Een van die dinge wat my opval oor Naspers se bruin rubriekskrywers, is hul fassinasie (of is dit hul obsessie?) met Afrikaners. Alhoewel die bruin gemeenskap geweldige probleme van sy eie het – geweldsmisdaad, dwelms, ongehude swangerskappe ensovoorts – is Afrikaners telkens in onder andere Jonathan Jansen en Henry Jeffreys se loep. Wat die idee by bruin rubriekskrywers maak posvat het dat Afrikaners hul raad nodig het, weet slegs die skrywers self. Miskien het hulle moed opgegee oor die balk in hul eie oog en soek hulle splinters by die Afrikaners.
Henry Jeffries het vandag nietemin ‘n interessante rubriek geskryf oor verloopte Afrikaners. Verloopte is een byvoeglike naamwoord wat onder andere Max du Preez en Antjie Krog kan beskryf. Verraaiers en sikofante is eweneens toepaslike selfstandige naamwoorde wat ek kan bedink. Jeffries se rubriek fokus op een van die voorste ANC-sikofante van die afgelope paar jaar, wyle ds Nico Smith. Jeffries hou Smith voor as ‘n ware Azaniese held.
In sy rubriek kerm Jeffries egter oor die feit dat regdenkende Afrikaners vir Smith, Du Preez, Krog en ander mak ANC-werfbobbejane verguis. Jeffries teem byvoorbeeld oor ene Anton wat Sondag in kommentaar op Rapport se berig oor Smith se dood gewonder het of die ANC Smith ‘n staatsbegrafnis gaan gee. Dit was natuurlik die uwe wat daardie kommentaar op Rapport se blad geskryf het. Dit is vir my ‘n riem onder die hart dat selfs ‘n regstellende-aksierubriekskrywer soos Jeffries Rapport se kommentaar lees, en verstaan dat Smith en kie vir baie Afrikaners kwalik helde is; inteendeel.
Die ding wat ek wel interessant vind, is wat ANC-meelopers en kripvreters soos Jeffries en Smith se verwagting is van die ideale Azaniese Afrikaner, iemand wat Jeffries vir ‘n Afrikanerheld kan aansien. Smith is berug vir sy dreigemente dat, sou Afrikaners nie omrol en dood speel nie, volksmoord op ons wag. Enige kritiek op die NSA se endemiese korrupsie, misdaad, moord, staatsrassisme teen blankes en al die ander ondinge in Azanië, het Smith gewaarsku, sou lei tot die uitwissing van vier miljoen Afrikaners, sonder dat enige buitelandse skepe ons sal kom red. Ons durf nie die regime kritiseer nie, aldus Smith, omdat sodanige kritiek as rassisme ervaar sou word en ons met ons lewens daarvoor sou betaal.
Spreek laasgenoemde sinnetjie terloops nie van opperste rassisme aan Smith se kant nie? Dit lyk vir my al te veel of hy daarmee erken dat Afrikane allermins liberale demokrate is, wat ander sienswyses respekteer. Smith het duidelik verwag dat Afrikane op gewelddadige wyse sou reageer op enige Afrikaner-opposisie . Waar is die liberale demokrasie nou? Vreemd dat diegene soos Smith nie ook die Latino’s in Amerika waarsku dat bewegings soos La Raza sal lei tot volksmoord op Latino’s deur die blanke meerderheid in die VSA nie. Waarom die dubbele standaarde waaraan blanke Amerikaners en Afrikane gemeet word?
Smith en Jeffries se ideale Azaniese Afrikaner is klaarblyklik ‘n ruggraatlose jellievis, iemand wie se leitmotif “houd-den-bek” is, en wat stil en gedweë buk en selfs die pot petroleumjellie vir die NSA se swart heersers aangee. Bostaande is uiteraard ‘n fassinerende blik in die denkwêreld van die linkse, ook die Afrikanerlinkse. Is ons nie immers oor en oor vertel hoe ‘n eenvoudige een-man-een- stem benadering, sonder groepsregte, kwansuis tot almal in Suid-Afrika se voordeel sou strek nie? Uit Smith se waarskuwings blyk dit egter dat blankes nie slegs moes boedel oorgee by Kodesa nie, maar dat ons onsself inderdaad uit alle politiek en burgerlike opposisie moet onttrek. Is ‘n stem vir opposisiepartye soos die DA of VF+ dus ook implisiete rassisme wat eweneens tot volksmoord kan lei, vra ek myself af? Smith se askies-ek-leef kruiperigheid en Jeffries se mening dat Smith hieroor glo 'n held sou wees, spreek veel meer van Afrikaners wat ons noodgedwonge moet neerbuig voor ons swart meesters, as wat dit van 'n ware demokrasie spreek. Tog stem ek saam met Smith en Jeffries: In die praktyk is die NSA 'n Afro-fascistiese diktatuur.
Selfs die mees agterlike rubriekskrywer van Naspers behoort egter vir homself te kan dink dat hierdie soort papbroekige onttrekking, askies-ek-leef benadering en boedeloorgawe nie juis iets is wat baie Afrikaners ‘n toepaslike lewensmodel sou vind nie. Diegene soos Smith wat kruiperige ANC-sikofansie aanhang, is dus slegs vir ‘n uiters beperkte aantal Afrikaners helde, en bots lynreg met die gees van die Boer wat nie geskroom het om die magtigste ryk op aarde in die ABO aan te vat nie.
Soos die Meksikaanse rewolusionêr, Emiliano Zapata, dit gestel het: “Ek sterf eerder op my voete as wat ek op my knieë leef.”
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Nico Smith se ideale Azaniese Afrikaner




