praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Feuilleton Opstelle Swart rassebewussyn, deel 2

Swart rassebewussyn, deel 2

E-pos Afdruk PDF
Artikel Indeks
Swart rassebewussyn, deel 2
Page 2
Page 3
Page 4
Page 5
Page 6
Alle bladsye
Image

Een van die allesbepalende reëls van blanke rasse-etiket is om aan te neem dat kultuur onafhanklik staan van ras, dat enige iemand van enige kleur enige plek in die wêreld 'n volwaardige deelnemer aan enige beskawing kan wees. Baie Swartes sal

hiermee stry; hulle blyk te glo dat kultuur onafskeibaar is van biologie. Camille Hernandez-Ramdawar se ma is wit en haar pa was 'n swarte van Trinidad. Haar ouers is geskei en haar blanke ma het haar grootgemaak. Sy erken dat haar ma lief was vir haar, maar toe sy volwasse geword het, het sy gevind daar was iets wat haar ma haar nie kon gee nie: “'n Kultuur wat by haar velkleur gepas het.”

Jared Taylor

Heather Green, 'n Kanadees uit 'n swart-wit ouerpaar, verduidelik haar eie omhelsing van swartheid:

“As ek enige iets minder doen as om my Afrika-identiteit – bewustelik, heelhartiglik en sonder illusies oor Afrika-realiteite – met alle waaksaamheid aan te gryp, kan ek weggesleep word, gekoöpteer, verteer en ingesuig in die Europese magstryd in... Met my identifisering as Afrika-vrou, 'n dogter van Afrika-mense en Afrika-voorouers, sweer ek dat ek nie enige deel is of ooit sal word van 'n waardesisteem wat daarna streef om ander rasse deur hulle lewenswyse te verpletter nie.”

Hierdie is 'n besondere ongenaakbare uitkyk op die “Europese” gemeenskap en is 'n algehele verwerping van helfte van haar ouerskap. Nietemin lê die aanvaarding dat kultuur in die spore van biologie volg, aan die wortels van die amptelike swart beskouing van aannemings oor rassegrense heen. In 1972 het die Nasionale Vereniging van Swart Maatskaplike Werkers (die een wat Swartes-alleenlik konferensies hou) amptelik die posisie ingeneem dat die aanneming van swart kinders deur Blankes “volksmoord” was. Die vereniging het aangevoer dat “swart kinders in blanke huise afgesny is van die gesonde ontwikkeling van hulleself as swart mense.”






Verwante artikels: