Die heimat van Nelson Mandela, die Oos-Kaap en Transkei, is nie net die swaks bestuurde provinsie in die land nie, maar ook die plek waar die vindingrykste skelmstreke uitgedink word.
Die polisiefoto's hierby toon drie gesteelde koeie in 'n Toyota Tazz. Eers is die motor self gesteel en daarna is die sitplekke verwyder om die gesteelde koeie te vervooer. Die wonderbaarlike is dat die koeie agterna bevry is en niks oorgekom het nie!
Dit kan seker net in Suid-Afrika gebeur en ja, die foto's sirkuleer tans per e-pos onder die titel "Proudly South African".
| < Vorige | Volgende > |
|---|





