praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard Helen die Hoogheilige

Helen die Hoogheilige

E-pos Afdruk PDF
Helen Zille

Kyk, ‘n politikus, maak nie saak van welke party nie, is nou maar eenmaal ‘n skynheilige kreatuur. Hulle het een stel beginsels vir hulself, en heeltemal ‘n ander stel waar dit by hul opponente kom. Helen-die-Hoogheilige Zille is geen uitsondering nie.

Antie Helen is al lankal op ‘n kruistog oor ons vreeslose (en kondoomlose) leier se seksuele gewoontes. Sy kla lankal oor Jacob Zuma wat glo sy vrouens aan vigs blootstel. Toe die nuutste skandes oor Irvin Khoza se dogter op die lappe gekom het, was antie Helen voor in die koor van diegene wat hom gekasty het vir wat sy as Zuma se onverantwoordelike gedrag bestempel het. Dit is hier te kort en daar te lank; Zuma is ‘n openbare figuur en sy privaatlewe is wel iets waarvan die publiek hoort kennis te dra, aldus me Zille.

Slim vang egter toe sy baas, toe Helen se eie trawant, Lennit Max, gevang word daarmee dat hy glo verskeie katte in die donker geknyp het. Nou is dit glo niemand se besigheid nie. Ek haal die ge-Botoxde een aan: “An extra-marital affair between consenting adults in private is not a matter that can be regulated by a political party, the state or the media.” Dus: as een van haar eie, Lennit Max, buite-egtelike verhoudings aanknoop, is dit glo privaatsake, maar as Zuma so maak, dan skeur antie Helen haar klere en strooi as op haar hoof.

Ek weet nie waarom sy so op die verdediging is nie. Die DA sien homself hoeka as ‘n multi-kulti party. Is Lennit Max en Zuma se optrede nie juis in pas met die meerderheid van die land se kultuur nie? As Helen bloot die moeite sou doen om haar bediende of tuinier uit te vra oor hoeveel kinders hulle het en wil hê, sou sy tot ander insigte gekom het. As Helen nou slim was, sou sy padgegee het en plek gemaak het vir Lennit Max as leier, want hy is immers ‘n uitstekende voorbeeld van die einste multikulturele waardestelsel waaroor die DA so hoog opgee.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: