In die lig van die stelselmatige verdomming van Suid-Afrika se skoolstelsel sedert 1994, en 2009 se matriekuitslae wat twee persent swakker is as die vorige jaar s’n, ten spyte van standaarde wat jaar na jaar verlaag word, soek almal weer naarstigtelik na sondebokke. Ek weier om die totale bog en snert van die blaam op die sogenaamde agterstand agv apartheid eens te bespreek, omdat selfs nie eens meer die mees gestremde ANC-kader sy eie propaganda hieroor ernstig opneem nie.
Ander gunstelingsondebokke vir Azanië se patetiese onderwysstelsel, buiten die mites oor apartheid, sluit in die sogenaamde moeilike omstandighede in veral plattelandse skole. Ek wonder egter hoe Duitse skole in 1945 gelyk het? 98% van Stuttgart was in 1945 in puin. Slegs twee uit elke honderd geboue was dus staande. Die meeste skole was sekerlik deur die geallieerdes se bomme platgevee. Nietemin was Wes-Duitsland sestien jaar later, in 1961, goed op pad om weer eens die magtigste ekonomie in Europa te word. Die haglike omstandighede ná die oorlog en het Duitse kinders en studente klaarblyklik nie juis benadeel nie, of verhinder om ‘n suksesvolle land uit die puin te bou nie. Daar is absoluut geen vergelyking tussen die verwoesting van Duitsland in 1945 en Suid-Afrika in 1994 nie, maar waarom boer die Azaniërs agteruit, sestien jaar later? Dit lyk dus of dit nie gaan oor die fisiese infrastruktuur nie, maar veel eerder oor die leerlinge se ingesteldheid. Nog ‘n mite oor Azaniese onderwys byt gevolglik in die stof.
So ook word die Azaniese onderwysowerhede se onbekwaamheid blameer. Daar is ‘n element van waarheid hierin, maar dis egter nie die alleenoorsaak nie. Soos met alles anders wat deur die ANC regime se beheptheid met rassistiese transformasie besmet word, is die Departement van Onderwys ook ‘n rampgebied, wat juis agv rassistiese transformasie van enige bestuursvermoëns ontneem is. Die probleem is egter dat die owerhede se rol relatief beperk is. As onderwysers se salarisse betaal word, skole skryfbehoeftes het en die kurrikulum daargestel is, is dit oor aan die onderwysers, ouers en leerlinge self om ‘n sukses daarvan te maak.
Dis presies hier waar die geneukery kom.
Enige iemand wat al ooit in ‘n bestuurs- of leiersposisie was, sal kan getuig dat dit baie moeilik is om mense te motiveer wat nie vanself gemotiveer is nie. Om mense te motiveer is miskien die grootste uitdaging van die bestuurswetenskappe. Al het elke Azaniese skolier dus in ‘n paleis gewoon, al was die Onderwysdepartement 100% doeltreffend, al was al die boeke betyds by skole, al word elke onderwyser se salaris presies akkuraat en betyds oorbetaal, gaan als puur verniet wees as die leerlinge en onderwysers nie gemotiveerd is om te presteer nie.
Motivering en die wil om jouself te verbeter, laat homself nie stuit deur omstandighede nie. Duitse krygsgevangenes wat in eweneens moeilike omstandighede aangehou is in kampe vir krygsgevangenes tydens die Tweede Wêreldoorlog, het groot moeite gedoen om hulself op te voed. Duitse krygsgevangenes in die VSA, maar ook in ander kampe soos in Noord-Afrika, kon Spaans, Duitse literatuur, chemie en ‘n hele reeks ander vakke bestudeer, met medegevangenes as dosente.
Snaaks dat dieselfde ywer en leergierigheid nie op Robbeneiland bestaan het nie. Of is dit so vreemd? Het dit nie veel eerder te make met die Afrikakultuur van die soeke na eksterne faktore om te blameer nie? “Ons kan nie matriekwiskunde deurkom nie agv apartheid / die Departement / huislike omstandighede.” Dis immers baie makliker om die bose witman of kolonialisme te blameer as om jouself op te hef. Of die gemiddelde ANC-kader op Robbeneiland, of die gemiddelde SEB-bevoordeelde ouers se kinders, die intellektuele kapasiteit gehad het om wiskunde te slaag, is ‘n kwessie vir ‘n ander dag se spekulasie.
Azaniese onderwysers se gebrek aan motivering is duidelik vir almal. As hulle eens die moeite doen om by die skool op te daag, is baie van hulle besope, of probeer manlike onderwysers skooldogters seksueel misbruik. Andersins neem hulle aan vakbondvergaderings deel en beplan die volgende staking om aan te dring op meer besoldiging vir minder insette. Die uitsondering hierop is natuurlik die toegewyde onderwysers wat mens in veral Afrikaanse skole aantref, maar hierdie soort onderwyser is ‘n spesie wat bedreig word deur rassistiese transformasie. Azaniese ouers gee dikwels nie ‘n flenter om of hulle veelvuldige spruite eens in die skool is nie. Weet president Zuma of al sy kinders die skool bywoon?
Kontrasteer bogenoemde afwesigheid van motivering met die Oosterling se ingesteldheid tot opvoeding. Só gemotiveerd is Koreaanse matrikulante dat baie van hulle eers ná middernag tuis kom, omdat hulle ekstra klasse bywoon. Die resultaat van dié vlakke van motivering is dat Amerikaanse universiteite kwota’s moes instel teen Asiate, omdat daar veels te veel Oosterlinge in die VSA is wat uitstekend presteer op wiskundige gebied, selfs beter as blanke Amerikaners. Die wil van Oosterse ouers en skoliere om hulself op te voed is ook die rede waarom lande in die Ooste in 1940 net so arm was soos Afrikalande was, maar teen 1970 Afrikalande ver uitgestof het. Die meeste Oosterse lande, selfs dele van China, was ook eens kolonies, wat eweneens bewys waarom kolonialisme nie te blameer is nie.
Die ANC-regime en sogenaamde kundiges soos Jonathan Jansen en die ANC-lid, kameraad Graeme Bloch, kan dus tot vervelens toe kopkrap oor die endemiese krisis in die Azaniese onderwysstelsel. Hulle kan studies loods, UGO skrap, die korruptes by die Departement van Onderwys afdank, maar dis alles puur verniet. Daar is jaarliks sowat 400,000 swart matrikulante. Onder hulle is die slaagsyfer waarskynlik onder die 50%. As jy 400,000 arm Chinese in dieselfde omstandighede maak skoolgaan, waarborg ek dat die matriekslaagsyfer bykans 100% sal wees.
Jy kan ‘n perd tot by die water bring, maar jy kan hom nie matriekwiskunde maak slaag as hy nie die motivering of aanleg daarvoor het nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Transformasie of motivering?




