Jy is hier: Feuilleton Algemeen Schubartpark 'byna totaal vernietig'

Schubartpark 'byna totaal vernietig'

E-pos Afdruk PDF

Schubartparkfasade
Rommel aan buitekant
Skade aan Schubartparkgebou
Ingang
Teenwigte van hysbakke
Trappe sonder relings
Binnemure van Schubartpark
Koperdief

Die moderne Schubartparkgebou in Pretoria, wat aanvanklik as maatskaplike behuising vir minder gegoede Afrikaners in dié stad opgerig is, is ná "transformasie" slegs 'n leë, gevaarlike dop. Alle toerusting en metaal soos koper, aliminium en staal is vanuit die gebou gestroop en die twee hysbakke hang letterlik aan 'n paar drade, gereed om op iemand se kop te val.

Die gestroopte gebou word steeds deur swartes bewoon wat in plastieksakke ontlas en agterna die sakke by die gebou uitsmyt sodat die hele gebied volgens 'n brandweerverslag "onhoudbaar na menslike uitskeiding ruik".

Soos op die meegaande foto's gesien kan word, lyk blok D van Schubartpark asof dit 'n oorlog deurgemaak het nadat die swart inwoners en stropers daarmee klaar is.

Schubartpark was reeds in die nuus vanweë die swak bestuur deur die ANC-metroraad van sogenaamde "Tshwane" en die gevolglike onluste wat daar onder die gebou se swart inwoners uitgebreek het.

Aan die begin van die jaar is 'n anti-misdaadoperasie in Schubartpark uitgevoer met die fokus op dwelmbendes, onwettige wapens en ander kwessies wat deur die SAPD geïdentifiseer is. Blokke A, B en C, wat steeds bewoon word, is deursoek, maar ook die ontruimde blok D.

Tydens die misdaadondersoek is gevind dat 'n brand op die agtste vloer van blok D gewoed het, wat agterna deur brandweermanne geblus is. Nadat die brand geblus is, is daar gevoel dat die vloere boontoe heeltemal te onveilig vir die brandweermanne was en is verdere ondersoek na die toestand van die gebou uitgestel.

Op 14 Mei 2010 het die brandweer egter weereens blok D van Schubartpark besoek en vertel die foto's die verhaal van 'n eens trotse baken in die Pretoriase middestad wat 'n bietjie "regstellende aksie" beleef het.

Volgens die brandweersverslag gaan die gebou onder die volgende probleme gebuk:

  • Alle brandbestrydingstoerusting, waaronder ook waterpype vanaf die grondvloer tot tenks in die dak, is verwyder.
  • Stropers het reeds die meeste metaal vanuit die gebou verwyder. Volgens die brandweerverslag is daar egter steeds 'n "beperkte hoeveelheid staal en metaal oor wat van die fasade van die gebou verwyder kan word". Stropers is reeds besig om dié metaal te takel en die vrees bestaan dat stukke of voorwerpe van die gebou kan afval en voetgangers of motoriste kan beseer, wat die stadsraad agterna miljoene rande aan eise kan kos.
  • Die staalvoering van die ventilasieskagte, wat binne baksteenomhulsels was, is verwyder, met gate van 2 vierkante meter op ten minste tien van die vloere. Dit beteken mense kan daardeur val en gedood of ernstig beseer word.
  • Baksteenmure en -afskortings is afgebreek en die rommel lê oral in die gebou verstrooi. Nie net verswak dit die struktuur van die gebou nie, maar die gewig in hope op vloere kan ook strukturele probleme in so 'n hoë gebou veroorsaak.
  • Die hysbakmotors, hystoerusting en staalkabels is gesteel en die hysbakke hang nou op die twintigste vloer van waar hulle te enige oomblik na benede kan stort. Omdat alle hysbakdeur ook afgesteel is, is die hysbakskagte op elke vloer oop met gepaardgaande veiligheidsrisiko's.
  • Die relings op albei noodtrappe is gesteel en sou dus geen beskerming bied aan brandweermanne wat 'n brand moes kom blus nie.
  • Trappe is deur stropers beskadig toe die hysbakmotor en -toerusting deur hulle na onder gesleep is.
  • Alle deure, staal en aluminiumvensters is verwyder.
  • Omdat daar geen water in die gebou is nie - die pype en watertenks is immers gesteel - ontlas die oorblywende inwoners in plastieksakke en smyt agterna die sakke by die vensteropeninge uit.
  • Inwoners berei voedsel voor deur vuur op die vloere te maak.

Volgens die brandweerverslag "verteenwoordig die hele struktuur 'n teelaarde vir siektes, aangesien die stank van menslike uitskeiding onhoudbaar is".

Van die straatbewoners slaap snags in die gebou in 'n poging om meer veilig te wees en verlaat weer die gebou met dagbreek.

Blykbaar kan die stank van die gebou van die straat af geruik word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: