Dis egter duidelik dat die konvooi meer met Turkye te doen het as wat dit met hulpverlening aan die Palistyne te doen het. Israel was wel bereid om die voorraad deur hulle eie hawens te aanvaar, te ondersoek en dan deur hulle grense na Gaza te vervoer vir die Palistyne. Hiermee kan nie fout gevind word nie want die Moslemse Hamas terroristebeweging hou 'n daadwerklike gevaar vir Israel en sy bevolking in. dit is bekend dat Hamas wapens van "onskuldige" kommoditeite soos seeppoeier gebruik om plofstof te gebruik. Die beleg waarteen die wêreld so 'n ophef maak is reeds ingestel omdat die Moslems nie vertrou kan word nie.
Dit is vir Turkye baie belangrik om homself te vestig as 'n mag in die Moslemwêreld aangesien hulle al 'n geruime tyd beskuldig word dat hulle "sagkens" met Israel omgaan. Turkye is inderdaad een van die min Moslem lande waar Israelis welkom is om sake te doen en vakansie hou. Turkye wou dus vir die geharde Moslemlande wys dat hy deel van die "senior klub" is.
Hierdie ekspedisie is geborg en gereël deur Turkye met die uitsluitlike doel om Israel te tart en uit te lok om op te tree en dan sodoende te verseker dat Israel deur die hele wêreld te veroordeel kan word. Die organiseerders het vooraf geweet hoe Israel sou reageer en daarom is hierdie bose plan gesmee en uitgevoer. Hulle het duidelik daarop gewag en was ook daarop voorberei. Daarom was daar ook 'n kameraspan en verslaggewers van Aljazeera op die grootste skip wat ook die konvooi gelei het om oor die gebeurliklikhede te berig. Aljazeera is 'n Moslem Arabiese televisie kanaal wat geen ooghare vir Israel het nie.
Dit is so dat daar wel gematigdes van oral aan boord van die skepe met die Turkse vlae was. Maar, daar was ook geharde Islamitiese ekstremiste aan boord gewees. Dit is 'n kenmerk van die Moslem "dapper vegters". Hulle doen gereeld hulle aanvalle op Israel terwyl hulle omring word deur vroue en kinders en in sommige gevalle, ook moskees. Hierdie wat ook geen uitsondering nie.
'n Paar interessante dinge het gebeur tydens die besetting van die skepe wat die feit bevestig dat hulle voorbereid was op die soldate van die Israelse weermag.
Lesers moet onthou dat soldate wat met toue vanuit helikopters op 'n boot gelaat word baie kwesbaar is. Terwyl die Israelse soldate afsak na die skepe vanuit helikopters ("absailing") hou hulle nie werklik 'n bedreiging in nie. Hulle was in elk geval slegs met verfbal gewere en pistole gewapen. Hulle doel was slegs om beheer oor die skepe uitoefen en om te keer dat hulle na Gaza vaar.
Die sogenaamde "vredesaktiviste" was duidelik nie baie vreedsaam nie! Hulle het die soldate ingewag en aangeval voordat hulle op die skeepsdek geland het. Die Israeli's is met ysterstawe, knuppels en kettings aangeval. Op 'n CNN videogreep kan duidelik gesien word dat daar ook skokgranate na een van die aanvalsbote van die Israeli's gevuur is. Die groep aan boord van die Turkse boot was daarop uit om hulle te verset. Van die Israel's is ook met hulle eie wapens geskiet, maar gelukkig is nie een dood nie.
Indien dit die beplanners in Ankara se doelwit was om slegs humanitêre hulp aan die Palistyne te verleen, sou hierdie ongelukkige voorval nie gebeur het nie. Maar dit was 'n goed beplande publisiteitsfoefie met die doel om Turkye se posisie te versterk in die Moslemwêreld en terselfdertyd om Israel te diskrediteer. Die hulpverlening aan die Palistyne was bloot toevallig. Die Moslems gee nie regtig om om menselewens te offer nie solank as wat hulle hul doel kan bereik. Dit is die uitwissing van die land Israel.
.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





