praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Feuilleton Opstelle Apartheid het sin gemaak

Apartheid het sin gemaak

E-pos Afdruk PDF
Artikel Indeks
Apartheid het sin gemaak
'Reg' en 'verkeerd' is 'n relatiewe begrip
Apartheid is universeel
Apartheid volg op waarde- en ontwikkelingsverskille
'Belaglike' vrese uit die apartheidtyd
Alle bladsye

Ludolf du Toit
Ek wil ‘n aanhaling gee wat deur niemand anders nie as dr. Anton Rupert gemaak is as spreker op ‘n vergadering van die “The African Affairs Society of America” in New York, in 1962. ( Verwys: I plead for my country and all its peoples.)

“What then has enabled South Africa to outstrip its African brother states in performance?

Firstly: The fact that South Africa has more educated citizens than any of the other states…

Secondly: We have not given one man one vote.

Lord Hailey, one of the greatest living authorities on Africa, said: 'May it never be said that the African had asked bread and was given the vote …'

May it never be said of us that when the peoples of the world sought 'freedom from want' we gave them the 'bondage of the vote …'

Thirdly: The white South African has a philosophy of economic activity…

Fourthly: The fact that the Whites have kept themselves separate and maintained a certain standard of living has caused them to set a standard to which the non-whites aspire. In the process the latter are being helped up, whereas the whites are not being pulled down.”

Baie interessant. Toets sy woorde en insig en meet dit aan die status quo tans in Suid-Afrika. Waar staan die Afrikaner ná segregrasie afgeskaf is?

Ek merk reeds die afgelope 15 jaar op hoedat baie mense - en dan verwys ek spesifiek na die Afrikaners en/of blankes van hierdie land - met ‘n selfvernietigende skuldgevoel sit oor die sogenaamde “verlede”. Soveel mense wat hulleself belas met ‘n nimmereindigende gevoel van skaamte en minderwaardigheid oor die vorige bedeling se toepassing van ‘n politieke beleid wat na bewering gemeenskappe blatant verontreg het.

Daar word tot satwordens toe gepleit, gesmeek, gebieg, knieë toe gegaan, voete gewas, aanhoudend om verskoning gevra oor die sogenaamde “verlede”. Beskuldigings in die pers word heen en weer geslinger en vingers word gewys na enige-iemand wat behoudend is in sy politieke sienswyse en lewensbeskouing.

Diegene wat ‘n voorkeur toon vir sy eie kultuur, en trots verwys na pres-tasies in die verlede deur mense van sy eie kultuurgroep (meer spesifiek die Afrikaner) word voortdurend uit verskeie oorde gekritiseer en gebombardeer met verwysings na die sogenaamde mislukkings van die verlede en byna gekruisig oor die “onmenslikheid” van die beleid van “apartheid”.

Hierdie gefabriseerde gewetenspropaganda word gekenmerk deur subtiele beïnvloeding en indoktrinasie deur ‘n verskeidenheid van drukgroepe wat die media as voertuig uiters effektief aanwend.

Bygesê, onkunde en ‘n gebrek aan insig onder die oningeligtes tussen ons gee waarskynlik ook aanleiding tot hierdie skuldgevoelens.

Dis egter verstommend hoe beïnvloedbaar die mens is en hoe maklik jy mense kan manipuleer. (Ou nuus − “Battle of the mind”)






Verwante artikels: