praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Tuesday, 22. May 2012

Bygewerk op:07:38:23 AM GMT

Jy is hier: Dan Roodt 'Hanteer' neo-Nazi's deesdae die polisie?

'Hanteer' neo-Nazi's deesdae die polisie?

E-pos Afdruk PDF

Die hele sage rondom die arrestasie van Uhuru Guru van South Africa Sucks is nog lank nie verby nie en vandag het ons 'n lang brief deur hom gepubliseer waarin hy sy kant van die saak stel.

Iets wat egter ook vorendag gekom het, is die rol wat mnr. Fred Rundle, 'n bejaarde neo-Nazi wat insgelyks bande met die AWB het, in die vervolging van die webmeester van South Africa Sucks gespeel het. 'n Dertigtal polisiemanne het naamlik op Rundle se aandrang (of dalk sy bevel?) die voordeur van UG alias Bert Oosthuizen se huis oopgeskop, agterna al sy rekenaartoerusting, waaronder hardeskywe van sy kliënte, gekonfiskeer en sy hele gesin geterroriseer.

Ook het die polisie sorgvuldig foto's geneem van alle boeke wat die uwe geskryf het en wat op Bert Oosthuizen se boekrak verskyn het. Die vraag het nou by my ontstaan: het dit weereens, soos destyds onder die NP-regering, onwettig geword om boeke van Dan Roodt op jou rak aan te hou?

Die gevaar wat my roman en opstelle vir die samelewing inhou, is moontlik presies waaroor dit gaan. Want Rundle en diverse aanhangers van die Israelvisie, asook die eerste wegbreekfaksie van die HNP - daar bestaan ook 'n tweede wegbreekfaksie van die HNP, waaroor binnekort meer - is lank reeds besig met 'n veldtog teen my en veral sekere satiriese gedigte wat ek op die ouderdom van twintig geskryf het. My juvenilia word gesien as 'n voorbeeld van "ontaarde kuns" oftewel "entartete Kunst" soos die Nazi's gesê het. Joost, wat by geleentheid kokaïen snuif en met ontkleedanseresse verkeer, of Steve word al hulle sondes vergewe; al praat Steve se kinders ook Engels, bly hy 'n "trotse Boer" soos vanmôre se Beeld berig. Maar dít wat ek meer as dertig jaar gelede as student geskryf het, is onvergeeflik.

Daar is egter nog 'n groter skandvlek wat ek (asook Bert Oosthuizen se vrou en kinders) moet dra. Want sien, "Rooi Danie Roodt" soos Jeanette Koekemoer van die HNP se tweede wegbreekfaksie, die Afrikanervolksparty, na my verwys in e-posse en op dié party se webwerf, is nie raseg nie... Soos sy in 'n epos aan haar vriend Fred Rundle op 28 September 2009 skryf:

"Luister mooi Fred... jy mag ook weet dat dit nie 'mense' is wat beweer dat Rooi Daan Roodt Joodse bloed in hom het nie – dit is feite.

Sy ouma, - ‘n meisie uit ‘n stoere boerefamilie wat trots was op hul nasionalistiese herkoms en van wie die oupa (Daantjie se oupagrootjie, Pik (Botha) se oupa) die hele Anglo Boere-oorlog as held deurgeworstel het (boek beskikbaar by Bienendell),  - is getroud met die Jood der Jode destyds toe geld skaars was en sy verblind is deur hierdie man (wat) sy slaafs aanbid het vir die weelde wat hy haar gebied het. Net daar het hierdie Jood haar help ophou kerktoe gaan en so is tot haar kleinkinders kerkloos...

Hoef seker niks meer te sê?"

Jeanette Koekemoer en Fred Rundle wat deesdae die SAPD se klopjagte op dissidente webmeesters orkestreer in die ware sin van die woord, want daar daag 'n hele simfonieorkes van polisiemanne en polisieafdelings by jou huis op, se standaarde van rasegtheid is egter so hoog dat hulle s'n selfs dié van die Nazi's oortref. Enigeen wat Anna M. Louw se pragtige roman Wolftyd gelees het, sal weet wat die woord "Mischling" beteken, met ander woorde Duitsers wat ook Joodse voorouers gehad het. My oupa aan moederskant was slegs 'n halwe Jood omdat my oupagrootjie met 'n Skotse vrou getroud is. Terloops, hoewel my oupagrootjie 'n Jood was, het hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog wapens en ammunisie aan die Boeremagte verskaf en het die Engelse 'n prys op sy kop gesit sodat hy eers jare ná 1902 dit kon waag om weer sy voete in die land te sit. Vergelyk dit nou met die horde verraaiers aan Boerekant wat deur die Engelse vir hul verraad beloon is...

Dis algemeen bekend dat die Nazi's se raswetenskap allesbehalwe wetenskaplik was en dat dit merendeels uit 'n soort "potloodtoets" bestaan het. Trouens, as daar onsekerheid oor 'n persoon se "voorkoms" was, is daar na die geloof van sy grootouers gekyk. Al vier my grootouers was egter Christene, al het sommige van hulle (soos my "stoere" Boere-ouma) eienaardige interpretasies van die Bybel gehad wat nie noodwendig met die hoofstroomteologie gestrook het nie.

Die berugte Nürnberger Gesetze van 1935 het die Nazi's se reëls oor Mischlinge of mense van "gemengde afkoms" vasgestel. Amusant genoeg, kon "kwart-Jode" (soos my ma) met rasegte Duitsers trou en hulle kinders (agste-Jode, soos ek) is as "Deutschblütiger" (Duitsbloediges) beskou. Huwelike van kwart-Jode met mekaar is egter nie toegelaat nie.

Dít alles om te sê dat Fred Rundle 'n soort super-Nazi is wat hoë ideale van rassuiwerheid aanhang as hy en Jeanette Koekemoer my "onsuiwere" afkoms as "feite" bespreek. Sy hele aksie teen Bert Oosthuizen word daarom ten dele ook gemotiveer deur Oosthuizen se huwelik met 'n Christen-vrou, maar met 'n kwart Joodse bloed in haar are...

In 'n erg gekruide e-pos vaar Rundle teen Bert Oosthuizen en sy gade uit deur te sê: "And also you admit that the disgusting whore you are married to is a dirty Jew bitch! I have no time for dirty Jews they are worse than kaffirs... I never trusted you for betraying our people and so dirtying our blood. Your wife is a dirty Jew and your children are half-breed spawn from the synagogue of Satan. I wish the kaffirs will teach you a lesson and rape and kill your children you sick twisted perverted bastard."

Fred Rundle gaan in dieselfde e-pos voort deur my, Bert Oosthuizen en Frikkie Potgieter as "verraaiers" te bestempel wat by 'n AWB-vergadering aan die kaak gestel sal word:

"For the third time I invite you to show your face at Trim Park in Ventersdorp to come and face the people on Saturday. When I take the podium the people will find out who real the enemies and traitors of rhe Boervolk are. Bert Oosthuizen, Dan Roodt and Frikkie Potgieter, joiners and traitors of the Boervolk! They are working hand in hand with the ememy towards our downfall. But they have a big surprise coming. When the day comes when the Boervolk regains its freedom, these traitor bastards will be hanging from the trees with ropes around their necks.

Stay strong people our day is coming. We must fight the enemy wherever he is, even if the enemy is some of our own people."

Is dit nie insiggewend dat die SA Polisiediens, waarvan een kwart van die lede oor misdaadrekords beskik en sommige in uniform blanke vroue verkrag, nou ook ag slaan op neo-Nazi's en "Ariërs" soos Fred Rundle wat die wêreld van mense met hoogstens 'n breukdeel Joodse bloed wil suiwer nie? Daar bestaan natuurlik heelwat raakpunte tussen swart nasionalisme en nasionaal-sosialisme. Marcus Garvey, die vader van swart nasionalisme wat by geleentheid ook deur Mbeki aangehaal is, was 'n groot bewonderaar van Adolf Hitler.

Maar soos wat Suid-Afrika uitrafel, sal ons seker nog vreemder ideologiese manifestasies aanskou. Want terwyl die Jodin Gill Marcus vir Tito Mboweni as goewerneur van die Reserwebank opvolg en die Joodse gemeenskap in Johannesburg die aantal Jode in ANC-magsposisies vier, het die ANC se departement van buitelandse sake 'n onverbiddelik pro-Palestynse standpunt ingeneem. Terselfdertyd is die polisie besig om hand om die blaas met neo- of super-Nazi's teen Afrikanerwebmeesters op te tree wat dalk iewers 'n baie vae verband met Jode het.

Noudat ek daaraan dink, Max du Preez het mos ook op 'n stadium beweer dat ek nie van "suiwer Afrikanerafkoms is nie". Sy kinders se huistaal is egter... reg geraai, Engels.

Wat 'n sirkus! En die aartsnar Malema is nog nie eens president nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: