praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:09:59:45 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard Afrikaners moet begin sokker speel

Afrikaners moet begin sokker speel

E-pos Afdruk PDF

Ek is nou nie ‘n groot kenner van sokker nie, omdat ek dié spel heel vervelig vind al van kleintyd af. Daar was byvoorbeeld ‘n hele paar van die 2010-toernooi se wedstryde wat geen doele opgelewer het nie, of gelykop geëindig het. Miskien is ek ‘n Filistyn, maar jy kan ook net so lank kyk hoe gee hulle met die voet vir mekaar die bal voor jy begin wonder of daar nie interessanter dinge is om met jou tyd te maak nie.

Ek gaan ook die versoeking weerstaan om te sê “I told you so” oor gisteraand se nederlaag. Dit was voorspelbaar gewees. Dit was eweneens nie die skeidsregter se skuld nie. Ek kan nie dink hoekom enige realistiese sokkergeesdriftige, veral diegene met die onderbroekvlaggie op hul motors, sou verwag dat ‘n span wat rondom nommer tagtig in die ranglys teen spanne wat op nommer 8, 16 en 17 is, sou wen nie. Al is ek nie ‘n sokkkerkenner nie, is dit so dat sokker, hokkie, rugby en soortgelyke sporte gaan oor balbesit en afronding. Dis weliswaar ‘n cliché, maar jy kan nie die wedstryd wen as jy nie die bal het nie. Wat gisteraand opgeval het, is die gemak waarmee Uruguay se spelers die bal by die tengerige Bafana-spelers kon afneem. Dit het met groot ironie op Loftus, die tuiste van die Blou Bulle, gebeur. Laasgenoemde span, tesame met John Wayne Bobbitt, sou ook vir die Bafana ‘n ding of twee kon leer oor balretensie.

Alhoewel fisieke grootte minder belangrik in sokker as in rugby is, het dit tog sy voordele. Uruguay kon die pieperige Bafana-spelers van die bal af boelie. Dis ook goed om lank te wees as jy ‘n kopskoot voor die doel wil maak vanaf ‘n hoë hoekskop. Die Hollanders is statisties-gesproke die langste mense op aarde. Die Oranje is nie ‘n slegte sokkerspan nie. So ook nie die spanne van ons ander stamlande, Duitsland en Frankryk, nie te vrot nie, alhoewel die sogenaamde Franse sokkerspan deesdae meer lyk na die Ivoorkus s’n. Duitsers is ook langerige mense.

Ek wonder dus hoe ‘n Afrikanerspan met spelers met die fisieke attribute van ‘n Pierre Spies daarin sou gevaar het? As ‘n 105 kg, sesvoet-vier gevaarte blitsig op jou afstorm met die bal voor sy voete, gaan jy hom maklik gestuit kry? Daar is meer geld in sokker as in rugby, dus is ek van mening dat dit glad nie ‘n slegte idee sou wees om ‘n Afrikanerspan te stig nie. Die vraag is uiteraard waar stig jy hom? Hierdie is hoeka ‘n land met ‘n vreemde sin vir geregtigheid. Die meerderheid Azaniese sokkerspanne het geen enkele blanke in hul geledere nie, maar geen voëltjie fluit daaroor nie en die regime se obsessie met demografiese verteenwoordiging is op misterieuse wyse nie ‘n faktor in sokker nie. Dis egter ondenkbaar dat Dinamo Pretoria toegelaat sal word om ‘n span wat selfs net ‘n meerderheid blankes in sy geledere het, in die veld te stoot, veral as só ‘n span begin wen teen die beroerde Azaniese spanne. Miskien kan die Afrikanerspan in Londen of selfs in een van ons buurlande gestig word.

In teenstelling met die vergane en onrealistiese droom van “steal it, they are here” wat gisteraand op uiters ironiese wyse deur ‘n blonde, blou-oog Ariër by name Diego Forlán verpletter is, sou dit nie ‘n droomsituasie wees as daar eendag ook ‘n Afrikanerspan, wat ‘n onafhanklike Afrikanerrepubliek verteenwoordig, aan die SWB kon deelneem nie?

Lees ook: Watter 2010-span behoort Afrikaners te ondersteun?


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: