praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Tuis

Wie is ons?

E-pos Afdruk PDF

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) is nie-regeringsorganisasie (NRO) wat hom spesifiek vir die belange van etniese Afrikaners beywer, asook die taal en kultuurbelange van alle Afrikaanssprekendes.


Die aksiegroep is in Februarie 2000 gestig en kort daarna geregistreer as 'n artikel 21-maatskappy sonder winsbejag.

Die twee persone wat aanvanklik die leiding geneem het, was Dan Roodt en Carel van der Merwe. Die webwerf is aanvanklik deur Carel geborg, en hy het ook T-hemde laat druk. Ander persone wat tot dusver 'n prominente rol in PRAAG gespeel het, is Johann Wingard, Ernst Marais, Karin Roodt, Kas Landman, Leendert van Oostrum en Lydia van Eeden. PRAAG het baie ondersteuners in Suid-Afrika, maar ook elders ter wêreld in Vlaandere, Australië, Engeland, Kanada en Amerika.

Meer en meer vervul PRAAG die rol van 'n buite-parlementêre beweging wat stry vir Afrikanerregte binne die vyandige omgewing van die nuwe Suid-Afrika waar Afrikaners vanweë hul getalleminderheid dikwels die knie moet buig voor getalryker etniese groepe soos die Xhosas en Zoeloes wat die Suid-Afrikaanse politiek oorheers.

PRAAG is ten gunste van nie-gewelddadige optrede om taal- en rassediskriminasie teen Afrikaners te stuit. Die enigste manier om vrede in Suid-Afrika te verseker is om kulturele outonomie toe te staan aan alle etniese en taalgroepe wat daarom vra.

 Sluit nou aan by PRAAG!


blog comments powered by Disqus