Tydens sy onlangse onderhoud in die SAUK TV-program Morning Live het dr Dan Roodt beweer dat daar reeds baie navorsing gedoen is oor die kwessie van volke en hul gemiddelde IK’s. Ek het hierdie stelling gaan navors en bevind dat dit inderdaad die waarheid is.
In hul omstrede boek IQ and the Wealth of Nations (2002) beweer dr Richard Lynn, Professor Emeritus in Sielkunde by die Universiteit van Ulster, Noord-Ierland en dr Tatu Vanhanen, Professor Emeritus in Politieke Wetenskap by die Universiteit van Tampere in Finland dat verskille in lande se bruto nasionale produk per kop ‘n sterk en byna direkte korrelasie met die gemiddelde IK van hul bevolkings toon.
Die skrywers vertolk hierdie korrelasie dat IK ‘n belangrike determinant is om die verskille tussen volke se rykdom en hul gemiddelde IK te verklaar, maar dat dit nie noodwendig die enigste determinant is nie.
Hul bevindings het hewige kritiek ontlok wat aanleiding gegee het tot die opvolgboek, IQ and Global Inequality.
Lynn en Vanhaven verskaf ‘n tabel wat die resultaat was van hul onderskeie berekenings en skattings. Aangesien die opname van individuele volke se gemiddelde IK’s ‘n onbegonne taak sou wees, het die skrywers bestaande data en navorsingsmateriaal as basis gebruik met goed beredeneerde aanpassings.
Daar was byvoorbeeld geen studies beskikbaaar vir 104 van die 185 nasies nie en het die skrywers ramings gemaak van die naaste verwante volke. Hulle het byvoorbeeld Salvador se gemiddelde IK vasgestel op 84 wat die gemiddeld is van Guatamala se 79 en Colombia se 88. Dit gee ‘n korrelasie van 0.62 met die BNP van daardie land.
Vir Suid Afrika het hulle die gemiddelde IK van die verskillende volke geneem. Die Koi se afstammelinge asook die verbastering met ander Bantoevolke kanselleer die Westerlinge se 100 en dit bring hulle by die nasionale gemiddeld van 72.
Die tabel van die wêreld se gemiddelde IK’s, wat deur Wikipedia verskaf is, volg aan die einde van hierdie artikel. Suid Afrika se demokrasie word deur mense wat ‘n gemiddelde IK van 72 het, geregeer. Die politieke elite het waarskynlik ‘n IK van 100 of meer, maar hul volgelinge se gemiddeld is natuurlik heelwat laer. Landswette word gepromulgeer om die bevolkingsgroep met ‘n gemiddelde IK van 100 te vervang met lede van ‘n bevolkingsgroep wie se gemiddelde IK 72 is.
Natuurlik was daar baie skerp kritiek op Lynn en Vanhaven se werk ingebring, maar daar bestaan desnieteenstaande genoeg bewyse dat die korrelasie tussen BNP en gemiddelde IK van land tot land te sterk is om deur politiek korrekte argumente weg te redeneer.
Verskeie vrae duik nou op:
- Is dit moontlik dat Suid- Afrika, met sy ingewikkelde kapitalistiese ekonomie deur mense bestuur kan word wat regoor Afrika bewys het dat hulle onbevoeg is om oor koloniale, oftewel Westerse ekonomieë te regeer?
- Bring ‘n een-mens-een-stem-demokrasie sonder ingeboude meganismes ‘n verbetering of verslegting van Suid-Afrika se ekonomie?
- As daar geredeneer word dat daar ‘n verbetering sou wees, waarom word die teendeel dan daagliks bewys deur getransformeerde korporasies en owerhede wat klaaglik misluk?
- Sou daar geredeneer word dat daar noodwendig ‘n verslegting sou intree, waarom is die kriminele fout dan by die onderhandelings begaan om die hele ekonomie sonder enige voorbehoud aan ‘n swakker bestuurskorps oor te dra?
- By die onderhandelings en daarna is beweer dat die nuwe demokrasie die waarborg vir toekomstige ekonomiese vooruitgang sou wees, en dat ‘n uitgerekte onderhandelingsproses die ekonomie sou verwoes. Klop dit met die feite?
- Is vandag se politieke situasie dus volhoubaar? Kan dit veel langer so voortduur?
Daar is ‘n basiese natuurwet wat lui: Binne ‘n situasie van disekwilibrium werk baie sterk kragte daaraan om die balans te herstel. Hierdie wet is van toepassing op die aardkors wat homself daagliks regstel, op organisasies, op die huwelik, die politiek en op besighede. Ons het so pas Kumba se kansellering van hul voorsieningskontrak met Mittal gesien. ‘n Wesenlike wanbalans wat nie volhoubaar was nie is eensydig gekanselleer.
Die primitiewe demokrasie soos ons dit vandag ken, is ook nie volhoubaar nie. Iets sal moet breek. Daar sal óf ‘n verswakking aan die een kant moet plaasvind óf ‘n versterking aan die ekonomie se kant. Óf die politieke hegemonie van die ANC sal moet breek, óf die weerstand vanuit die ekonomiese sektor, wat tans doodbloei, sal hulself polities moet orden en die ANC uit die magsposissie verwyder soos hulle die vorige bestel verwyder het.
Wat lê dus anderkant die demokrasie...?
|
|
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Wat lê anderkant die demokrasie?




