praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:09:59:45 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard Misdaad minder? Dink weer!

Misdaad minder? Dink weer!

E-pos Afdruk PDF
Beeld berig dat misdaad met 'n verblydende tot 70% afgeneem het tydens die SWB, luidens 'n veiligheidsmaatskappy.  Natuurlik is laasgenoemde goeie nuus, maar dit verteenwoordig andersyds 'n raaisel. Mens sou presies die teenoorgestelde verwag het, siende hoe heelwat van die polisie ontplooi is om die stadia en die besoekers aan die SWB te beveilig. 

In die afwesgheid van die polisie wat diens doen by die stadia en in toeriste-gebiede, sou mens immers verwag dat die polisie se beskermingsnet vir gewone woonbuurte, weg van die stadia, dunner gespan sou wees. As die polisie-kat weg is, is die misdaad-muis baas, sou jy dink. Maar nee, presies die teenoorgestelde gebeur. Misdaad neem in der waarheid af tydens die SWB, en nie toe nie, in sommige gevalle met tot 70%. Hoe is dit moontlik? Ek kan aan 'n paar verklarings dink. Hier is twee:

1. In die gees van ubuntu het die misdadigers 'n soort amnestie verklaar, en besluit hulle sou gaaf wees met hul slagoffers tydens die SWB, al bied die afwesigheid van die polisie 'n goeie geleentheid om te plunder.

2. Die misdadigers is almal sokkergeesdriftiges en is te besig om hetsy sokker te kyk, hetsy die uitslae te vier, om te steel.

Almiskie.

Ek bied egter 'n derde verklaring hiervoor aan: Wie was afwesig of dan minder teenwoordig in ons woonbuurte tydens die SWB? Presies. Die polisie self!

Ek sal van meet af aan toegee dat daar goeie, hardwerkende, eerlike polisiemanne is, waarmee ek al persoonlik te make gehad het. Ek hoef nie vir die leser te skryf wie daardie toegewyde polisiemanne is nie. Daar het egter helaas sedert 1994 'n groot element van ongedissiplineerdheid en misdadigheid in die getransformeerde polisie ingesluip. Indien die getransformeerde polisie nie self skuldig is aan misdaad nie, is baie van hulle minstens kop in een mus met die misdadigers.

'n Skrikwekkende persentasie van die polisiemag is ongeletterd. Swak dissipline en traak-my-nie-agtigheid vier hoogty. Hoeveel berigte lees mens nie van polisiemanne en metropolisie-lede wat vasgetrek word vir misdaad nie? Daar is selfs onlangs polisielede wat aangekeer is agv hul betrokkenheid by 'n plaasaanval. Dis nie 'n nuwe verskynsel nie. Enkele jare gelede, tydens die staking van veiligheidswagte, het misdaad by winkelsentrums wat hierdie karakters veronderstel is om te beveilig, eweneens afgeneem.

Sommiges sou aanvoer dat die betrokkenheid van die SAPD by misdaad deel is van 'n doelbewuste veldtog deur agente van die ANC-bewind om wet en orde af te breek en veral blankes te terroriseer. Ek is nie bewus van enige bewyse daarvoor nie, alhoewel dit nie onmoontlik is nie. Dit lyk wel moontlik dat 'n groot persentasie van die misdadigers stellig diegene is wat blou uniforms dra en in motors met 'n B-registrasienommer ry.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: