praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Dan Roodt Manto die Bantoe

Manto die Bantoe

E-pos Afdruk PDF

Die heengaan van Manto Tshabalala-Msimang, wat haar mediese studies aan die "Eerste Leningradse Mediese Instituut" in die voormalige Sowjetunie ondergaan het, het al vir heelwat kommentaar gesorg. Manto het as lid van die ANC-nomenklatoera 'n tweede lewer vóór ander pasiënte ontvang en het vir haar Afrosentriese menings oor MIV-Vigs wêreldberoemd geword.

'n Aspek wat meeste mense egter uit die oog verloor, is dat Manto 'n Bantoe was. Heel waarskynlik is die ANC korrek deur haar te vereer vir haar onverskrokke standpunte wat weliswaar teen gangbare Westerse (wit) opvattings ingedruis het, maar wat konsekwent haar eie Bantoekultuur eerbiedig het. Deel van die ANC-revolusie was immers die verplasing van Westerse wetenskap deur Bantoewetenskap en -gebruike, waaronder tradisionele genesing en voorvaderrituele.

Tydens haar termyn as minister van gesondheid het Manto haar onderskei as die koningin van die tradisionele geneeshere. Diegene wat met haar geloof in die towereienskappe van die Afrika-aartappel, knoffel en beet vir die behandeling van MIV-Vigs gespot het, het nie begryp dat sy bloot haar eie wêreldbeskouing en -kultuur op hierdie land se gesondheidstelsel wou afdwing nie.

Die onlangse Suid-Afrikaanse stelsel het van demografie die allesbepalende faktor in die politiek, ekonomie, opvoedkunde, die reg, wetenskap en die meeste ander gebiede gemaak. Dit spreek dus vanself dat die Bantoekultuur en -wetenskap uiteindelik die Westerse wetenskap in dié land sal verdring, weens die blote feit dat die sprekers van Bantoetale histories 'n veel hoër bevolkingsgroei as Westerse groepe gehandhaaf het en steeds handhaaf.

Manto se Afrosentriese sienings oor MIV-Vigs was bloot omstrede vanuit 'n Westerse of blanke oogpunt. Vanuit die Bantoeperspektief het sy die meerderheidsiening in hierdie land verteenwoordig. Soos in die politiek of die geskiedenis, word die wetenskap of die medisyne vandag in Suid-Afrika deur 'n "demokratiese stem" bepaal. Die waarheid is 'n meningspeiling. As die meerderheid so glo, is dit die waarheid. Vra maar vir enige joernalis by Naspers of die SAUK, wat hiermee sal saamstem. En indien die meerderheid - sprekers van Bantoetale, wat weer in Nguni, Sotho, ens., verdeel kan word, maar waarvoor die versamelnaam "Bantoe" die enigste gepaste is - voel dat tradisionele kosse of rituele hulle van Vigs kan genees, wie is ons - lede van die minderheid - om daarteen te stry?

Ook Mbeki, hoewel 'n Afro-Sakser wat deur die Britte opgelei is en lief is om Shakespeare aan te haal, is uiteindelik 'n Bantoe wat tesame met Tshabalala-Msimang 'n soort kulturele revolusie van die Maoïstiese tipe in die universiteite, hospitale en die gesondheidsdepartement wou teweegbring. Vir seker is die Bantoenasionalisme - teenoor Amerikaanse swart nasionalisme wat 'n heel ander, rasgegronde uitgangspunt het - in Suid-Afrika nog lank nie uitgewoed nie. Trouens, volkekundiges en geskiedkundiges praat van die "Bantoe-uitbreiding" wat reeds voor die geboorte van Christus begin het en vanuit die Nigerdelta stelselmatig ooswaarts en suidwaarts uitgebrei het. Hierdie eeue oue beweging word tans, gerugsteun deur die verowerde staatsmag van Suid-Afrika, voortgesit en sal uiteindelik elke mediese fakulteit, elke hospitaal, elke skool, asook die kurrikulum wat in skole behandel word, oorspoel.

In dié opsig was Manto geen "oorblyfsel uit die verlede" nie, maar 'n baanbreker. Die Bantoerevolusie wat sy en Mbeki begin het, staan maar nog in sy kinderskoene.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: