praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard Kommerwekkende steun vir misdaad

Kommerwekkende steun vir misdaad

E-pos Afdruk PDF
Vir die afgelope paar dae word daar berig dat daar heelwat steun buite die hof vir die twee verdagtes in die Eugene Terreblanche-moordverhoor is. Ek moet bieg dat ek as Westerling die konsep van steun vir misdadigers wat `n wrede aanval gepleeg het, totaal vreemd vind. Het die Griekse gemeenskap opgeruk na die hof toe Dimitri Tsafendas, wat `n ander politieke figuur vermoor het, verhoor is en hom ondersteun? Sou daar groot openbare steun vir Lee Harvey Oswald gewees het?

Ek sal wel toegee dat dit moontlik is dat daar nuuskierigheid by die publiek kan bestaan oor `n makabere misdaad, maar volgens berigte is hierdie nie net nuuskierigheid nie, maar openlike steun vir die verdagtes. Dit dui daarop dat die mense wat buite die hof bymekaarkom nie bloot nuuskierig is nie, maar aktief twee vermeende geweldenaars se kant kies.

Ek sou eweneens toegee dat Eugene Terre'Blanche `n omstrede en selfs gehate figuur was. My Westerse perspektief sê egter vir my dat ek dit steeds nie sou goedkeur as `n blanke vir Jimmy Manyi of Julius Malema met `n pyp doodslaan en dan nadoods hul broeke aftrek nie. My persoonlike minagting vir en afkeer aan Manyi en Malema beteken nie dat ek hul moord gevolglik as `n heldedaad sou beskou nie.

Bostaande is egter slegs my perspektief as `n Westerling, en getuig blykbaar van my gebrek aan verstaan van die Afrikapsige. Die ondersteuners van die twee verdagtes in Ventersdorp is almal Afrikane. Dit lyk vir my asof swart rassesolidariteit álles troef. Dis skynbaar vir die ondersteuners buite die hof aanvaarbaar dat iemand op `n wreedaardige manier in sy huis aangeval word terwyl hy slaap, mits hy wit is en sy aanvallers swart. Bostaande is uiteraard ook net nog `n nekslag vir die illusie en mite van `n sogenaamde reënboognasie.

Wat selfs groter kommer wek, is dat dit vir my voorkom asof ek as Westerling en die Afrikaan die konsep van reg en verkeerd en moraliteit totaal en al verskillend verstaan. Ek sal aan al die ondersteuners buite die hof die voordeel van die twyfel gee en sê dat hulle waarskynlik die doodgewone man op straat verteenwoordig, en nie self misdadigers is nie. Nietemin verskil my ingesteldheid teenoor misdaad en hulle s'n totaal. As jy iemand wat `n wrede moord gepleeg het ondersteun, is dit duidelik dat jy nie sy daad as verkeerd beskou nie.

Hoe kan Suid-Afrika se misdaadprobleem ooit in der ewigheid opgelos word as `n beduidende deel van die 80% meerderheid in die land klaarblyklik dink dat misdaad aanvaarbaar is, solank die misdadiger swart en sy slagoffer wit?

blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: