praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Feuilleton Geskiedenis Churchill se ma het 200 minnaars gehad

Churchill se ma het 200 minnaars gehad

E-pos Afdruk PDF
Image

18:02:27 'n Vorige eerste minister van Brittanje, Winston Churchill, se ma het na bewering 200 minnaars gehad, waarvan sommige jonger as haar seun was. Jennie Jerome was opvallend beeldskoon en met ambergrys oë, donkerbruin hare en 'n onkeerbare lewenslus was sy vir mans onweerstaanbaar.

Earls, lords en counts, selfs die wulpse ou Prins van Wallis, die toekomstige Edward VII het haar begeer en sy was gewillig en toegewend. Toe Edward in 1902 gekroon is, het sy in 'n spesiale bank in Westminister Abdy gesit, wat as die 'los boks' bekend gestaan het weens sy promiskue bewoners.

Jennie, Winston Churchill se Amerikaanse ma, het baie verskil van haar seun wat volkome toegewyd was aan een vrou : sy liefling Clementine. En dit is hierdie kontras wat hulle verhouding so fassinerend maak in 'Lady Randy', 'n nuwe Britse dokumentere televisieprogram op Kanaal 4.

Jennie Jerome is in 1854 gebore en vernoem na die operaster, Jenny Lind. Sy kom uit 'n berugte, wellustige familie en is vernoem na 'n populere sangeres wat waarskynlik een van haar pa se minnaresse was. Sy was waarskynlik verwagtend met Winston toe sy met sy pa, Lord Randolph Henry Spencer Churchill getroud is.

Na Lord Randolph se dood, vermoedelik aan sifilis, was haar volgende twee huwelike met mans wat meer as 20 jaar haar juniors was. Dit het haar 'n reputasie van ydelheid en ligsinnigheid besorg. Sy het ook skaamteloos geld verkwis en het in Londen se strate rondgesweef in duur tabberds uit Parys. Waar sy haar ookal bevind het, was sy  ' the talk of the town'.

Van die begin af was die tonge los oor haar verhoudings met mans. Jennie het die pret van haar hofmakery gemis en baie min belang gestel in haar seun wat hoofsaaklik deur 'n kinderoppasser grootgemaak is. Toe sy ses jaar later geboorte gee aan haar tweede seun John, het baie gerugte die rondte gedoen of Randolph die pa is. Randolph is in 1895 op 44-jarige ouderdom dood en op Blenheim begrawe.

Jennie was nou 41 en alleen in die wêreld met 'n baie beperkte inkomste – die familie het nie eers genoeg gehad om Winston Cambridge  toe te stuur nie. Haar beste roep was om haar by haar susters in Parys aan te sluit en daar het, soos gewoonlik, nuwe geleenthede opgeduik.

Na talle flirtasies met die Britse burgery waaronder John Delacour, Lord Wolverton en Lord Astor, het Jennie verlief geraak op 'n mede-Amerikaner, Bourke Cockran, wat een van Winston se surrogaat pa's sou word. Cockran het opdrag gekry om die 22-jarige Winston aan New York voor te stel.

Winston was daar so gewild dat Jennie haar seun se lofsange in Engeland uitgesing het. Omdat sy versuim het om Randolph se loopbaan 'n hupstoot te gee, was Jennie vasbeslote om dit met haar seun s'n te doen – tot sy groot voordeel.

Met haar dood op 65, net nadat sy met Montagu Porch (21) getroud is, het Winston Churchill oor sy ma geskryf : " Ek het nie 'n gevoel van tragedie nie, net verlies. Haar lewe was vol en die wind was in haar are". Die arme Porch het van 'n oorsese reis terug gekeer na 'n leë huis – en 'n berg van sy vrou se skuld. Na al haar buitensporighede was dit miskien 'n gepaste nalatenskap.                

Lady Randy : Churchill's Mother word Dinsdag 11 November op Brittanje se Kanaal 4 vertoon. 


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: