praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Wednesday, 23. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Joseph Secreve Wat is die rol van die Indiërs, en hoekom is die res so stil?

Wat is die rol van die Indiërs, en hoekom is die res so stil?

E-pos Afdruk PDF

In die kern van alle vyandigheid tussen vreemdelinge lê onverskilligheid. – Søren Kierkegaard.

Julius Malema en sy ANC beskermhere plaas ons voor ’n interessante dilemma: Aan die een kant is hy besig om sy mede-Afrikane aan te hits om blankes dood te maak, en tegelykertyd reageer die ANC verontwaardig oor die feit dat Afrikanergroepe soos die VF+ en Afrikaner sakemanne ’n klag van haatspraak hierteen ingedien het. Nou ewe skielik is dit Malema wat bedreig word deur wittes en nie andersom nie. En sodra die regter bepaal het dat Malema homself inderdaad skuldig maak aan onwettige haatsaai teen minderhede, is die howe nou ewe skielik “gekaap deur regses”.

Dit was vóór die moord op Eugene Terre’Blanche.

Sonder om nou al te agterdogtig te raak wonder ’n mens watter kragte nou werklik hier agter sit. Uiteraard behoort swartes met rewolusionêre oogmerke tot hierdie groep, maar andersyds lyk dit asof sommige Indiërs wat die ANC trou is, agter die skerms besig is om swartes op te steek. Mahomed Vawda was die primêre motor agter die strydlied om boere te skiet, sy kameraad van die Onafhanklike Demokrate (OD) Haniff Hoosen steun hom hierin en gedra homself nog aggressiewer as die ANC om hierdie lied as “erfgoed” te behou, en as dit nie erg genoeg is nie, is die minister van ekonomiese ontwikkeling, ene Ibrahim Patel, besig om Suid-Afrika se gepensioeneerdes se brood uit hul monde te steel sodat hy meer geld het om aan duistere sake te verkwansel. Blykbaar het Patel al ’n hele uitgebreide plan van ’n paar miljard rand saamgestel waarvoor pensioenfondse geplunder moet word. Die fondse uit die ontwikkelingsbank kan kennelik nie meer hiervoor gebruik word nie, en nou moet die ordentlike burger wat sy lewe hard gewerk en gespaar het, opgeoffer word vir die ANC – oligargie se eindelose roofsug.

Terwyl die media volop gons oor Terre’Blanche se wrede en lafhartige moord, is daar baie onderliggende gebeurtenisse soos bogenoemde wat nie opgehelder word nie. Tot nimmer verbasing is die media en algemene menings anti-Terre’Blanche en die veel groter ergenis word nie gesien vir wat dit is nie.  Nog voordat ek by die vraag uitkom hoekom die hele wêreld so stil is oor hierdie skaamtelose staaltjie roofkapitalisme wat onder die oppervalk afspeel, wil ek net gou ’n teorie opper oor waarom die Indiërs nou so optree. Ten eerste dink ek dat hulle so aan hul bas voel dat die swartes nie werklik ’n hoë dunk van hulle het nie. Om die waarheid te sê is die vyandigheid tussen swartman en Indiër ’n realiteit wat nie baie aandag verdien het nie en op ’n manier stilgehou word. Was daar nie in 1949 ’n poging gewees van die Zoeloes in Natal om ’n grootskalige moordveldtog op die Indiërs te pleeg nie?

Juis as gevolg van hierdie gevoel van bedreiging probeer die Indiërs nou “Roomser as die pous” te wees in hul veroordeling van blankes. ’n Sielkundige eksperiment wat gedoen was deur twee Italiaanse sielkundiges, Mara Cadinu en Cinza Reggiori oor dokters, sielkundiges en maatskaplike werkers het aangetoon dat sodra die sielkundiges ’n gevoel van bedreiging van die dokters ontvang het oor hul professionele bekwaamheid, het die sielkundiges nie die dokters aangevat hieroor nie, maar hul frustrasie op die laer groep, die maatskaplike werkers, afgereageer. Hulle het as’t ware geprobeer om die maatskaplike werkers, die laagste status groep verder benede hulself te stel en juis pogings onderneem om nader aan die dokters (die hoogste status groep) te wees in terme van hul professionaliteit. In die sielkunde heet hierdie verskynsel neerwaartse vergelyking.

Aangesien die blankes – veral Afrikaners – deesdae die groot paria’s van Suid-Afrika is en die Indiërs nou tot die tussengroep behoort, kan ons hul optrede teen blankes waarskynlik op dieselfde manier interpreteer. Die Indiërs voel dat hulle op ’n manier bedreig word as synde ’n volk wat ook nie inheems aan Afrika is nie. Deur die blankes te haat en veroordeel probeer hulle hul solidariteit met hul swart meesters te bewys. Dieselfde dinamiek kan ’n mens aantref in lande soos Iran. As Persiese buitebeentjie te midde van Arabiese moonthede, gebruik die Ajatollas hul Islamitiese geloof as bindmiddel in die Midde-Ooste, en dit word versterk deur hul giftige veroordeling van Israël se bestaansreg.

Wat egter nog onbeantwoord bly, is waarom swyg die internasionale media hieroor? Voor Terre’Blanche se martelaarskap was Malema se uitlatings en die howe se veroordeling hiervan slegs ’n enkele onopvallende paragrafie in die Nederlandse en Britse koerante. Tydens die vorige bedeling kon ons geen kant op kyk nie of die internasionale pers was bo-op ons om allerlei verskriklike beweegredes hieraan te gee. Al sou hulle ’n spreekwoordelike mikroskoop te voorskyn haal, maar hulle moes en sou ’n swastika iewers in die NP kabinet vind; en as hulle nie een kon vind nie, het hulle een opgedroom deur byvoorbeeld foto’s te vervals.

Deesdae is die situasie ’n honderd en tagtig grade andersom. Malema skree sonder skroom dat boere geskiet moet word, wat die verlede naweek drie boere se lewens gekos het, maar dit word in oorseese media in dieselfde asem genoem as Tiger Woods se verontwaardigde kleuterskooljuffrou en derglike oppervlakkige prulartikels. Enkele ure voor Terre’Blanche se moord het Malema weer hierdie lied gesing teen die uitspraak van die regter in, maar dit word skaars genoem. Die mediablootstelling oor Terre’Blanche sal waarskynlik net deur die ANC as ’n tydelike ongemak gesien word. Hulle sal beslis nie van rigting verander nie, hooguit net so ’n bietjie briek trap.

Dit lyk asof mense van nature geneig is om argwanend op speurtog te gaan na sake wat nie heeltemaal helder is nie, maar sodra dit kristalhelder uitgeblaker word dat daar geen twyfel meer bestaan nie, is daar niks meer om te sê nie. Dan word dit dikwels afgewater as ’n soort kinderlike jeugstreek en moet nie al te ernstig opgeneem word nie. Die emosionele impak is heelwat minder en kan in ernstige gevalle selfs ’n bekoorlike werking hê. Want dit is mos lekker as ’n Malema of Mugabe na vore tree wat “geen nonsens vat nie” en dinge reguit sê wat hy bedoel. Die nonchalante opvatting van oorsee kan ook wees as gevolg van die verslaggewers en publiek elders ter wêreld wat geen werklike idee het wat hierdie uitinge alles beteken nie. Hulle besef nie die gevaar van sulke uitsprake nie. Implisiet beteken dit ook dat, anders as die blankes, is die swart Suid-Afrikaners “nie soos ons nie” en daarom kan hul optredes nie met dieselfde maatstawwe gemeet word nie. Figure soos Mugabe besef hierdie patos van die Europeërs baie goed en het selfs die magtigste vrou ter wêreld, Angela Merkel, tot swye gebring toe sy hom wou berispe oor sy vernietigende optredes, deur haar toe te snou met “moenie jouself met ons politiek bemoei nie”.

Die filosoof Thérèse Delpech het in haar uitstekende boek L’Esauvagament: Le retour de la barbarie au XXIe siècle (in Engels vertaal as Savage Century: Back to Barbarism) ’n voorbeeld aangehaal hoe tydens Stalin se bewind houtkappers in Rusland onder sulke ontberende omstandighede moes werk dat sommige uit wanhoop hul hande afgekap het en in die kiste vol planke gegooi het om ’n boodskap uit te stuur na Engeland (die koper van hierdie hout) dat daar iets ernstig verkeerd is in Stalin se werkersparadys. Toe hierdie kiste in Engeland aanland, het die doeane doodgemaklik die ontbinde hande uitgegooi en die kiste deurgelaat sonder om enige vrae te stel. Hierdie voorbeeld is sprekend van die ongeërgerde manier waarop Suid-Afrika elders ter wêreld in die media bekend staan. Hulle verstaan nie die omvang van die ellende waarin Suid-Afrika verkeer nie en enige tekens van die wanhopigheid word nie as sodanig gesien nie. Soos die bostaande aanhaling van Kierkegaard duidelik stel, dink ek ook nie dat hulle werklik omgee nie.

Kom ons hoop Terre’Blanche se dood gee ons die politieke wilskrag om nou finaal saam te staan en hierdie korrupte stel ANC-parasiete van hul troon af te skop. Dit is duidelik dat hulle met so ’n gewaagde daad polarisasie wil skep, wat wittes voor ’n gevaarlike dilemma gaan sit: As die dood van Terre’Blanche nie tot ergenis gaan lei onder blankes nie, sal dit ’n swakheid adverteer na swartes. Dit kan die moorde op blankes laat toeneem. As die blankes daarenteen die wapens gaan opneem en hulself in militante geledere gaan mobiliseer, is dit ’n uitdaging van geweld, wat gewelddadigheid aan hul kant ook kan verhoog. Geen keuse is wenslik nie.

Sonder om nou al te militant te klink, dink ek nie dat ons veel van ’n keuse het as om vir die laaste opsie te stem nie. Dit is die minste van twee kwade.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: