| Artikel Indeks |
|---|
| Bestaan middele om die Afrikaanse taal en kultuur te red? |
| Page 2 |
| Alle bladsye |
Dit is opmerklik dat die debat rondom die posisie van die Afrikaner, sy taal en ander grondwetlike regte al meer aandag geniet. So begin die afgelope jare se debat oor die behoud van Afrikaans op alle vlakke polariseer rondom twee standpunte naamlik: deel sonder weerstand of handhawing deur minderheidsregte.
Die meer populistiese benadering hou die proses van onderhandel, deel en saamleef as ideaal voor. Dit het al die elemente vir mededeelsaamheid en vreedsame naasbestaan terwyl jy jou eie behou. Dit maak voorsiening vir 'n breë algemene stelsel. Dit is ook 'n argument wat maklik verdedigbaar en sonder potensiële konflik is. Hierdie siening lê klem op die argument dat Afrikaans lewendig is en van krag tot krag gaan. As voorbeeld word die geweldige gewildheid van nuwe Afrikaanse sangnommers, -konserte en -gedigte en literêre werke vooropgestel. Hierdie siening is gemaklik met die deel van alle opvoedkundige instellings met 'n tweede taal binne parallel- dubbelmediuminstellings.
Die tweede siening is die moeiliker een om te verdedig. Dit het dieselfde potensiaal vir vreedsame naasbestaan met veel wyer beskerming. Dit moet egter bereik word deur wedersydse respek vir die taal, kultuur en godsdienstige verskille tussen etniese, taal-, kulturele en godsdienstige minderhede. Minderhede is die werklike realiteit binne die RSA en dit stel minderheidsregte aan die orde. Alhoewel dit nie in omvang binne die RSA-rondwet beskrywe word nie, is daar genoegsame artikels wat juis hierdie uitgangspunt ondersteun. Hierdie omskrywings dui op die begrip minderheidsregte en kan daar gerus na artikels 6, 9(3), 18, 29(2) (3) en (4), 31(1), 235 en enkele ander binne die RSA-grondwet gekyk word.
Artikel 39(1)b van die RSA-grondwet maak voorsiening daarvoor dat die volkereg in ag geneem moet word by die vertolking van die hierdie grondwet. Hierdie bepaling maak die internasionale reg en internasionale resolusies soos "Declaration on the Rights of Persons belonging to National or Ethnic Religious and Linguistic minorities adopted by the General assembly Resolution 47/135 of 18 December 1992" asook die bepalings van konvensies soos "The Provision of Article 27 of the International Convenant on Civil and Political Rights concerning the rights of persons belonging to ethnic, religious and linguistic minorities", van toepassing. Nie resolusies nie, maar konvensionele bepalings kan wel internasionaal afgedwing word binne die internasionale regstelsel. Sowel die vorige NP-regering as die huidige ANC-regering het hierdie bepalings onderteken.
Hierdie regte is reeds verskeie kere in die Internasionale howe in Geneve getoets en is daar reeds 'n verskeidenheid uitsprake hieroor. So het die Rehoboth-Bastergemeenskap hulle onlangs op hierdie bepalings, ter beskerming van hulle kulturele regte en skole, teen die Namibiese regering in die internasionale howe beroep.
So lê die populistiese benadering groot klem op die deel van onderwysgeriewe wat dan ook in sy volle omvang deur die onderwysdepartement net op Afrikaanse skole afgedwing word. Dit word Amalgamering of Transformasie genoem. Hierdie transformasieproses op Afrikaanse skole het die Afrikaanse enkelmediumskole van meer as ±1 600 in 1993 na net sowat 640 in 2009 verminder, waarvan daar waarskynlik minder as 300 vir Afrikanerstudente oor is. Met die huidige amalgameringsprosesse in Limpopo en die Noordwesprovinsies in volle swang, sal die Afrikaanse skole binne die volgende jaar heelwat verminder en behoort 2015 die doodsklokke vir die laaste van die Afrikaanse enkelmediumskole vir Afrikaners te lui.
Dit het dalk belangrik geword om te kyk waarna ons verwys wanneer ons oor die behoud van ons taal praat.
Afrikaans kan as bloot 'n kommunikasiemiddel gebruik word en dan is die populistiese benadering reg en aanvaarbaar want Afrikaans sal waarskynlik met spesiale maatreëls binne die parallel- en dubbelmediumstelsel in 'n mate behoue kan bly.
Naas kommunikasiemiddel is daar egter 'n tweede vlak: Afrikaans as taal dien as die goue draad binne 'n bepaalde etos wat uit taal, kultuur en godsdienstige waardes bestaan. Dit gaan dus oor baie meer as net die behoud van ons pragtige taal as kommunikasiemiddel en op hierdie tweede vlak word die digkuns, sang en literêre werke, kortom, die skatkis van die totale Afrikaanse kultuur geskep en bedryf. Dit gee aanleiding tot 'n bepaalde woordeskat en taalgebruik wat Afrikaans meer as net 'n kommunikasiemiddel maak. Beide die Afrikaner en die kleurlinge beskik elk oor 'n besondere etos wat deur Afrikaans as taal gedra word. Binne skole en tersiêre instellings gaan dit juis oor die volhoubare oordra van hierdie totale etos aan die nageslagte vir beide groepe.
Derdens het Afrikaans die hoogste vlak van ontwikkeling bereik toe dit uitgebou is tot 'n wetenskaps-/akademiese taal. Die eerste hart is spreekwoordelik in Afrikaans oorgeplant. Ses atoombomme is in Afrikaans gemaak. Sasols is in Afrikaans gebou. Wêrelderkende ontwikkelings van allerlei soorte is in Afrikaans geskep. Afrikaans is uitgebou tot 'n wetenskapstaal met 'n eie omvangryke woordeskat wat in doktorsgrade, professerate en navorsing gebruik is Voorgeskrewe literatuur en eksamens is op skole en universiteite in Afrikaans geproduseer en die taal is op die hoogste vlak gebesig.
Die populistiese benadering van mededeelsaamheid veroorsaak juis dat die wetenskaptaalsaspek van Afrikaans wesentlik bedreig word. In die howe word Afrikaans as spreektaal en vir verslaggewing deur Engels vervang. Februarie se register vir hofverwysings het slegs een aangetekende uitspraak in Afrikaans bevat wat in die hoërhof van appél gelewer is. Dertien jaar terug was dit meer as 75%. Dieselfde gebeure herhaal hom op al meer terreine en veral in skole en spesifiek binne universiteite waar Engels as wetenskapstaal besig is om Afrikaans te vervang of reeds vervang het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|
| Verwante artikels: |
|---|
|





