praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Feuilleton Gedigte Twee gedigte

Twee gedigte

E-pos Afdruk PDF

dis al
(met apologie aan Jan F.E. Celliers)

dis 'n gat in die grond
dis 'n vallende traan
dis 'n balling gegaan
oor die oseaan -
dis al

en 'n voël voel vere
draai jy maar self
in jouself
in eensame vlug

dis al
 
Gradeer op en geniet jou gate uit!

Dikbek oor jou status geras is
na derdeklas?

Hoop is aan die horison!

Jy is uitverkies

vir 'n GOUE KAART!

Die pas na die poort
van jou blink lok-
asie!

Die sleutel tot asemrowende
plesiere:
o ontspannende lesse in die vermyding
van messe tydens jou Swartsee-vakansie!
o komplimentêre opruiming van jou
beursie, selfoon en juwele
in sorgvuldig geselekteerde restaurante!
o weelderige verblyf in vyf-ster-kuuroorde
ná die welwillende skenking van jou
bevoorregte lewe!

Toon wie jy is!

Waarheen jy op pad is!

(En onthou! Jy kwalifiseer vir gratis
reisversekering van tot R750 000!)


Alles net 'n klik weg!

Gradeer vandag nog
op!

(Bepalings en voorwaardes geld)


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: