praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 17. May 2012

Bygewerk op:04:37:53 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard Ockham se skeermes en die geval Sandra Laing

Ockham se skeermes en die geval Sandra Laing

E-pos Afdruk PDF

Sandra Laing is ‘n vrou wat in 1955 op die dorp Piet Retief gebore is, en die onderwerp van die rolprent Skin. Beide haar ouers was glo blankes gewees, maar me Laing is op die oog af nie ‘n blanke nie. Sy lyk na ‘n swart of gekleurde dame en het ook later van tyd met ‘n swart man getrou. As gevolg hiervan het sy ‘n uitgeworpene geword in die ou Suid-Afrika, en is sy byvoorbeeld uit die kosskool geskors. Skin is terloops waarskynlik 90 minute se moeisame en ongebreidelde anti-apartheidspropaganda, waarvoor hulle in die teater Valoid ipv springmielies sal moet verkoop. Ek weet nie of Bill Gates genoeg geld het om my te betaal om in ‘n teater te moet gaan sit om dit te verduur nie.

Me Laing se voorkoms kan glo toegeskryf word aan ‘n baie seldsame verskynsel, waarvolgens daar moontlik iewers in haar voorgeslagte ‘n swart voorouer was, en wie se gene gelei het tot haar voorkoms. Dis seker ‘n moontlikheid, maar ek wonder of Ockham se Skeermes, ook bekend as die “keep it simple, stupid”-beginsel nie hier van toepassing kan wees nie. Alhoewel die meeste Afrikaners weliswaar iets soos 7% gene van nie-Europese afkoms het, wonder ek of ‘n eenvoudiger verklaring nie kan wees dat mevrou Laing senior, haar ma, nie oor die tou getrap het met iemand van ‘n ander bevolkingsgroep nie. Natuurlik sou mevrou Laing senior, gegewe die destydse wetgewing, dit ten sterkste ontken.

Alhoewel daar vaderskapstoetse op meneer Laing, haar vermeende pa, gedoen is, was dit in die dae voor DNS-toetse. Al wat die toets kon sê, was dat hy nie uitgesluit kon word as haar pa nie. Daar was nie sprake van die een-in-’n-miljard akkuraatheid van moderne DNS-toetse nie. Sover my kennis strek, is daar nooit ‘n DNS-toets op haar en haar pa gedoen toe DNS-toetse eers wyd beskikbaar geword het nie. Meneer Laing senior en sy vermeende dogter het ook kontak verbreek. Wat eweneens interessant is, is dat meneer Laing glad gedreig het om Sandra om die lewe te bring, as sy met hom kontak sou maak. Het hy miskien vermoed alles is nie pluis nie?

Alhoewel ek geen bewyse hiervoor het nie, vertel my kennis van die menslike natuur en menslike swakheid my dat die moontlikheid bestaan dat Sandra Laing se geval miskien nie heeltemal die apartheidsmelodrama is wat aan ons voorgehou word nie. Daar is myns insiens wel ‘n moontlikheid dat dit eerder ‘n verhaal van ontug oor rasgrense heen kan wees, met die gevolglike verwerping wat in baie samelewings, en nie net die ou Suid-Afrika nie, daarmee gepaard sou gegaan het. Dis heel moontlik dat Henry Jeffreys in Beeld, soos mens nou maar gewoond geraak het, die kat weer eens aan die stert beet het in sy tranerige gekerm oor hoe lelik iemand glo met me Laing was.

Lees ook Anton Barnard se daaglikse rubrieke en kommentaar op sy woernaal, SAmizdat.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: