praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: Herman Toerien

Herman Toerien

Belangrike verwikkelings op uiterstes van die Middellandse See

E-pos Afdruk PDF

In Marokko het ‘n oorweldigende meerderheid – amptelik in elk geval te midde van baie bewerings van stemmekokery – gestem vir grondwetlike hervormings. Koning Mohammed, ‘n uitvoerende koning, het die referendum uitgeroep skynbaar om die grondwet te wysig om sy eie magte ten koste van die regering in te perk.

Skeptici meen egter die koning het in die proses vir homself steeds baie magte gereserveer, onder andere as regeringshoof, en dat dit ‘n beredderingspoging is te midde van die Arabiese domino-revolusie.

Ander Arabiese outokrate en despote kan dalk ‘n bietjie kers kom opsteek oor die Marokkaanse voorbeeld in ‘n poging om hul basse met ‘n voorsorgmaatreël te red. .

Maar hoe hou dit verband met iets aan die heel ander kant van die Middellandse See – drie sleutelooreenkomtes wat tussen Serwië en Kosovo gesluit is?

Dit handel oor die referendum in Marrokaans-besette Wes-Sahara wat na jare nog nie gehou is nie. Marokko klou soos ‘n neet aan die Wes-Sahara, al verbeur hy onder meer lidmaatskap van die Afrika-Unie daaroor. In die jongste verlede plaas Marokko die moontlikheid van ‘n selfregerende Wes-Sahara as ‘n Marokkaanse streekregering as referendumopsie. Dié gedagte word deur ‘n hele paar invloedryke lande gesteun.

Vir die Polisariofront is dit egter ‘n tameletjie. Wie mag stem? – byvoorbeeld die Marokkane wat hulle sedert die besetting daar gevestig het – kan die Polisario se magsbasis verteer. Marokko se bevolking is veel groter as dié van Wes-Sahara, waarvan baie boonop in lande soos Algerië as vlugtelinge woon. Die getal Marokkaanse soldate wat die “woestynmuur” (‘n wal van sand en grond wat Marokko bymekaar geskraap het om Wes-Sahara de facto tussen die Marokkaans-bestte deel en die gebied waar Polisario regeer te verdeel, is byvoorbeeld volgens sommige bronne twee keer so veel soos die ganse Wes-Sahara-bevolking.

Net so weier Serwië om Kosovo se onafhanklikheid te erken. Kosovo word deur ‘n meerderheid hoofsaaklik Moslem-Albanese bewoon, met ‘n minderheid Serwiërs. Kosovo het in 2008 eensydig onafhanklik geword, maar dié status is intussen deur die Internasionale Geregshof grootliks gekondoneer, met die VSA en die meerderheid EU-lidlande onder die 76 lande wat Kosovo se onafhanklikheid erken.

Serwië hoop om later vanjaar by die Europese Unie aan te sluit, en met die Unie se voorvereiste van die selfsbeskikkingsregte van minderhede (Baskiese en Kataloniese selfbeskikking was voorvereistes vir Spaanse lidmaatskap van die Unie), kan ‘n hardekoejawel-houding van Serwië sy kanse vir lidmaatskap nie goed doen nie.

Serwië se inskiklikheid om ‘n akkoord aan te gaan met ‘n land wat hy nie erken nie, hou baie met pragmatisme verband. Onderliggend is ‘n strewe om die lot van die Serwiese minderheid in Albanië te verbeter. Die drie ooreenkomste hou verband met bevolkingsmobiliteit, toegang tot registers en wedersydse erkenning van kwalifikasies.

‘n Soortgelyke verwikkeling vind tussen China en Taiwan plaas, wat mekaar se onafhanklikheid ook nie erken nie. In die jongste verloop word na instemming van China en Taiwan, ook individuele Chinese toeriste in Taiwan toegelaat. Voorheen was dit net gekontroleerde groepe.

Marokko, en aanvanklik Mauritanië het die ou Spaans-Sahara in die sewentigerjare beset na die Spaanse owerheid onttrek het. Spanje se amptelike standpunt is dat hy die administrasie van sy eertydse kolonie aan Marokko en Mauritanië, en nie die soewereiniteit nie, oorgedra het. Toe die Polisariofront te veel raak vir Mauritanië, wat self politieke onstabiliteit en ‘n staatsgreep beleef het, het Marokko ook die suidelike deel van Wes-Sahara beset.

Die Polisariofront is egter deur die destydse Organisasie vir Afrika-eenheid en later die AU, as wettige verteenwoordigende owerheid van die Saharawi-republiek erken. Marokko het sy lidmaatskap verloor.

Een van die mees tragiese oorloë het tussen Marokko en die Polisariofront uitgebreek. Afgesien van baie lewensverlies, het die oorlog ook so lank aangesleep dat Marokkaanse soldate wat gevange geneem is voor ‘n kind gebore is, later in gevangenskap moes verneem hulle het intussen oupas van dié kinders se kinders geword.

Teen 1991 was onderhandelings danksy internasionale bemiddeling vol op dreef, met ‘n referendum oor die toekoms van die besette gebied die groot kwessie. Marokko het strykdeur kop uitgetrek, sodat die sewende rondte samesprekings onlangs gehou is. Marokko se houding plaas groot druk op die moratorium van gewapende vyandelikhede.

Marokko maak daarop aanspraak dat hy gewoon gebied waaroor dit aanvanklik regeer het, teruggeneem het. Die kaart wat hiervoor gebruik word, sluit egter ook groot gebiede van ander buurlande in, en daarom is daar ‘n pragmatiese skeptisisme teenoor hierdie skynbare Marokkaanse imperialisme.

Die AU se statuut dat koloniale grense in Afrika onskendbaar is, word as regverdiging vir toe ore vir Marokkaanse aansprake gebruik. Tog raak die voorbeelde waar afgewyk word algaande meer. Die jongste is die komende afskeiding van Suid-Soedan. Enkele jare gelede het Eritrea ook van Ethiopië afgeskei, en is Walvisbaai aan Namibië gegee. Die omgekeerde het ook al gebeur – Frans- en Brits-Kamoerien het verenig en so ook  Brits- en Italiaans-Somalië – maar waar min of meer die voormalige Italiaans-Somalië nou al ‘n geruime tyd as de facto-land, Punt, min of meer sy eie potjie krap.

Boonop is die geskiedenis ook nie heeltemal so aan die kant van Marokko nie. Sedert die onttrekking van die Romeinse besetters het die gebied wat vandag as Marokko bekend staan, selde ‘n Sultan opgelewer wat beheer oor die hele huidige Marokko kon uitoefen, laat staan nog buurgebiede. Veral van die sterker Berberstamme het ‘n regering oor die hele gebied onmoontlik gemaak, en by geleentheid het ‘n Berberstam selfs Marokko verower en die stamhoof die sultan geword.

Dit was juis ook die sultan se onvermoë om oor sy hele land gesag uit te oefen wat daartoe gelei het dat Frankryk effektief versoek is om die gebied as protektoraat aan te neem. Marokko was egter nie toe ‘n enkele staat nie, met Spanje wat die Noorde beheer het, en wat later daartoe leie het dat Tangier lank ‘n spesiale status beleef het voor dit in 1956 weer formeel deel van Marokko geword het. Vandag nog, met die steun van die plaaslike bevolking, behou Spanje soewereiniteit oor twee enklawes aan die Marokkaanse kus, Ceuta en Melilla.

Teen dié agtergrond is Marokko se aanspraak op die Wes-Sahara maar vaal. Tog is die Marokkaanse bevolking oor die algemeen so deur regeringspropaganda beïnvloed dat die meerderheid Marokkane die anneksasie steun, selfs al sou Wes-Sahara nie besonder fosfaatryk gewees het nie.

Tydens die onlangse groot omstrede internasionale jeugberaad wat in Suid-Afrika plaasgevind het, het die afgevaardigdes van Marokko en Wes-Sahara selfs handgemeen geraak.

Behalwe vir lidmaatskap van die AU, beïnvloed Marokko se voortgesette besetting van Wes-Sahara sy internasionale posisie maar min. Marokko is dikwels gasheer van vergaderings van die Arabiese Bond waarvan dit ‘n stigterslid was. Toe tou getrek is oor die gasheerskap van die 2010-Fifa-sokkertoernooi wat Suid-Afrika aangebied het, is Marokko se bod aanvanklik deur baie Afrikalande gesteun.

En natuurlik koop die internasionale mark – veral die VSA, die fosfaat wat in Wes-Sahara gemyn word.

Selsbeskikkingsreg word te ene male dikwels deur pragmatiese faktore eer as beginsels en die Internasionale Reg bepaal.

Veel te lees in onafhanklike Vlaamse buitelandse beleid?

E-pos Afdruk PDF

Vlaamse LeeuwDie Vlaamse koerant, De Standaard, maak groot gewag van die Vlaamse Minister-president (premier), Kris Peeters se besluit om regstreeks amptelik met buitelandse regeringsleiers te skakel.

Peeters maak dit duidelik dat die tyd verby is dat deelstate die posisie van tweede of selfs derde regeringsvlak inneem.

Ter  agtergrond: België het geleidelik meer en meer die karakter van ‘n federale staat aangeneem, en sedert 1993 verklaar die grondwet self België tot federale staat.

Is dit wat Peeters doen, werklik so uit pas met normale federale praktyke?

Dit hang baie af van hoe ‘n federasie tot stand gekom het, en of die deelstate oorspronklike, of gedelegeerde gesag het.

In state soos die VSA en Australië – en in ‘n mate Switserland – waar die federasie die gevolg was van eens onafhanklike state wat vir ‘n verskeidenheid redes ‘n nuwe federale staat vorm, het die deelstate gewoonlik steeds oorspronklike gesag. Hulle dra bloot sekere funksies, soos verdediging en buitelandse sake aan die nuwe federale regering op, maar behou hul soewereiniteit – oorspronklike gesag - oor ander sake soos onderwys en justisie.

Dit, in elk geval, is die teorie. ‘n Teenswoordige manifestasie is hoe die lidlande van die Europese Unie nou gesag na die Europese parlement “opwentel.”

België was egter eers ‘n veel meer unitêre staat na dit in 1830 as onafhanklike staat tot stand gekom het. Vlaandere het egter reeds lank voor federasievorming sekere buitelandse betrekkinge gehandhaaf. In die Vrystaat het die Vlaamse regering byvoorbeeld die Sentrum vir Burgerskapontwikkeling en Konflikbeslegting gevorm en gevestig, en dié befondsing is eers opgeskort toe ‘n latere Vrystaatse Premier die sentrum ontbind het en die finansiering in die Vrystaatse Ontwikkelingsplan wou laat opgaan. Dié regstreekse buitelandse skakeling het heel dikwels, maar nie altyd nie, kulturele wortels gehad.

Nou maak Peeters dit duidelik dat ‘n gemeenskaplike kultuurbelang geen oorweging is nie. Sy eerste afspraak op 4 Julie is wel met die Nederlandse Premier, Mark Rutte. Hoewel dit ontken word, kan aanvaar word dat die Nederlandse besluite – tot Vlaandere se ontsteltenis – oor die Hedwigepolder op die agenda sal wees.

Politiek eerder as kultuur, blyk egter nog duideliker uit Peeters se beplande afspraak met die Katalaanse leiers – weliswaar na hy eers met die Luxemburgse premier ‘n afspraak nagekom het.

Peeters kan kwalik ‘n duideliker boodskap rig oor die simboliek van sy voorgenome afspraak met die Katalaanse leiers – trouens, hy kon sy standpunt slegs duideliker gemaak het deur ‘n afspraak met die Baskiese leiers in die vooruitsig te stel. Katalonië, ‘n nie-Spaanse gedeelte van Spanje, het soos die Baske beperkte selfregering gekry. Vlaandere en Katalonië deel dus in ‘n mate ‘n outonomiestatus.

Peeters se reaksie op die vraag of sy, Peeters se optrede in ‘n tyd van hoogspanning (België kon ‘n jaar na die verkiesing nog geen vaste federale regering vorm nie) nie die vlakke van senuagtigheid opjaag nie is beslis beantwoord: “Ik zou niet weten waarom. Ik ga geen gesprekken organiseren over bevoegdheden die ik niet heb. Ik wil een toegevoegde waarde geven. Complementair met het federale. Het zal ook stap voor stap gebeuren. Ik ga niets overhaasten.”

Maar miskien tog ietwat haastiger as wat hy beoog. Peeters is lid van die Christen-Demokrate in Vlaandere, ‘n party wat tot onlangs nog oorheersend in die regerende koalisies van Vlaandere en België was. Op die vlak van die Belgiese federale regering funksioneer ‘n Christen-demokraat, Yves Leterme, wel as instaanpremier, maar het nou veels te min steun om sonder die Vlaamse nasionalistiese party, N-VA van Bart de Wever, ‘n nasionale regering te kan vorm. De Wever se party is sterk genoeg om te keer dat die Waalse (Franstalige) sosialisteparty die nasionale regering oorneem. Kortom, die politieke sentimente in Vlaandere waai na onafhanklikheid, en as die Christen-demokrate hul relevansie in Vlaamse politiek wil behou, sal hulle meer as net simboliese seine moet uitstuur.
Laas Opdateer op Dinsdag, 28 Junie 2011 08:01

Kommentaar op Alaska-aardbewing

E-pos Afdruk PDF

Die aardbewing van 7,2 wat eilande aan die kus van Alaska die 24ste getref het, fokus opnuut die aandag op hierdie probleem wat steeds lewens eis – hoewel daar nie noodwendig ‘n vergelyking tussen die sterkte van die aardbewing en die sterftes is nie.

Die USGS se tabel wat aardbewings van 5 of sterker aandui, is veel vollediger as die lys wat sterk aardbewings aandui, maar  die data word net vir enkele dae bygehou. Dit is dus moeiliker om tendense vas te stel sonder om ander, onvollediger, tabelle oor langer tydperke te vergelyk.

Die oë van die wêreld was miskien bietjie meer op Chili – Argentinië gevestig waar die uitbarsting van die Puyehue-vulkaan nie net dorpies onder ‘n aslaag laat nie, maar vlugte tot so ver as Suid-Afrika en Australië al ontwrig het.

Die rede hoekom die oë van die wêreld in ‘n aardbewingkonteks op dié uitbarsting gefokus is, is omdat die kwaaiste aardbewing wat nog gemeet is, die Valdividia-aardbewing van 9,5 Chili in 1960 getref het, en dit min of meer met die vorige uitbarsting van die vulkaan ooreengeval het.

Hoewel die huidige uitbarsting talle aardbewings tot gevolg het, registreer min van hulle as sterk genoeg om op tabelle opgeneem te word.

Op die USGC tabel hieronder lyk dit of die meeste aardbewings nou in ‘n strook van Noordoos- Australië na Japan voorkom.

In die tabel heel onder – ook van die USGC maar wat die beduidende aardbewings (ook wat lewensverlies betref al was hulle lig) lyk dit of die jaar 2011 besonder ruim aan aardbewings van 7 en meer weggetrek het. Hierna was dit stiller tot die Honshu-aardbewing – voor- en naskokke, ‘n paar bielies opgelewer het. Die Alaska-aardbewing was die eerste grote in ‘n geruime tyd wat nie regstreeks met die Honshu-verskuiwing in verband staan nie.

‘n Onlangse studie op die San Andreasfout, wat ook op die USGC se webblad aangebring is, toon dat veraf-aardbewings versnelde (hoewel steeds stadig) verskuiwing op ‘n aardkorsfout kan uitoefen. Vroeër vanjaar het ‘n ander studie  egter bevind dat daar nie wetenskaplike bewyse is dat groot aardbewings ander groot aardbewings ver daarvandaan beduidend meer kan “losskud” nie.

MAG

UTC DATE-TIME
y/m/d h:m:s

LAT
deg

LON
deg

DEPTH
km

Region

MAP

5.1

2011/06/25 03:18:54

20.697

146.362

37.9

MARIANA ISLANDSREGION


MAP

5.2

2011/06/24 19:28:57

-54.728

-31.233

14.5

SOUTH GEORGIA ISLANDREGION

MAP

5.6

2011/06/24 17:39:26

42.004

142.621

44.2

HOKKAIDOJAPAN REGION

MAP

5.3

2011/06/24 17:23:43

6.623

123.553

589.8

MORO GULF, MINDANAO,PHILIPPINES

MAP

5.0

2011/06/24 13:18:19

-31.721

-179.231

36.7

KERMADEC ISLANDSREGION

MAP

6.3

2011/06/24 06:33:07

-10.919

165.945

62.6

SANTA CRUZ ISLANDS

MAP

5.2

2011/06/24 05:18:49

-12.688

66.242

10.0

MID-INDIAN RIDGE

MAP

5.1

2011/06/24 05:12:10

-12.717

66.317

10.1

MID-INDIAN RIDGE

MAP

7.2

2011/06/24 03:09:40

52.008

-171.859

62.6

FOX ISLANDS, ALEUTIAN ISLANDS, ALASKA

MAP

5.0

2011/06/24 02:06:53

0.666

-25.436

13.6

CENTRAL MID-ATLANTIC RIDGE


MAP

5.2

2011/06/23 11:38:36

30.288

131.543

52.6

KYUSHUJAPAN

MAP

5.3

2011/06/23 10:35:03

38.525

141.579

53.1

NEAR THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

MAP

5.2

2011/06/23 07:34:46

38.519

39.659

10.1

EASTERN TURKEY

MAP

5.0

2011/06/23 04:33:54

-15.085

-173.430

65.8

TONGA


MAP

5.2

2011/06/22 22:16:56

-21.744

-179.068

554.3

FIJI REGION

MAP

6.7

2011/06/22 21:50:48

39.980

142.247

32.0

NEAR THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

MAP

5.1

2011/06/22 20:43:48

37.612

144.329

10.6

OFF THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

MAP

5.2

2011/06/22 14:28:59

40.040

142.769

40.9

NEAR THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

MAP

5.3

2011/06/22 13:57:31

-27.920

-66.501

163.4

CATAMARCAARGENTINA


MAP

5.0

2011/06/21 21:16:02

36.243

141.704

32.5

NEAR THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

MAP

5.0

2011/06/21 16:42:14

51.349

179.220

57.3

RAT ISLANDS, ALEUTIAN ISLANDS, ALASKA

MAP

5.1

2011/06/21 16:25:09

-1.843

100.167

41.5

SOUTHERN SUMATRA,INDONESIA

MAP

5.0

2011/06/21 14:47:41

39.220

72.505

53.9

TAJIKISTAN

MAP

5.1

2011/06/21 10:34:22

-43.596

172.607

10.3

SOUTH ISLAND OF NEW ZEALAND

MAP

5.4

2011/06/21 08:49:41

35.665

141.370

17.9

NEAR THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

MAP

6.1

2011/06/21 02:04:16

-11.510

165.548

13.5

SANTA CRUZ ISLANDS


MAP

5.5

2011/06/20 18:13:22

-13.341

167.171

210.7

VANUATU

MAP

6.5

2011/06/20 16:36:01

-21.681

-68.187

127.1

ANTOFAGASTACHILE

MAP

5.3

2011/06/20 10:16:55

25.069

98.707

35.2

MYANMAR-CHINA BORDER REGION


MAP

5.1

2011/06/19 21:26:43

-15.058

-178.029

10.0

FIJI REGION

MAP

5.0

2011/06/19 16:34:43

7.383

-82.201

19.7

SOUTH OF PANAMA

MAP

5.5

2011/06/19 08:37:46

-56.128

-27.647

129.8

SOUTH SANDWICH ISLANDSREGION

MAP

5.5

2011/06/19 04:15:58

-3.312

101.338

47.9

SOUTHERN SUMATRA,INDONESIA

MAP

5.0

2011/06/19 00:20:07

-5.976

-80.924

30.3

NEAR THE COAST OFNORTHERN PERU


MAP

5.5

2011/06/18 20:04:16

-19.324

-175.791

196.5

TONGA

MAP

5.2

2011/06/18 11:56:39

-6.319

146.556

50.6

EASTERN NEW GUINEAREG, PAPUA NEW GUINEA

MAP

5.9

2011/06/18 11:31:04

37.669

141.638

11.3

NEAR THE EAST COAST OF HONSHUJAPAN

Anderkant die longdrop – ontledings van die verkiesing

E-pos Afdruk PDF
Soos gebruiklik is daar 'n stel feite oor wat met 'n verkiesing gebeur het, en 'n klompie meer uiteenlopende vertolkings. Die vertolkings kan in politiek-korrekte en politiek-inkorrekte vertolkings verdeel word.

Die verwikkelinge en faktore oor wat kiesers tussen twee verkiesings beïnvloed, is gewoonlik die veld van die politieke sosioloog. In 'n diverse en heterogene land soos Suid-Afrika speel politieke antropologie 'n baie groot rol, en 'n party wat dit die beste verreken, en ook interkulturele kommunikasie die doeltreffendste kan inspan, gaan groot voordele trek. Weens politieke korrektheid moet die interkulturele karakter van hierdie kommunikasie egter subtiel genoeg wees dat dit nie die idioom waarbinne die groot media funksioneer aantas nie.

Kort voor, en tydens die verkiesing slaan 'n ander faktor toe – die politieke psige van die kiesers. Dit is dan wanneer die objektiewe faktore wat vir jare sedert die vorige verkiesing sake oorheers het, plek maak vir 'n skynbare emosionele instink wat min met werklikhede en beginsels te make het.

Die eenvoudige antwoord is dat omdat dit oor politiek handel, politieke korrektheid 'n groter realiteitsfaktor as andersins is. Sonder om die politiek-inkorrekte te verreken, is 'n ontleding egter onvolledig.

Omdat die publiek sedert die eerste uitslae bekend geword het, deur die politiek-korrekte redes gebombardeer is, word hier op die politiek-inkorrekte, en dus minder populêre gefokus.

Die politiek-inkorrekte faktore word grootliks gestaaf uit syfers wat Mari Harris, direkteur van Ispos-Markinor verskaf het 'n dag na die stembusse gesluit het. Die uitslag was toe reeds byna 'n voldonge feit.

Die kort antwoord is dat die DA se verkiesingsveldtog self nie 'n baie groot rol gespeel het in die groei wat dié party getoon het nie. Die uitslag is 'n kieserreaksie op die ANC se rassebenepenheid in die verkiesingsveldtog – 'n perd wat die ANC self nie behoorlike beheer oor gehad het nie. Die ANC het geen ander keuse gehad nie omdat hy immers 'n liederlike druipsyfer oor dienslewering het – dit waaroor munisipale verkiesings werklik saak maak.

Deur die kiesers rassegepolariseerd te kry, kon die ANC grootliks daarin slaag om sy steun onder swart kiesers te behou. Die effense verswakking is grootliks aan die wegblystem te wyte, terwyl Cope as nuweling in munisipale verkiesings, ook 'n ietsie daarmee te make het.

Die ANC het ook die prys betaal vir iets wat ook verswyg word vandat dit in die politiek-inkorrekte vakkie geplaas is – die Jimmy Manyi-uitsprake wat bruin meningsvormers 'n ruk lank laat moord gil het. Boonop het die ANC-geledere om Manyi gesluit. Manyi se uitsprake het ook nie in 'n lugleegte gestaan nie – daar is steeds sterk wantroue sedert die tyd onder ANC-bewind bruin mense wat lank op waglyste vir huise, verbysterd moes sien hoe nuwe inkommers uit die Transkei sommer gou-gou, en voor die bruin mense op die lyste, geholpe raak. Tog dui die ANC aan dat die party nie verstaan wat nou met die bruin kiesers aangegaan het om hulle die rug toe te keer nie.

Die DA se skerp groei dui eerder op die wegsuig van steun by ander, veral kleiner partye, in so 'n mate dat Suid-Afrika nou naby aan 'n de facto tweeparty-outokrasie beweeg. Volgens Harris (die presiese syfers word nie verskaf nie omdat dit nie behoorlik empiries gemeet is nie), was meer as die helfte van die DA se kiesers Engelssprekend. Sowat 'n kwart was Afrikaanssprekend, en sowat 20 persent praat 'n swart Afrikataal as huistaal.

Die DA se tipiese profiel het dus min verander.

Die feit is dat Cope, ten spyte van sy ernstige probleme in die aanloop tot die verkiesing, en die feit dat dit deur die media afgeskryf is, nog betreklik beduidend uit die stryd kon tree waar ander kleiner partye met veel minder teenspoed, sleg gevaar het. Die afleiding wat hieruit gemaak kan word is dat Cope 'n veel natuurliker afsetpunt vir ontevrede swart kiesers is as die DA.

Die DA het alles in die stryd gewerp om swart steun te werf. Dit het onder meer openlik verklaar dat dit die Vryheidsmanifes onderskryf, wel wetende dat die bepalings oor grondgryp en die nasionalisering van banke en myne nie oral ewe goed ontvang gaan word nie. Die DA het homself as die ware erfgenaam van Nelson Mandela voorgehou, terwyl Mandela onder meer met die aanstelling en volharding met ministers soos dr. Bengu by onderwys, en Nokosasana Zuma by gesondheid ernstige skade aan die land berokken het. Partyleier Helen Zille se omstrede dansery het nie oral ewe goed afgegaan nie, en is soms baie goed deur die ANC uitgebuit. Harris se syfers toon dat dit nie die omvang steunsuiging gehad het wat die DA gehoop het nie. Die DA het, anders as kleiner partye met minder hulpbronne sy mediaverklarings uitsluitlik in Engels uitgereik. Op nasionale vlak het dit oor die plaasaanvalle wat voorgekom het geswyg, terwyl wel 'n verklaring oor kommer oor die uitbreek van bek-en-klouseer uitgereik is.

Die ironie is dat die ANC nou 'n soortgelyke impak gehad het as Zille se Zuma-tirades tydens die vorige verkiesing. Toe het dié volgehoue teerkwas-inspannery swart kiesers later sodanig aanstoot gegee dat die destydse wegbreekstroom uit die ANC nie net omgekeer is nie, maar selfs Cope seergekry het oor die terugtog ANC toe.

Nou het die ANC se raspolariserende uitsprake en optredes, soos om as party tot die Malema-haatspraakverhoor toe te tree, nie-swart kiesers instinktief laat laer trek. Politiek-sosiologies neig so 'n laertrekkery nie in 'n ideologiese tuiste nie, maar in as dit wat as die sterkste vesting beskou word. En die DA het die voordeel hiervan getrek.

Die ironie is dat die DA nou met selfs meer konserwatiewe mense vreemd aan sy eie ideologie in sy geledere sit. Sowat 18 maande gelede het liberale kommentators juis na hierdie aspek verwys, en 'n kommentator soos Jan-Jan Joubert het dit selfs as 'n probleem uitgewys wat vir die DA soos 'n blok aan die been is.

Die gevolg is dat waarskynlik 'n rapsie minder as die helfte van die ongeveer helfte stemgeregtigde kiesers wat die moeite gedoen het om te stem, vir 'n party gestem het – ANC en DA – met wie hulle ideologies saamstem.

Om dit kort en kragtig te demonstreer: Waar peilings daarop dui dat 'n verre minderheid aborsies op aanvraag steun, maak dit nie sin dat mense wat daarteen gekant is, vir die twee grootste partye gaan stem nie.

Dit is wel so dat munisipale verkiesings veel meer oor dienslewering as oor ideologiese kwessie behoort te behandel – of soos dit nou was, slaggat- en longdrop-kwessies. Dat net enkele van die land se rioolwerke aan die vereiste standaarde voldoen, is 'n terloopse element hiervan.

Tog lyk dit of partye wat ideologies meer ooreenstem met die algemene gevoel van die publiek, soos onder meer weerspieël word in die manifestasie van die ongelukkige kerkpolitiek in verskeie kerke, hard en innoverend sal moet werk om op die provinsiale en nasionale politieke vlak verlore grond te win – daar waar ideologie werklik saak maak.

'n De facto-tweepartystelsel in 'n land waar partyverteenwoordigers deur koukusbesluite gebind is, en waar minder as die helfte van die kiesers wat hulle ingestem het ideologies van hulle verwyderd staan, verskil in beginsel bitter min van 'n eenparty-outokrasie. Die omvang van korrupsie in SA verdiep die probleem.

Niemand is ook so doof soos hulle wat nie wil hoor nie. Dit is dus uiters onwaarskynlik dat diktatoriale party-leiers soos Buthelezi en Meshoe die boodskap gaan kry dat hul politieke rakleeftyd lankal by die verstrykdatum verby is. Dit gaan hul partye se oorlewingstryd in 'n omgewing waar die gety teen klein partye gedraai het net verder bemoeilik. Meshoe se verduideliking dat sy party se teenspoed aan 'n nuwe strategie te wyte is, is 'n duidelike teken dat dié man wat al jare gelede teenoor die media onderneem het om homself nie weer as partyleier verkiesbaar te stel nie, nie van plan is om die regte ding te doen nie.

Skotse onhafhanklikheid?

E-pos Afdruk PDF
Onlangs was die Belge presies 'n jaar sonder regering, nadat die laaste verkiesingsuitslae dit 'n haas onbegonne taak gemaak het vir die Vlaminge en die Franssprekende Wale om 'n nasionale regering te vorm. Daar word druk bespiegel dat België as staat kan verdwyn, en in 'n onafhanklike Vlaandere en 'n onafhanklike Wallonië sal uitkristalliseer.

Nou lyk dit of die Skotte hulle dalk kan voorspring.

Na die onlangse oorweldigende oorwinning van die Skotse Nasionale Party in die Skotse parlement, het die Britse regering toestemming vir 'n referendum oor Skotse onafhanklikheid gegee. Dié referendum sal waarskynlik binne vyf jaar gehou word.

Dit is egter nie net die Skotse Nasionale Party wat veld gewen het nie. Ook die Skotse Groenes wat ook Skotse separatisme voorstaan, het goed veld gewen.

Hierdie middelpuntvliedende kragte kom te midde van 'n middelpuntsoekende krag in die teenoorgestelde rigting – die nouer staatkundige verweefdheid van die Europese Unie wat al onder meer 'n Europese Parlement en die Europese Kommissie (regering) opgelewer het. Dié staatsvorming het waarskynlik reeds die definisie van 'n konfederasie agtergelaat.

Een van die bepalings van lidmaatskap tot die Europese Unie is die selfbeskikkingsreg van minderhede. Spanje, om lid te kon word, moes groter outonomie aan sy Baskiese en Kataloniese gebiede verskaf. Die Skotte en Walliesers het sonder dat daar baie opsigtelike druk daarvoor was, eie parlemente gekry – hoewel die Skotse Nasionale Party al in die 70ger-jare begin steun kry het vir uiteindelike onafhanklikheid. Die Walliese Nasionale Vergadering het in 1998 tot stand gekom, en het sestig lede. Dit het geleidelik meer wetgewende magte verkry, en kan eers van Maart vanjaar af wetgewing onafhanklik van die Britse parlement deurvoer.

Die oorspronklike Skotse parlement het van die 13de eeu af bestaan tot dit in 1707 met die Britse saamgesmelt het. Die eerste sitting van die nuwe Skotse parlement het in 1999 plaasgevind. Hoewel daar min in Suid-Afrika daarvan gehoor is, het dit werk van 'n verbluffende gehalte begin lewer, en in die Europese konteks dikwels die toon aangegee soos leidinggewende wetgewing om die skerp groeiende voorkoms van outisme die hoof te bied. Trouens, alles, van die parlementêre webwerwe tot die moderne parlementsgebou spreek van gehalte.

Turkye, wat graag lid van die Europese Unie wil word, moet eers behoorlike selfbeskikkingsregte aan sy minderheidsgroepe, soos die Koerde, verskaf.

Die opkoms van minderhede se selfbeskikkingsaandrag, of selfs 'n drang vir volle onafhanklikheid te midde van 'n groter oorhoofse sentralisering, het so duidelik uitgekristalliseer dat dit 'n universeel erkende politiek-wetenskaplike waarheid is. Die Friese, wie se spreektaal bykans nie meer van Nederlands te onderskei was nie, het skielik weer aktief Friesies begin praat en skryf. Friesies het onlangs 'n amptelike taal in Nederland geword. Brabants het 'n eie Bybelvertaling gekry. Die Egte Finne het in die onlangse algemene verkiesing 'n sterk lopie gehad, en die Sweedse minderheid verontrus.

Die Belgiese fenomeen – en in 'n mindere mate die Baskiese - het egter so die toneel oorheers dat die oë nie op Skotland gehou is nie.

Hierdie opkomende nasionalisme kan breedweg vertolk word as dat terwyl daar in elk geval 'n soort sambreelregering – in hierdie geval die Europese Unie is – waarom kan ons dan nie regstreeks daar inskakel nie? Hoekom moet dit nog via 'n vreemde tussengganger wees? Die Egte Finne is egter 'n uitsondering – hulle wil op die oog af losser van die EU kom – minstens vir soverre hul hardverdiende geldjies buiteverhouding gebruik word om ander lidlande soos Griekeland en Portugal uit die finansiële doofpot te hou.

Ten laaste is daar die verskynsel dat konserwatiewer politiek oor 'n breë front besig is om liberalisme terug te dwing, ook buite Europa. Die wêreld het byvoorbeeld reeds kennis geneem wat die konserwatiewe Tea Party kan doen om nuwe lewe in die Amerikaanse Republikeinse Party te blaas. Pas het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers 'n besluit met 'n groot meerderheid geneem wat permanent sal verhinder dat die pro-aborsiegroepe weer hul jaarlikse poging sal kan aanwend om staatsbefondsing vir aborsies te verkry. 'n Die pas-afgehandelde Kanadese verkiesing word as verdere slegte nuus vir pres. Barack Obama se kanse beskryf om nog 'n termyn die pyp te rook. Die Kanadese Konserwatiewe Party het sy aantal setels van 143 tot 167 opgeskuif, en het nou 'n gemaklike meerderheid in die parlement. Die Liberale Party, wat eens so die toneel oorheers het, het na die verkiesing net 34 setels.

Soos dikwels is daar ook hier 'n uitsondering op die reël: Die radikale Bloc Quebecois het van 43 setels na net 4 teruggesak.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL