In weerwil van apartheid, het swartmense in Suid-Afrika geweldig by die Westerse stelsel gebaat wat vanaf 1652 hier gevestig is. Indien ons regtig ernstig oor "skuld" in 'n finansiële sin is, moet daar 'n balans- en inkomstestaat volgens ras opgetrek word.
Met regstellende aksie en aardig besoldigde poste in die openbare sektor, betaal swartmense sekerlik vandag veel meer belasting as vóór 1994. Maar die blanke middelklas en die korporatiewe sektor betaal steeds meer belasting as die sogenaamde "swart diamante". Hierteenoor ontvang tot 15 miljoen swartmense allerlei staatstoelaes, tesame met gratis onderwys en gesondheidsdienste.
Die mite van die "wrede blankes" is net dít: 'n mite. Oor dekades en selfs eeue heen, het blankes via die kerke of die staat hulle oor swart onderwys, gesondheid en welvaart ontferm. Trouens, Suid-Afrikaanse blankes is vandag veel armer as hul eweknieë in ander Westerse lande, juis omdat hulle reeds soveel van hul rykdom en welvaart aan swartmense oorgedra het. En nog is't einde niet! Want die hele ideologie van wit skuld berei bloot die weg voor op nog groter oordragte van grond, eiendom, aandele en ander bates in die toekoms.
Anders as die Amerikaners of die Australiërs, het ons geen volksmoord teenoor die nie-Europese volkere gepleeg nie. Brittanje, wat deur die meeste van ons swart landgenote as hul kulturele heimat gesien word, het net in Kenia tydens die vyftigerjare byna 60 000 Keniane gedood, asook menseregteskendings soos foltering en nie-wettige teregstellings toegepas. Sommige Indiërs beweer dat die Britse kolonialisme tot tien miljoen sterftes in hul land gelei het. In die Belgiese Kongo het 'n wrede koloniale bewind gegeld en tot 12 miljoen Kongolese het blykbaar omgekom. Kommunisme en fascisme het tientalle miljoene mense laat sterf. Dit word liefs vergeet, terwyl die Afrikaner steeds oor apartheid gekruisig word.
Die Bybel praat van die balk in eie oog verwyder. Daarom is dit nogal interessant dat prof. Anton van Niekerk sê: "Niks wat die huidige regering verkeerd doen, regverdig apartheid op enige manier nie."
Dit mag so wees, maar plaasmoorde, huisaanvalle en ander gruweldade wat swartmense tans teenoor ons pleeg, regverdig op sy minste 'n eie staat vir Afrikaners waar ons nie aan sulke menseregteskendings blootgestel sal wees nie. Ook moet ons finansieel vergoed word vir al die instellings soos skole en universiteite waartoe ons voorouers en ons bygedra het en wat ons ontneem is.
As ons kyk na die gruweldade wat die Zoeloes in 1838 jeens ons vroue en kinders gepleeg het, asook die ewe bedenklike rol wat die gewapende swartes aan Britse kant gespeel het om die Boerevroue tydens die Tweede Vryheidsoorlog te terroriseer, dan kan ons met vrymoedigheid sê dat swart-op-wit geweld in ons land vergelykenderwys veel erger as wit-op-swart geweld was.
Vele swartmense, hier en in die VSA, is ten gunste van segregasie en eie swart verenigings, instellings en universiteite. Liberale voorstanders van die smeltkroesgedagte hou nie daarvan nie, maar dit is die werklikheid.
Segregasie op sigself is dus niks om oor skuldig te voel nie. Selfs die VN het onlangs verklaar dat die enigste oplossing vir wat hy "identiteitskonflik" noem, is "om strydende groepe apart te hou".
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Apartheid se werklike balansstaat




