praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: Anton Barnard

Rubrieke van Anton Barnard

Kan Afrikaners baat by Zuma-bewind?

E-pos Afdruk PDF

Dit is moeilik vir my as Afrikaner, synde die teiken van en aan die ontvangkant van baie van die ANC se veldtogte van etniese reiniging; oa regstellende aksie, die Hoërskool Ermelo en dies meer, om die volgende te skryf: Ek koester simpatie vir president Zuma. Dít skryf ek, ten spyte daarvan dat ek vantevore al dikwels teen hom as individu, asook sy party, te velde getrek het.

Nie net is mnr Zuma op die oog af ‘n heel aangename, gemoedelike en vriendelike persoon nie, nie net het hy dr Mulder genooi om deel van sy kabinet te wees nie, en nie net het hy saam met Dan en Steve sosiaal verkeer nie, maar ook is hy getrou aan sy trotse volk, die Zoeloes, se tradisies. Daarom vind ek die bykans-histeriese veroordeling van mnr Zuma vanuit die Engelse pers vreemd. Ek vind dit byvoorbeeld uiters skynheilig om Zuma se veelwywery te veroordeel, veral as diegene wat dit veroordeel, bande het met ‘n agterlike moddereiland, waarop die huidige kroonprins vir sy buite-egtelike minnares en bywyf oor die foon gesê het dat hy wens hy was haar tampon. Jy kan kwalik ‘n veelwywer wil verkwalik vir sy gewoontes, as jy self afstam van of lojaal is aan  ‘n koningshuis wat berug is vir sy teregstelling van sy eggenote, en vir wie skelmpies en buite-egtelike liaisons alledaags is.

My simpatie met Zuma word eweneens bykans elke dag versterk wanneer ek in die Engelse en Broederpers die rubrieke, berigte en meningsstukke lees, wat te velde trek teen Zuma se hortende voorlesery van sy toespraak op die 100-jarige vierings van die ANC se bestaan in die Rosestad. So ook vind ek die intellektuele snobisme van die Soutsakke teenoor Zuma afstootlik. Ja – hy het slegs ‘n St 2-kwalifikasie. Daar is egter verwardes met doktorsgrade  op Stalinbos wat duidelik erg sukkel om helder te dink, en sal baat by ‘n paar goedgeplaaste klappe, of wat seg ek als, Abel Malan? Waarom blote akademiese kwalifikasies so hoog ag, as die besitters daarvan dikwels sulke volslae morone is?

Zuma is immers niks indien nie ‘n ras- en stamegte Zoeloe nie. Natuurlik sukkel hy met die taal van die ware onderdrukker, indien nie die Antichris nie, naamlik Engels! Wat verwag die Jingo-redakteurs? Ek nooi die redakteurs van onder andere Business Day, wat Zuma so veroordeel, om voor ‘n volgepakte stadion in ‘n inheemse taal wat nie hul moedertaal is nie, sê maar Afrikaans of Zoeloe, ‘n politieke toespraak te lewer.

Die eintlike vraag in hierdie verband is: Waarom haat en vrees die Jingo’s en versugters na die moddereiland Zuma so? Ek meen persoonlik dit is omdat hulle Zuma se ware magsbasis vrees, en laasgenoemde is sy etniese, Zoeloe-identiteit.  Want sien; die paleisrevolusie van 2008 in Pietersburg was niks minder as ‘n etnies-gebaseerde staatsgreep nie, goddank sonder die tipiese Hutu/Tutsi-agtige bloedvergieting. Die Xhosa, Mbeki; die Engelse marionet, is ontset deur die Zoeloes, vergestalt deur die “100% Zulu boy”, soos die T-hemde gelui het, Zuma. Mbeki was die laaste Engelse leier van die ANC, al was hy op die oog af kwansuis ‘n Xhosa; Mbeki verteenwoordig die laaste stuiptrekkings van die manipulasie van mag deur die Engelse Boerehaters en Joodse kommuniste wat sy oorsprong in die 1960’s en selfs vroeër had.

In die 1960’s is die uiters-middelmatige Mandela; daardie heilige-vir-sommige middelmatigheid; hy wie se grootste sogenaamde intellektuele prestasie die lagwekkende traktaatjie  “How to be a good Communist” was, iemand wat deur ‘n kombinasie van moddereilandbewonderaars en Joodse kommuniste as die ware leier van die ANC voorgehou is, omdat die Joodse kommuniste Zoeloe-oorheersing binne die ANC gevrees het. Een van Mandela se voorgangers, Albert Luthuli, was byvoorbeeld immers ‘n Zoeloeleier van die ANC. Uit hoofde van blote getalle was Zoeloe-heerskappy oor die ANC bykans ‘n gegewe, en was die kunsmatige en gedwonge vooropstelling van die Xhosa-afgodjie Mandela beide onlogies en ondemokraties.

Die Engelse en Joods/kommunistiese magte agter die ANC; die Engelse sendingskole in die Ooskaap, onder andere, wou egter eerder plooibare, Engels-opgevoede Xhosas aan die stuur van Suid-Afrika se mineralerykdom sien, as wat hulle onvoorspelbare, stamlojale leiers wou sien wat nie noodwendig Whitehall se belange wou dien nie – Zuma, met ander woorde. Mbeki kon dus sy volksmoord pleeg  agv sy vigsontkennery – wat is 300,000 dooie swartes immers vir Downingstraat 10? – maar ten minste het hy Whitehall se deuntjie gesing, en het hy homself minstens as ‘n swart Soutsak beskou.

Die nuutste en mees klinkklare bewys van die ondermynende rol wat Engelse belange speel in die Suid-Afrikaanse politiek, vind mens in die sentrale regering se ingrypery in Limpopo. Malema, aangevuur deur sy marionetmeesters (die Engelse rampokker en mynmagnaat, wyle Brett Kebble, was byvoorbeeld ‘n groot ondersteuner van die ANCYL)  het die gesag van die ANC openlik uitgedaag. Die Noord-Transvaal was Malema en sy trawante se persoonlike spaarbussie. Zuma het sy Einsatzgruppe, olv Pravin Gordhan, ingestuur om die geplunder van die Pedi’s, Noord-Sotho’s en Tswanas in Limpopo aan bande te lê, maar belangriker, om laasgenoemde etniese groepe te verhoed om die Zoeloes se gesag openlik uit te daag.

Die reaksie van die Engelse pers oor bostaande optrede was interessant: Hulle teem geweldig oor korrupsie, maar toe die Zoeloemag op Pietersburg neerdaal om die Malema-plunderaars in die bek te ruk, kla hulle dat ander provinsies ook met soortgelyke misbruike wegkom.

Daar lê ‘n interessante tyd in die Suid-Afrikaanse politiek voor. Etnisiteit is weer eens die pasaangeër. Die Zoeloemeerderheid het die hef in die hand. Die Engelse en hul Xhosa-marionette se mag taan. Selfs die ekstreemlinkse, kommunisbewonderende Rooi Helen het gesien hoe die wind waai. Identeitspolitiek is aan die orde van die dag, selfs binne die DA. Die groot vraag is: Hoe gaan Afrikaners munt slaan uit die hernude fokus op etnisiteit en identiteitspolitiek?

Die vlieë sak op UJ toe

E-pos Afdruk PDF
Soos menige voormalige en huidige student kan getuig, is selfdissipline, en nie noodwendig slegs intelligensie nie, dié belangrikste suksesfaktor vir akademiese sukses. As jy jouself nie kan dissiplineer om konstant te werk nie; as jy laat slaplê, as jy eerder gaan fliek of by sokkies uithang, veral op universiteit, is die kanse uitstekend dat jy nie eens jou eerste semester gaan oorleef nie.

So ook vereis akademiese sukses 'n hoë mate van frustrasietoleransie en 'n helder visie van die toekoms. Jy moet jou dus nie blindstaar teen die huidige nie. Semestertoetse, praktiese sessies, opdragte en eksamens is tydelike, verbygaande vermoeienisse en struikelblokke. Staar jy jou blind teen die hoop werk wat in jou vierjaarkursus voorlê, en hou jy nie jou oog op die langtermyndoelwit (jou graad) nie, gaan jy eweneens nie sommer die mas opkom nie. Jy gaan ontmoedig raak en waarskynlik ook sommer gou besluit om op te skop.

Bostaande is die eerste gedagte wat by my opgekom het gister toe ek verneem het van die stormloop by die Universiteit van Johannesburg, waartydens een persoon dood is en nog 22 beseer is. Politieke partye soos die DA het vinnig vingers gewys na die ANC se mislukte onderwysstelsel, maar het in die proses die belangrikste sondebokke, die voornemende studente self, se aandeel geïgnoreer.

Diegene wat aan die stormloop deelgeneem het, kan kwalik 'n gebrek aan opvoeding vir hul barbaarse optrede blameer. Slegs 'n klein fraksie van diegene wat met skoolopleiding begin, verkry immers uiteindelik universiteitsvrystelling. Diegene wat buite UJ se hek saamgedrom het, was dus in Suid-Afrikaanse terme die room van die oes, die leiers van môre, die elite.

Kom ek begin dus by toekomsvisie, of eerder diegene wat aan die stormloop deelgeneem het, se gebrek daaraan. Aansoeke om akademiese toelating sluit gewoonlik rondom die middel van die vorige jaar, en toelating word dikwels gebaseer op Graad 11-punte. Waarom dan wag tot op die nippertjie om aansoek te doen? Hoort diegene wat klaarblyklik oor geen toekomsvisie beskik nie, hoegenaamd op universiteit?

Oor die volslae gebrek aan selfdissipline wat gister uitgestal is, hoef ek nie veel te sê nie. William Golding se boek, The Lord of the Flies, behoort verpligte leesstof te wees vir almal wat nog nie van hulle linksheid of liberalisme genees is nie. Dit handel oor 'n groep skoolseuns wat gestrand word op 'n eiland, en dié groep se vinnige regressie na 'n primitiewe, pre-beskaafde toestand. Hier in Afrika vat dit egter nie eens 'n skeepswrak vir die dun vernis van beskawing om te verdwyn nie. Dit kos bloot 'n bietjie selftoegediende frustrasie buitekant 'n universiteitskampus vir die pre-beskaafdheid om na vore te kom.

As ons nie kry wat ons wil hê nie, gooi ons dus klippe, brand ons treine af of bestorm die universiteit en trap in die proses mense dood. As jy jouself so maklik oorgee aan die mentaliteit trop, as jy geen selfbeheersing het nie, hoe gaan jy ooit die mas akademies opkom? Goed, ek weet, dis 'n retoriese vraag. Kyk maar gerus hoe vinnig breek onsluste op universiteitskampusse uit. Verduidelik hierdie volslae gebrek aan selfdissipline eweneens die feit dat Suid-Afrika die wêreldkampioen is waar dit by vigsbesmetting kom?

Die tropdieragtige optrede van diegene wat die stormloop veroorsaak het, diegene wat veronderstel is om die intellektuele klas te verteenwoordig; hul gebrek aan selfdissipline, asook hul gebrek aan enige toekomsvisie, toon duidelik waarom Suid-Afrika gedoem is.

Laas Opdateer op Woensdag, 11 Januarie 2012 08:53

'Dankie Kuba'

E-pos Afdruk PDF
Ek het onlags oppad terug van die see af deur Bloemfontein gery. Bloemfontein is 'n gawe plek, 'n stad waar almal, selfs die Chinese, Afrikaans magtig is en nie skaam is daaroor nie. Die stad Bloemfontein, sowel as die belastingbetaler, is helaas eersdaags die slagoffer van die ANC se 100-jarige feesvierings. Die Rosestad verwag 'n toeloop, indien nie 'n kontaminasie nie, van honderde duisende ANC-kaders om hul terreur- en plunderbeweging se 100-jarige bestaan te vier.

Drankwinkels, veral die verkopers van Johnny Walker Blue Label en soortgelyke duur sopies, verwag ongetwyfeld rekordverkope. So ook die Rosestad se prostitute. Die vigsvirus gaan sekerlik ook 'n rekordverspreidingskoers toon. Gewone, wetsgehoorsame burgers van die Rosestad sidder sekerlik aan die gedagte dat hul stad gasheer moet speel vir hierdie tipe gespuis, en 'n ongekende misdaadepidemie is stellig Bloemfontein se voorland, siende hoe selfs die mees senior ANC-lede, oa die Travelgate-kriminele, se misdadigheid welbekend en inderdaad skynbaar 'n vereiste vir 'n senior pos binne die ANC is.

Wat hulle presies gaan vier, is nie heeltemal duidelik vir my nie. Die land word immers deur die grootskeepse onbevoegdheid van die ANC teen 'n voortsnellende tempo die dieptes van ellende en die tipiese Afrika-verval ingesleep. Miskien is daar wel tog een ding waaroor hulle kan feesvier, en dit is die vloekskoot van 1994. In die ganse 100 jaar van sy bestaan het hierdie gawe versameling terreursaaiers, misdadigers en diverse ander skuim een en slegs een prestasie behaal: Met die hulp van die Oosblok en veral linkse Engelssprekendes, het die swaksinnige NP-kapituleerders by Kodesa die rykste en mees suksesvolle land byna by verstek aan die ANC oorhandig; 'n ramp wat slegs in omvang deur Napoleon se besluit om Rusland in die winter binne te val en ander, soortgelyke kranksinnige besluite, geëwenaar kan word.

Dit was vir my as belastingbetalers egter veral 'n riem onder die hart om die ANC se dankiesêplakkate wat Zastronrylaan (wat kennelik tans na 'n ou terroris vernoem is in terme van die ANC se veldtog om vergeefs sy diepgesetelde minderwaardigheidsgevoelens te probeer besweer) ontsier, gade te slaan. Daar is verskeie van hierdie plakkate wat dankie sê aan illustere ANC-bondgenote. Een lees: "Thank you, Zimbabwe" en nog een: "Thank you, Cuba."

Tja. Aan jou vriende sal jy inderdaad geken word; die ANC se plakkate is 'n lys van meeste van die wêreld se muishondbewinde. Mug-aap en die huidige Kubaanse diktator sal sekerlik ook op jou en my as belastingbetalers se rekenings in Bloemfontein as eregaste getrakteer word, ongetwyfeld in luukse omstandighede wat 'n wêreld verwyder is van hul eie onderdane se haglike sukkelbestaan.

Waarom skitter 'n plakkaat wat lui "Thank you Libya" in sy afwesigheid, moet mens jou terloops afvra? Vrees die ANC heimlik dat 'n Navomissiel of 'n teregstelling langs 'n stofpad ook hulle eie voorland kan wees? As Kim Jong-Il nie onlangs gesterf het nie, sou laasgenoemde ook sekerlik 'n eregas vir een van die aarde se laaste hardekwas Stalinistiese partye en sy afstootlike bestaansvieringe gewees het.

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL