Dit is so duidelik soos daglig dat die groot meerderheid blankes vandag ontevrede is met die onding wat in 1994 op ons losgelaat is. Was hulle nie, het groot getalle blankes byvoorbeeld ook vir die ANC gestem in elke verkiesing. Tog stem 90% of meer van die blankes as ‘n teken van protes vir ‘n party wat op die oog af probeer voorgee dat hy die ANC teenstaan, die DA, maar wat eintlik maar net ‘n Engelse ANC is. Die res stem grootliks vir die VF+ en ander partye, buiten die ANC. Daardie blankes maak so omdat hulle protes wil aanteken teen die endemiese wanbestuur, korrupsie en anargie wat ‘n swart regering tot gevolg gehad het.
Toe Julius Malema onlangs meer uitgesproke begin raak het oor nasionalisering, het die media eweneens berig dat die toue blankes voor emigrasie-agentskappe langer geword het. Op Facebook en op nuusblaaie op die internet kan die grootskeepse blanke ontnugtering met die Nuwe Suid-Afrika nie net waargeneem word nie; dit spring uit die webblaaie en slaan jou oor die kop. Daar is duidelik grootskeepse bitterheid en ontnugtering onder blankes. Die wonderlike NSA wat aan ons voorgehou is, het geblyk ‘n hel te wees.
Die Nuwe Suid-Afrika het egter nie bloot uit die lug op ons neergedaal nie; dit is die resultaat van ‘n lang reeks verraderlike optredes, ondermyning en doelbewuste sabotasie van blankes se belange, dikwels gepleeg deur blankes self. Dié sabotasie wissel vanaf die Jode wat die intellektuele stukrag agter die ANC in die 1950s was, diegene soos Joe Slovo wat gesorg het dat die gewelddadige Xhosa-godjie, Mandela, bó ‘n Zoeloe as ANC-leier verkies is, die Joodse skrywers van die Freedom Charter, tot by Engelse, liberale agitators vir die terroristiese ANC, soos Rooi Helen Zille. Dan praat ek nie eens van verloopte en patetiese Afrikaners soos die sogenaamde “Oom Bey” en Carl Niehaus nie. My oom is Beyers Naudé beslis nié; ek skaam my om te dink dat so ‘n verraaier en verleentheid vir ons as Afrikaners soos Naudé ook ‘n Afrikaner kon wees. My enigste troos is dat selfs die Noorweërs Vidkun Quisling in eie geledere gehad het, ‘n ewigdurende skandvlek op die naam van die Noorweegse volk.
En dan natuurlik die monumentaal onbekwame FW de Klerk en sy spannetjie NP- en Broeder-verloorders; diegene wat so skandelik by Kodesa boedel oorgegee het. FW de Klerk en sy medekapituleerders bly hardnekkig opgee oor hoe ons ons op die mislukte grondwet wat hulle oorgawe tot gevolg gehad het, moet beroep. Maklik om te sê as jy met ‘n EU-burger getroud is en dus kan vlug as dinge handuit ruk met jou EU-paspoort, en in weelde op ‘n wynplaas of by die see kan woon, FW. Nie so maklik as jy ‘n blanke is wat nie ‘n werk of ‘n bevordering kan kry omdat jou vel wit is nie, of as jy een van die 800 000 Afrikaner- nouveaux pauvres is wat hulle in blanke plakkerskampe bevind nie.
Dit is slegs die bittereinderlinkses, die Jeremy Cronins en Max du Preez’s van die lewe, wat hardnekkig weier om pa te staan vir hulle verraad, wat steeds bly vaskleef aan die onnosel waansin van hulle verlede. Die mees ironiese voorbeeld van dié verskynsel was die Afrikanerhatende skryfster Nadine Gordimer, wat deur swartes aangeval is in die einste reënboogutopie waarvoor sy haar beywer het, maar wat steeds nie die kloutjie by die oortjie kan bring nie; wat eerder seksuele fantasieë oor haar “gladde, gespierde” aanvaller gekoester het, na afloop van die aanval op haar.
Dit word egter vir selfs die mees verloopte Afrikaners duidelik dat hulle baie het om voor verantwoording te doen. Hulle skuldgevoelens word dikwels in hul geskrifte verwoord, alhoewel hulle nooit persoonlike aanspreeklikheid sal aanvaar nie. Breyten Breytenbach, ‘n ANC-meeloper van formaat destyds, klink deesdae presies nes ‘n sogenaamde regse van 1993, soos hy steen en been kla oor die NSA se magsmisbruik. Willie Esterhuyse, ‘n sogenaamde filosoof, skryf ‘n bitter rubriek in verlede week se Rapport oor hoe Suid-Afrika afstuur op ‘n mislukte staat. Sulke artikels laat my dikwels wil verstik aan die galsmaak wat dit in my mond laat. Dit was jý, Willie Esterhuyse, wat jouself hiervoor beywer het en wat so te velde getrek het teen die sogenaamde verkramptes wat jou presies teen dít waaroor jy vandag so kla, gewaarsku het! Slaap nou in die bed wat jy gemaak het, of hou jou bek! Nietemin sal nóg Breytenbach, nóg Esterhuyse, die voor-die-hand-liggende stap neem en persoonlik pa staan vir hulle optrede van die verlede. Dis asof hulle verbaas is oor presies dít waarvoor hulle hulself beywer het. Hoe kan ‘n sogenaamde intellektueel homself so dom wil hou oor die regstreekse nagevolge van sy optrede?
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Verloopte Afrikaners skuld ons 'n verskoning




