Stede is plekke van rewolusie, want 'n stedelike omgewing verbind organiseerders van die opposisie en sulke noue samewerking kan plaaslike wetstoepassers oorweldig.
Groot stedelike bevolkings skep die skaal wat nodig is daarvoor. Die fisiese hindernisse wat in stede voorkom maak dit boonop moeilik vir militêre troepe om maklik te beweeg. Die megapolis Kaïro is maar die jongste voorbeeld.
Die Nederlandse opstand wat gelei het tot Europa se eerste moderne republiek het in stedelike-Vlaandere in 1566 begin. Die Amerikaanse Rewolusie het sy wortels in die rumoerige skare van Boston gehad, met sy teeparty en sy "Boston bloedbad," 'n straatopstand waarin vyf koloniste dood is.
Stedelike opstokers het regimes in Parys in 1789 (en 1830 en 1848), Wuchang in 1911, St Petersburg in 1917, Leipzig in 1989 en nou Tunis in 2011, laat kantel.
Hierdie opstande is nie net per ongeluk stedelik nie; hulle sou teen lae digthede ondenkbaar gewees het. Stede maak opstokers, soos Sam Adams en John Hancock. Onluste vereis 'n sekere soort stedelike opeenhoping; polisiegeweld moet oorweldig word deur 'n see van mense.
'n Betoger wat betrokke is by onregmatighede op sy eie, staan 'n goeie kans om in hegtenis geneem te word. Met dieselfde aksie staan duisende egter amper geen kans om opgesluit te word nie.
Omdat die koste van oproer (die waarskynlikheid van arrestasie) val met die aantal oproeriges, is onluste 'n klassieke kantelpuntverskynsel wat hulself alleen kan volhou as hulle 'n sekere skaal bereik. Kennelik het die oproeriges in Egipte dit goed begryp.
Onluste kan hierdie skaal bereik deur middel van 'n voorafbestaande skare, soos die honderde wat versamel is om te kyk hoe 'n wit polisiebeampte die motor van 'n Afro-Amerikaner aftrek, skut en die bestuurder in hegtenis neem vir dronkbestuur in die Watts gedeelte van Los Angeles in 1965.
Met die krag van getalle, "het die skare motors gestenig, wit motoriste uit hul motors gesleep en en geslaan, en 'n polisie-eenheid wat was in die gebied was, bedreig," volgens die amptelike verslag van 'n staatskommissie.
Organiseerders kan ook die skaal skep wat nodig is vir 'n suksesvolle oproer. Die dodelikste oproer in die Amerikaanse geskiedenis was tydens die naweek voor Maandag 14 Julie 1863, toe die georganiseerde skares opgeruk na New York om te protesteer teen verpligte weermagdiens.
In die opstand van Berlyn 1919, het 'n aanvanklike klein fracas dramaties uitgebrei toe politieke leiers, insluitend Karl Liebknecht en Rosa Luxemburg, hul bondgenote opgesweep het om op te tree om politieke munt daaruit te slaan.
Die mees verwarrend onluste is dié wat 'n geheimsinnige sein uitstuur wat mense interpreteer as teken dat hulle stad sal opstaan. Só 'n sein verander dan in 'n selfvervullende daad. Die vier polisiemanne wat aangekla was in die Rodney King-saak en daarna vrygespreek is, het in 1992 in Los Angeles oproer ontketen. 'n Soortgelyke uitspraak het die 1980 Miami-oproer tot gevolg gehad.
In Tunisië, was die brandpunt letterlik die self-opoffering van Mohamed Bouazizi in Sidi Bouzid wat himself aan die brand gesteek het. Die opstand was onbepland: mense in die strate het nie geweet dat ander mense daar sou wees nie. Soos die nuus van die opstand versprei, het meer en meer mense die strate ingevaar.
En die ekonomiese belangrikheid van stede beteken dat demonstrasies die ekonomiese hart van 'n land kan ontwrig. Stede kan noodlottig wees vir militêre dissipline vanweë die sosiale wisselwerking tussen soldate en burgers, soos die voedsel-deel tussen betogers en troepe.
Geïsoleerde plase is stabiel, stede nie. Die konstante interaksie van menslike energie in digte trosse skep innovasies op elke gebied van die lewe, insluitend die politiek. Onstabiliteit is nie lekker nie, veral vir mense wat reeds vryheid, vrede en voorspoed geniet en dus baie het om te verloor.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





