praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Feuilleton Kortverhale Die Bul en die BMW

Die Bul en die BMW

E-pos Afdruk PDF

"Dit moet seer sekerlik moeilik wees om te leef met jou een voet in die moderne wereld en jou ander in die Middeleeue."

Dink vir een oomblik watter sielewroeging jy moet deurgaan, Gucci pak aan die lyf, nuutste selfoon in die hand, BMW sleutels wat bult in jou sak, wanneer jy die oproep tot aksie kry: 'n Bul moet sterf. Jy moet hom kom help doodmaak met jou kaalhande. As jy dit nie doen nie, gaan die voorvaders die oes verwoes.

Dink net - jy stap deur Sandton se winkels met jou duur Europese voorkoms, werk in elke winkel met elke assistent hard aan jou regte Engelse aksent. En jy kry die oproep om Afrikaan te kom wees by die huis die naweek, doer in die voetheuwels van Tjaka se ryk. Kom verspil bloed met jou kaal hande, of die oes misluk.

Jy wil-wil vir jouself begin vra: "Watter oes? Wat wie geplant het?" Jy dink-dink aan jou kollegas by 'n groot batebestuurder, en wonder wat hulle sal sê as hulle jou moet sien in jou stertvelletjies, al dansende tussen die vet hoofmanne en kaal maagde.

Jou gemoed stoei met jou wanneer jy jou swart Nazisedan se neus by die winkelsentrum se uitgang uitstuur. Links of Regs? Links is huis - oftewel jou meenthuis in 'n sekuriteitskompleks. Regs is ook huis - die voetheuwels van Kwa - Zulu.

Jy draai regs. Huis toe. Afrika toe. Soos wat die paar honderd kilometer onder jou wiele verbyrol voel jy al hoe meer bevry van jou eurosentriese gedagtes. Die gedagte aan die bul wat brul, die bloed wat spuit, die maagde wie se borste wip en wieg terwyl hulle jil van bloedlus laat 'n warm gevoel in jou opstoot - 'n primitiewe afwagting neem in jou oor en in jou lendene roer dit.

Jy arriveer by jou kraal, net so voor drie in die oggend. Jy weet jy is tuis, fisies en psigies.

Saterdag breek aan. Jy verlaat jou hut, trots geklee in jou diervel deurtrekkertjie, en blink van die Vaseline gesmeer. Die Gucci-klere is in 'n tas in die BMW se kattebak, geparkeer tussen jou hut en die bokke se kraal.

Die seremonie begin drie ure laat, maar die wag was vir jou die moeite werd. Die hoofmanne praat vir 'n uur of twee oor die politiek, die halfnaakte maagde dans 'n vrugbaarheidsdans - en dan, skielik - gaan 'n gejil op.

Die bul is hier. 'n Horde oemfaans jaag hom in die kraal in. Die gejil word al skriller, en so ook jou manlikheid. Jy wil bars van opwinding en afwagting.

Dan begin dit. Die bloedlustigheid, die wreedheid, die gejil, alles, alles meng vir jou saam in 'n opwinding wat jy nie later kan onthou nie. Die jong impi's slag die iul. Hulle steek hom, terg hom, lag vir hom, dans om hom. Die wit glimlagte skitter soos hulle spring van opgewondenheid, en elkeen probeer meer pyn aanrig as die vorige. Toe die bul lê, spring hulle op sy testikels tot dit bars, en skaterlag vir die pynlke gebulk. Die maagde spring en bons en jil. Jou siel neem oor en jy spring vorentoe, jy dans in die bloed, jy skop en steek en lag en smeer jouself met die warm lewensbloed. Jy is tuis.

Jy kan nie veel onthou van Saterdagaand nie. Dis laat Sondagoggend en jy is oppad terug Gauteng toe. Jou kop is te seer om op iets anders as die pad te probeer konsentreer. Rondom sewe - uur die aand kom jy moeg aan by jou meenthuis, val in jou Europese bed, stel jou wekker en slaap.

Maandagoggend breek aan. Jy besef die naweek is verby toe jy jou duur Europese pak en skoene aantrek. Die gedagtes oor die 14-jarige meisie in jou hut vervaag terwyl jy die snelweg aanvat in jou swart Duitse voertuig. Jy groet 'n uur later die wit ontvangsdame by die batebestuurder waar jy werk met 'n perfekte glimlag in perfekte Engels.

'n Halfuur later sit jy in die raadsaal, en luister verveeld na die wit uitvoerende hoof se relaas. Terwyl jou ooglede begin swaar word, dink jy terug aan die naweek in die voetheuwels van Kwa -Zulu en 'n lui glimlag speel om jou mondhoeke.

Toe die uitvoerende hoof jou skielik vra vir jou weeklikse verslag - wat jy nie opgestel het nie - verskreef jou oë, jy kyk hom aan met haat, en hy verander in jou geestesoog in 'n bul. 'n Wit bul wat geslag moet word. Jy voel skielik baie tuis.

 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: