praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:09:59:45 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard Vuvuzelas: die perfekte metafoor

Vuvuzelas: die perfekte metafoor

E-pos Afdruk PDF

Anders as baie liberale wat enersyds vir ons preek oor hul sogenaamde naasteliefde teenoor Afrikane, maar dan persoonlik vir Afrika wegkruip in hul rykmansbuurte of oorsee, moet ek noodwendig in ‘n Suid-Afrikaanse buurt bly wat as kosmopolities beskryf kan word. Vir die afgelope twee oggende word ons buurt gevolglik wakkergemaak deur een of ander moroon wat sy vuvuzela om 05h00 blaas. Klank trek ver in die nag, en dus kan ek hom nie opspoor nie, maar as ek kon, sou ek hom graag ‘n diesel-klisma toegedien het met sy vuvuzela as die tregter. Ons buurman se kleuterkindertjies teister ons ook al vir maande, tydig en ontydig, met die geraas van hul vuvuzelas.

Nietemin moet ek bieg: ek hou van vuvuzelas. Ek besit selfs een. Ek het ‘n miniatuur-vuvuzela gratis by ‘n vulstasie gekry toe ek ‘n bottel Coca-Cola gekoop het. Ek sal nog eendag ‘n nut vir die ding bedink. Kan mens hom moontlik gebruik as jou motor se brandstof opraak, of om vloeistof van een houer na ‘n ander oor te tap?

Nee, ek hou nie van die eentonige geraas wat dié ding veroorsaak nie. Ek hou eerder van die onbedoelde metafoor wat dit verteenwoordig. Niemand kan ‘n vuvuzela daarvan beskuldig dat dit kompleks, gesofistikeerd of ‘n gevorderde stuk tegnologie is nie. ‘n Vuvuzela is ‘n eenvoudige ding, ‘n trompetvormige stuk plastiek wat net een noot kan voortbring. Daar is geen bewegende dele nie. Hoe toepaslik vir ‘n kontinent wat nooit die geskrewe woord, die wiel of ‘n skarnier kan bedink nie. Om ‘n vuvuzela ‘n uitvindsel te noem, is kennelik ook om die waarheid so ‘n effe te rek. Dit is in wese ‘n plastiekweergawe van ‘n bok se horing, iets wat kwalik gekategoriseer kan word as ‘n tegnologiese deurbraak.

Op soortgelyke wyse is baie van dié kontinent se bewoners ook eenvoudige siele, veral diegene wat dink dis pret om ‘n vuvuzela te blaas. Daar is spanne wat in die Sokkerwêreldbeker speel wie se lande van herkoms Bach, Beethoven, Vivaldi en Puccini kon voortbring. Puccini se Nessum Dorma was byvoorbeeld ‘n vorige Wêreldbeker se temalied. Afrika se musikale bydrae tot sokker? Die vuvuzela met sy hele een noot. Weer eens: hoe toepaslik.

So ook kan jy seker wees dat, as ‘n lid van die onwelriekende ANC-regime sy mond oopmaak om voete te verwissel, daar slegs een gedagte tussen al die geraas is: “Gee, gee, gee, want anders is julle rassiste.” Enige uitlating deur Juliaas kan net sowel vervang word deur die geskal van ‘n vuvuzela, want die gedagte-inhoud van ‘n vuvuzelanoot en ‘n ganse toespraak van Malema is presies dieselfde.

Ek hoop dus hulle blaas daardie vuvuzelas kliphard telkens as hulle die eentonige tweeslag sogenaamde volkslied (in werklikheid ‘n afgesaagde kinderkransliedjie), Kosie Sukkel Vreeslik In Afrika speel. Die vuvuzela is die perfekte begeleiding vir Kosie Sukkel, om nie te praat van ‘n perfekte metafoor vir die Nuwe Suid-Afrika nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: