Tony Yengeni is in 2004 skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis agv magsmisbruik. Hy het sy posisie misbruik en op korrupte wyse 'n onregverdige afslag op 'n luukse viertrekvoertuig bekom. In die vreemde Nuwe Suid-Afrika was 'n kleinerige minderheid, stellig iewers tussen 10% en 20% van die bevolking, destyds gewalg deur die onverkwiklike spektakel van Tony Yengeni wat na die tronk as 'n held begelei is. Die meerderheid van die bevolking het egter aanhou stem vir sy party, en was klaarblyklik nie juis ontstig deur die verering van die anti-held nie. Die minderheid wat wel deur die heldeverering vir 'n misdadiger afgestoot is, het hulself kennelik moreel meerderwaardig gevoel. Die Demokratiese Alliansie was voor in die koor van diegene wat Yengeni se begeleiding veroordeel het.
Net jammer die DA het geen morele lessies aan ander te leer nie.
Voorts herinner die flou pogings tot verontskuldiging van die DA sterk aan die spektakel rondom Yengeni, waartydens die ANC hom steeds as 'n held voorgehou het. Die DA probeer tans desperaat om te skerm vir Odendaal en sy trawante, deur te beweer dat die Openbare Beskermer geen korrupsie bemerk het nie. Die vervolging van korruptes is egter die plig van die Departement van Justisie, nie van die Openbare Beskermer nie, en dit is nie net moontlik nie, maar inderdaad waarskynlik, dat veral Odendaal, maar ook ander DA-kaders, hulself eersdaags in 'n hof kan bevind, indien nie agter tralies nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|
Die DA se eie Yengeni-skandaal




