallose bruikbare idiote in Europa wat voor Israel se ambassades gaan protesteer het.

'n Mens moet egter die volgende vraag vra: Wat sê ons eendag vir ons kleinkinders oor ons generasie? Dat ons gehelp het om ons kultuur te vernietig omdat hul gierigheid dit wou, of dat ons glo in die onvervreembare voortbestaan van ons mense?

En dit is nasionalisme se belangrikste bate. Dit is beginselvas


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: