praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Sunday, 05. February 2012

Bygewerk op:05:27:19 AM GMT

Jy is hier: André Alkema

Rubrieke van André Alkema

Onderwys: Die laaste loopgraaf vir Afrikaans

E-pos Afdruk PDF
Die onderwys en landbou in Suid-Afrika is onder beleg weens die ANC se beleid van sogenaamde grondhervorming en transformasie.

Dit was die boodskap wat tydens 'n konferensie vroeër vanjaar aan mnr Gwede Mantashe, Sekretaris generaal van die ANC oorgedra is deur 'n aantal Afrikanerleiers. Hierdie byeenkoms was in opvolging van 'n soortgelyke een wat in 2008 plaasgevind het, in aanloop tot die verkiesing van mnr Jacob Zuma as president van die land.

Die feit is dat 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is. Met ander woorde: Daar gaan net mooi niks aan in 75% van die land se skole nie!

Tydens 'n onlangse byeenkoms in Soweto waar die onderwys onder die vergrootglas gekom het, is dit bekend gemaak dat in hierdie disfunksionele skole, onderwysers dronk by die skool opdaag. Of laat. Of skoolkinders word in skooltyd gestuur om drank te gaan koop vir die onderwysers. Ook het onderwysers in dié skole seksuele verhoudings met skoolkinders.

Elders was daar gerapporteer dat 17 000 skooldogters verlede jaar, net in Natal, swanger geraak het! Vroeër vanjaar het ons kennis geneem van 'n swart skooldogter wat selfmoord gepleeg het omdat sy gedruip het. Sy het geweier om seks met die skoolhoof te hê en dié het haar toe laat druip! Volgens haar onderwysers was sy een van die meer "skrander" leerlinge....

Afrikaners moet besef dat hierdie toestand nie binnekort gaan verbeter nie.

Die onderwyskenner, Graeme Bloch, skryf in sy boek The Toxic Mix dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het, en dat dit 30 jaar sal neem om te herstel, op dié voorwaarde dat die regte persone nou aangestel word. Destyds, toe die boek op die rakke verskyn het, was Naledi Pandor die minister van onderwys. Intussen het ons twee ministers vir onderwys gekry: Angie Motshegka vir basiese onderwys (skole) en die kommunis Blade Nzimandi vir hoër onderwys.

Blade het onlangs 'n skerp verklaring uitgereik. Hy het gesê dat studente op universiteit sal in die toekoms verplig word om ook naas hulle ander vakke, 'n Afrika taal aan te leer. Talle vrae ontstaan: Word Afrikaans ook as 'n Afrikataal beskou? en Is dit nie beter om op skoolvlak reeds 'n Afrikataal aan te leer nie?

Angie weer, is bekend vir die 14 skole in Soweto alleen wat in haar tyd as minister van onderwys in Gauteng gesluit is. Dit was in 2005 deur Alet Rademeyer in 'n dagblad ontbloot. Dui Angie se optrede op bevoegdheid? Ek laat dit vir die leser om te besluit.

Die ander rede waarom die toestand in Suid-Afrika se skole nie gou aansienlik gaan verbeter nie, is oor die drakoniese invloed van die Swart onderwysvakbonde soos Sadou. Sadou is lid van Cosatu wat 'n alliansie vennoot is van die regering. Zuma weet, dat indien hy 'n volgende termyn as staatspresident verkies wil word, hy nie met onderwysers en vakbonde moet sukkel nie.

As 75% van die skole in Suid-Afrika disfunksioneel is, wat is die waarde en standaard van die matrieksertifikaat wat Umalusi uitreik?

Om 'n matrieksertifikaat te kan verwerf, moet 'n kandidaat uit sewe vakke, minstens 40% in drie vakke kry en 30% in nog drie. En ons het vanjaar gesien hoe die punte van verlede jaar se matrieks dramaties aangepas is. Met tot 30 persentasie punte op 'n gly skaal: die heel swakste kry 30% by hulle eksamenpunt en hoe hoër die kandidaat se punt, hoe minder word bygevoeg.

Die aantal matrieks wat volpunte vir wiskunde gekry het, het die wenkbroue gelig en ook die groot aantal onderskeidings.

En toe word die tersiêre instellings in die begin van die jaar oorstroom met studente wat wou inskryf vir verdere studies. En ons weet dat aansoeke om by 'n tersiêre instelling te studeer, sluit al die vorige jaar. So, daar was talle matrieks wat nie verlede jaar gekwalifiseer het om in te skryf vir verdere studies nie, maar na die matriekuitslae bekend gemaak is, wel!

En nou moet ons tog besef dat hierdie swak leerders 'n invloed het op die standaard van die tersiêre kwalifikasie. Dis ongetwyfeld so. Die geld wat tersiêre inrigtings van die staat ontvang, word ondermeer bepaal deur die aantal studente wat slaag.

Afrikaner Onderwys

Hoe lyk die Afrikaneronderwys en wat is die toekoms vir Afrikaneronderwys?

Ons het die afgelope aantal jare gesien dat openbare skole toenemend verengels het. In Junie 2009 was daar nog net 667 Afrikaans-enkelmediumskole oor teenoor 1 396 in 1993. Minder as die helfte van ons skole het nog suiwer Afrikaans gebly.

Afrikaanse onderwysers in Afrikaanse skole word selfs nou gedwing om hulle verslae in Engels te skryf. Ook hulle voorbereiding moet in Engels gedoen word.

Verder moet ons kennis neem dat onderwys as beroep in die Nuwe Suid-Afrika sy aantreklikheid verloor weens die ongedissiplineerdheid van skoolkinders, swak salarisse en swak vooruitsigte. Al minder Afrikaanse blanke begaafde en intelligente jong studente kies onderwys as 'n beroep. Dit wil sê as hulle 'n beurs kan kry om verder te studeer.

Volgens mnr Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) is die Afrikaanse onderwyser 'n spesie wat kan uitsterf! Jaarliks verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers die beroep terwyl slegs sowat 200 Afrikaanse onderwysers afstudeer.

Afrikaneronderwys stuur op 'n krisis af wat ons volk nadelig sal raak.

Op 8 Junie 2008 berig Rapport dat Naledi Pandor, voormalige minister van onderwys gesê het dat te veel skole te min regstellende aksie doen veral betreffende skole se onderwyserskorps; en dat daar miljoene swart beroepslui is wie se moedertaal Afrikaans is.

Met ander woorde, Naledi wil hê dat die personeelkamer van Afrikaanse skole moet transformeer sodat dit lyk soos die demografie van die land – Swart!. Dis ANC beleid.

En met die uittrede van uiters bekwame onderwyslui in die volgende vyf tot tien jaar. Wat dink u gaan gebeur?

En vriende, u moet aanvaar dat hierdie bedreiging die voorland is nie net van sogenoemde staatskole nie, maar ook van privaatskole soos die BCVO.

Dit is die vyande van die Afrikanervolk se oogmerk om die Afrikaner skaam te maak vir sy verlede, sodat hy sy geskiedenis liewer moet vergeet, identiteitloos word en uiteindelik deel word van die kleurlose massa van die land. Die Afrikaner word in die klaskamer vermoor.

En terwyl ons dankbaar is vir die ongeveer 3500 Afrikanerkinders in CVO-skole wat hierteen gepantser word, is daar tans sowat 480 000 Afrikanerkinders in openbare skole omdat hulle ouers nie van beter weet nie, of nie die geldelike vermoë het nie, of sommer net nie omgee nie.

Wat sê die GHA?

1. Die toekoms van die Afrikaner se onderwys lê nie binne die huidige onderwys bedeling nie. Ons sal ons moet beywer vir 'n onafhanklike onderwys owerheid terwille van die behoud van Afrikaans en die herstel van standaarde. Indien ons wil verseker dat ons kinders en kleinkinders gehalte moedertaal onderrig wil ontvang, moet ons loskom van die Nasionale Onderwys stelsel.

2. Onderwys is nie die plek waar kinders net leer om te lees, te skryf en somme te maak nie. Dit is die plek waar die kind te identiteit vasgelê word: sy taal, sy geskiedenis, sy godsdiens, kultuur en tradisies asook hoë waardes soos dissipline, werkywer, getrouheid en leierskap.

3. Verder het die Afrikaner as volk die reg en verantwoordelikheid om sy eie kinders op te voed en te onderrig. Daardie reg moet ons in die openbaar opeis. Onderwys is 'n eie saak.

4. Die Afrikanervolk en die Afrikaanse taal word in die klaskamers van die ANC vermoor. Ons is nou in die laaste loopgraaf. Indien ons as volk wil bly voortleef in Afrika, sal ons hierdie uitdaging moet aanvaar.

5. Elke ouer en grootouer moet hulle verantwoordelikheid besef. Daarom stel ons vir onsself die mikpunt om 1 000 000 persone werf wat 'n deklarasie onderteken wat hulle daartoe sal verbind om hulle te beywer vir 'n onafhanklike onderwysowerheid. En hierdie DEKLARASIE lees soos volg. Ek, die ondertekenaar, gee hiermee kennis dat ek my sal beywer vir 'n onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid ten einde te verseker dat my kinders en kleinkinders gehalte moedertaalonderrig sal kry. Die Afrikaner as onderskeibare volk en etniese groep in Suid-Afrika het die reg om sy kinders op te voed en te onderrig ten einde sy taal, kultuur, hoë waardes, godsdiens, tradisies en geskiedenis te kan beskerm. Net so min as wat ons inspraak op ander volke se onderwys wil hê, so min wil ons dat ander inspraak op ons onderwys sal hê. Oor die afgelope 17 jaar het ons 'n dure les geleer.

6. Hierdie veldtog sal vir ons die vermoë skep om honderde duisende Afrikaners per vonkpos te bereik en inligting aan hulle oor te dra, sodat ons ons organisasies kan uitbrei en dat ons 'n magsbasis en finansiëlebasis sal hê waarmee die land en die buiteland van kennis sal neem.

7. Afrikaners betaal belasting wat ook gebruik word vir die onderwys. Waarom moet hulle weer betaal vir die onderwys van hulle kinders in privaatskole soos die CVO-skole of tuisonderrig? Wanneer ons ons eie onderwysowerheid het, sal ook die privaatskole se onderwysers se salarisse daaruit befonds word.

8. Die Afrikaner se vryheid loop deur die klaskamer. Die klaskamer van ons kinders en kleinkinders. Ons moet die CVO-skole uitbou tot 'n bastion vir die volk. Terselfdertyd moet ons ons verantwoordelikheid besef teenoor die 480 000 Afrikanerkinders in die openbare skole. Daardie skole moet ook los kom van die nasionale onderwys stelsel.

My oproep aan alle Afrikaners!

Ons in die GHA; in die BCVO, in die Aksie Vrouekrag en in die Verkenners, en ons in die HNP, die AWB, die VF+, die Transvaalse Landbou Unie, Afrikaner Onderwysdirektoraat, Radio Pretoria, en Praag staan voor hierdie uitdaging. Dis tyd om op te staan om getel te word.

Terwille van dit wat ons van ons ouers geërf het en terwille van ons selfrespek, en terwille van Afrikanerkinders wat nog gebore moet word, sal ons almal hierdie uitdaging moet aanvaar. Hierdie is die laaste loopgraaf vir die Afrikaner, en Afrikaans se voortbestaan in Afrika.

Matriekslaagsyfer van 2010 is bekook

E-pos Afdruk PDF
Die matriekslaagsyfer van 2010 is bekook.

In aanloop tot die landwye stadsraadsverkiesing vanjaar, is dit vir die ANC-regering van uiterste belang om 'n sy beeld te poets en is dit hoogs waarskynlik dat die matriekslaagsyfer bekook is.

Met 'n styging van 7 persentasiepunte in die matriekslaagsyfer maak hy baie mense gelukkig. Veral die 2010 matrieks en hulle ouers en natuurlik die swart onderwyser vakbond Sadou met sy meer as 200 000 lede.

Na verlede jaar se uitval tussen die ANC-regering en Sadou oor 'n salaris geskil, sal dit daarom baie onwys wees om die geskil verder te dryf met 'n swak matriekslaagsyfer. En dit is natuurlik in die minister van onderwys se mag om die syfer te bekook deur Umalusi.

Sadou is 'n lid van die vakverbond Cosatu wat op sy beurt 'n alliansie vennoot van die ANC is. Dié vakverbond is letterlik die ANC se organisasie op voetsoolvlak. Sonder die steun van Cosatu (en Sadou) in die stadsraadsverkiesing vanjaar, is die ANC se hande en voete afgekap.

Stadsrade is onbevoeg.

Die regerende party het reeds talle probleme as gevolg van kaders in stadsrade wat weens hulle onvermoë, onbetroubaarheid en laksheid in gebreke bly om dienste te lewer aan hulle kiesers.

Tans word 38 munisipaliteite in Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en die Oos-Kaap ondersoek vir beweerde ongerymdhede. In Suid-Afrika se hoofstad, Pretoria het die Tshwane-munisipaliteit besluit om mnr Kiba Kekana te beloon met 'n goue handdruk van R2,3 miljoen na die beweerde onbehoorlike hantering van dié raad se geldsake en kontrakte.

In die Madibeng-munisipaliteit (Brits/Hartbeespoort) kry die voormalige munisipale bestuurder mnr Philemon Mapulane nog steeds R1,1 miljoen salaris per jaar nadat hy meer as 'n jaar gelede geskors is. En so gaan dit aan.

Mnr Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, het in Desember 2010 onthul dat dit kos R4 miljoen om 1km in die Noord-Kaap te teer terwyl die belastingbetaler in Gauteng R17 miljoen per km opdok!

Die ANC-regering het dus nodig om sy beeld by die kiesers van Suid-Afrika te poets, ook in die lig van die ongemaklikheid tussen die alliansie vennote Cosatu en die SAKP.

Die onmin tussen die swart onderwys vakbond Sadou en die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het duidelik na vore gekom toe Sadou by die aanvang van die 2010 matriekeksamen 'n verklaring uitgereik het waarin hulle gesê het dat "indien die matrieks swak vaar in die eksamens vanjaar" dit nie hulle skuld is nie, maar die regering s'n. Dis natuurlik na aanleiding van die meer as twee weke lange staking vir hoër salarisse verlede jaar wat die onderwys erg ontwrig het bo en behalwe die lang sokker vakansie.

Met dié staking het die onderwysers alle openbare skole ontwrig – selfs die wat nog al die jare 'n nul slaagsyfer het. Daarby het hulle getoon dat hulle nie 'n greintjie respek het vir hulle professie of die toekoms van hulle leerlinge nie en dat hulle 'n salaris eis wat nie ooreenstem met hulle produktiwiteit nie, maar met hulle behoeftes.

Die dag na Sadou se verklaring het Motshekga ook 'n verklaring uitgereik (in antwoord op Sadou s'n) waarin sy gesê het dat mense nie bekommerd moet wees nie aangesien die matrieks goed sou vaar en die slaagsyfer 65% sou wees.

Dit is nie vêr van die 67,8% wat sy verlede week met groot fanfare bekend gemaak het nie.

Is sy heldersiende?

ANC rampokkerbende.

Die antwoord is nee. Want eintlik het ons te doen met 'n rampokkerbende wat die land tans regeer en hulle sal enige iets doen om in die mag te bly.

RW Johnson skryf in sy boek SOUTH AFRICA'S BRAVE NEW WORLD (p562) dat 30% van die tagtig lede van die ANC se nuwe Nasionale Uitvoerende Raad (NUR) wat in 2008 in Pietersburg tydens hulle Polokwane Konferensie verkies is, "... either were or had been in trouble with the law for one reason or another".

Dink maar aan die wapen skandaal waarby talle hooggeplaastes van die ANC betrokke was en wat alles deur die ANC-regering gedoen word om dié skandaal toe te smeer – ook deur ons geagte president mnr Jacob Zuma. Nou ja, almal is innocent till proven guilty.

In 2005 is die sogenaamde Travelgate skandaal onthul toe 'n forensiese verslag 330 Parlementslede (LP's) (uit 'n totaal van 400) geidentifiseer het wat onregmatige voordele ontvang het. Van die DA LPs was net een, mnr Craig Morkel, by die skandaal betrokke.

Destyds het die DA 50 setels gehad, wat beteken dat 329 skuldige individue onder die ander 350 LPs getel het. Feitlik die hele ANC parlement elite – ingesluit talle ministers – was skuldig. Dog was minder as 30 ANC LPs vervolg en die in hooggere stoele kon ooreenkomste sluit om vervolging vry te spring.

Die ANC hoofsweep, Mbulelo Goniwe, wat hierdie ooreenkomste agteraf gereël het, was self bevoordeel deur so 'n "ooreenkoms". Hy het egter sy werk kort daarna verloor nadat hy skuldig bevind was aan herhaalde seksuele teistering.

Harry Charlton, finansiële hoof van die Parlement, het net begin om verdere reisskandale oop te rakel van R55 miljoen toe daar van hom ontslae geraak is deur nietige aanklaggies...

Sifiso Nkabinde, die ANC voorvegter in Richmont, het nadat hy in die tronk beland het in die negentigerjare weens 'n uitval met die ANC-leiers in Natal, onthul dat talle top ANC persone betrokke was by baie bankrowe en transito rowe. Sy lewe was daarna kort geknip.

Onderwys het ontspoor

Graeme Bloch, 'n onderwyskenner, het in sy boek met die titel The Toxic Mix gesê dat die onderwys in Suid-Afrika ontspoor het. Verder het hy gesê dat dit dertig jaar sal neem om dit te herstel indien die regte persone dadelik in beheer geplaas sou word. Dit het nie gebeur nie.

Vir die voorafgaande 5 jaar het die slaagsyfer van die openbare skole elke jaar gedaal met 'n persentasie punt of twee tot op 60,6% in 2009.

Die groot oorsaak hiervan is te wyte aan die sogenaamde uitkomsgebaseerde onderrigmetode (UGO) ook bekend as die PASS ONE PASS ALL metode wat deur Sadou enkele jare gelede ingevoer is om die een of ander ideologiese rede. Motshekga het aan die begin van verlede jaar (heeltemal te laat vir die 2010 matrieks) aangekondig dat UGO gestaak word.

Basiese vaardighede soos lees, skryf en somme maak was deur die jare agterweë gelaat.

Soos bewys is met Progress in International reading and literacy study (Pirls) geletterdheidstoetse waaraan Suid-Afrika het in 2006 deel geneem het. Uit 40 lande en 45 onderwysstelsels het die Suid-Afrikaanse leerlinge laaste gekom.

Uit navorsing in 2007 waaraan 42 000 graad ses leerlinge uit 2 250 skole in 14 lande deelgeneem het, was getoon dat in Afrika, Suid-Afrikaanse skole die swakste is.

Matrieks neem basies sewe vakke in graad 12. Om matriek te slaag moet 'n leerling ses vakke deurkom: drie met 40% en drie met 30%. Lewensoriëntering wat een van die 7 vakke is, word intern geëvalueer en is dit derhalwe makliker om 40% daarin te kry.

Dis dan ook opmerklik dat die slaagsyfer in dié vak toegeneem het van 65,5% tot 74,6%. Dit is 'n styging van 9,1 persentasiepunte.

Wiskunde geletterdheid het met 11,3% van 74,7% tot 86% gestyg en fisiese wetenskap met 11% van 36,8% tot 47,8%. Bostaande stygings is abnormaal hoog en vra om verduideliking.

Prof. Kobus Maree, onderwyskenner van die Universiteit van Pretoria (UP), het aan Beeld gesê daar is nêrens "sistemiese bewyse" van drastiese beter onderwys nie. Hy reken dat die antwoord vir die hoë styging dalk eerder gesoek moet word in vraestelle wat wyd in omloop was en beter afrigting vir die eksamen.

Desnieteenstaande alles, het 33% van verlede jaar se matrieks wat in 7 vakke eksamen geskryf het, nie geslaag nie. Dit is skokkend.

En om te dink dat 90% Afrikaner kinders wat tans in die openbare skole is, deel is van hierdie bestel waar standaarde gestel word sodat 'mense' met 'n IK van 60 ook kan slaag.

Gee ons skole terug!

Ons is vasgevang in en deur hierdie demokratiese bestel en uitgelewer aan die mag van die swartes en verswaktes, rampokkers en ongeletterdes.

Ons moet daaruit kom.

Onderwys is 'n eie saak en die Afrikaner sal, indien hy sy selfrespek wil herwin en om te kan oorleef in hierdie land, agiteer vir sy eie openbare skole - die model C skole wat ons voorouers met hulle belasting geld opgerig het en in stand gehou het. Dié skole moet onder beheer kom van 'n selfverkose Onafhanklike Afrikaner Onderwysowerheid wat ook beskerming sal verleen aan tersiêre inrigtings en opleidingsentrums asook tuisskoling en privaatskole soos die BCVO indien hulle dit sou verkies.

Die Afrikanervolk kwalifiseer by uitstek vir minderheidsregte wat wêreldwyd erken word. Ons het 'n reg en 'n verantwoordelikheid om ons eie kinders op te voed en te onderrig in skole waar ons kultuur en waardes beskerm sal wees en ook oorgedra word aan die volgende geslag.

Ons eis gehalte moedertaalonderrig vir ons kinders en kleinkinders.

Laat ons wekroep vanjaar wees: Gee ons skole terug!

André Alkema
Voorsitter
Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans.

Sal ons ooit weer vry wees?

E-pos Afdruk PDF

Die Afrikaner as volk staan die afgelope 16 jaar onder vreemde juk in sy eie vaderland.

Baie Afrikaners aanvaar dit as ‘onomkeerbaar’ om die gewraakte uitdrukking van ‘n voormalige president van Suid-Afrika, mnr F W de Klerk te gebruik, en het hulle reeds ‘deel’ geword van die Nuwe Suid-Afrika (NSA) met sy veelrassige sport, hoë vlakke van geweldadige misdaad asook korrupsie en vergrype van ‘n onbeholpe owerheid.

Daar is egter ‘n al groter wordende groep Afrikaners wat nie hierdie toestand kan of wil aanvaar nie en smag na vryheid in ‘n eie vaderland.

Voortrekkers

Net soos die Afrikaners in die sewentiende eeu in verset gekom het teen die Engelse wat die Kaap geannekseer het en hulle taal en wil op ons af geforseer het, is daar vandag ook Afrikaners wat hierdie Swart diaboliese juk van hulle wil afgooi.

Maar net soos in 1836 met die Groot Trek verskil dié Afrikaners oor die pad na vryheid. U sal onthou dat Hendrik Potgieter en sy trekgeselskap hulle vryheid in Transvaal kom soek het om so vêr as moontlik van die Engelse weg te kom terwyl Piet Retief en sy mense Natal gekies het om verseker te wees van ‘n hawe en ‘n handelsroete na die wêreld.

By nabetragting skyn dié verdeeldheid nie as verswakking van die einddoel nie, maar as versterking, want daardeur het hulle die hele land mak gemaak.

Derhalwe moet die verdeeldheid onder Afrikaners/Boere vandag eintlik gesien word as ons sterk punt en ‘n teken van ‘n veelheid van leierskap. Dit maak my opgewonde vir die toekoms.

Die pad na vryheid

Dit is ‘n uitgemaakte saak dat as die Afrikaner werklik vry wil wees, sal dit net wees wanneer hy homself regeer in sy eie grondgebied wat hy fisies kan verdedig en waar hy sy eie werk kan doen en waar Afrikaans die amptelike taal sal wees.

Om te verseker dat Afrikaans as taal soos ons dit vandag ken, bly voortbestaan, is ‘n onafhanklike grondgebied geskei van die NSA ononderhandelbaar. Daarom moet ons ook ooreenkom dat Afrikaans die enigste amptelike taal daar sal wees en derhalwe die beskerming van ‘n Afrikanerowerheid sal geniet.

Wat ons verder moet besef, is dat die pad na vryheid vir die Afrikaner ‘n lang en opdraande pad is wat baie eise en offers sal vra; dat ons soms vinnig moet beweeg en soms stadig.

Want net soos sommige Afrikaners destyds nie net hulle goed op ‘n wa kon laai en die binneland intrek nie, is daar ook vandag goeie Afrikaners wat nie sommer hulle wortels hier kan lig en elders met hulle lewe kan voortgaan nie. Hulle eiendom is hier; familie is hier en werk is hier.

Hiervoor het ons ‘n dubbelloopstrategie nodig - en baie geduld en verdraagsaamheid met mekaar.

Die een been van die strategie sal wees om groeipunte te skep soortgelyk aan Orania in die Kaap en Kleinfontein (Pretoria-Oos) waar die Afrikaner homself kan vestig met die doel om ‘n meerderheid in daardie gebied te vorm en uiteindelik af te skei van die NSA. Daar is mense wat sal kla dat ons net een grondgebied moet hê, maar ek is van mening dat ons meer moet beweeg in die rigting van ‘n federasie van Afrikanerstate wat uiteindelik gekonsolideer kan word.

Die ander been behels dat die Afrikaner in terme van minderheidsregte waarvoor hy by uitstek kwalifiseer moet agiteer om in die NSA sy eie huishoudelike sake soos onderwys, welsyn, kultuurerfenis ens self te beheer. Dit beteken dat die Afrikaner een of ander verkose gesagsliggaam sal aanwys wat hierdie aspirasies sal kan verwoord, dit promoveer en net soos daar erkenning gegee word aan tradisionele (swart) leiers vandag, erkenning van die NSA owerheid af te dwing vir die bestaan van Afrikanervolk/Boervolk en sy eise.

Derhalwe is die Volksraad Verkiesingkommissie (VVK) ‘n belangrike stap in dié rigting en moet elke reggeaarde Afrikaner/Boer registreer om deel te neem aan die verkiesing van ‘n Afrikaner Volksraad volgende jaar.

Onderwys

Terselfdertyd moet ons ons beywer vir ‘n Onafhanklike Onderwysowerheid vir die Afrikaner sodat ons weer in beheer kan kom van ons eie onderwys en die opvoeding van ons kinders. Sodat ons weer self die standaard, inhoud, leer en assesseringmetode en taal van onderrig in die Afrikaner openbare skole kan bepaal.

Die vryheid van die Afrikaner loop deur die klaskamer van ons kinders en kleinkinders en word elke ouer en grootouer opgeroep om deel te word van hierdie vryheidstryd. Dit is van die verlore ‘grondgebied’ wat ons moet terugwen. Indien ons hier ‘n oorwinning kan behaal, sal daar nuwe moontlikhede ontstaan. Die Afrikaner sal weer sy selfrespek herwin en nuwe moed skep vir die stryd wat voorlê.

Dit is hiermee waarmee die Afrikaner Onderwysdirektoraat (AOD) en waarvan die GHA deel is, hom beywer. Derhalwe het die GHA ‘n inligtingsboekie die lig laat sien met die titel: AFRIKANER se eis vir ‘n onafhanklike ONDERWYSOWERHEID en word volksgenote aangemoedig om hierdie boekie in die hande te kry en te bestudeer.

Selfs wanneer die Afrikaner eendag sy vryheid in sy eie grondgebied gaan kry, sal ons besef dat ons nie die Afrikaners wat in die NSA agterbly vir die wolwe kan gooi nie. Daarom te meer is die verkryging van beheer oor Afrikanersake ook van uiterste belang.

Hiermee wil ek aan elke leser ‘n geseënde Christusfees toewens en vertrou dat u met nuwe geloof en krag die nuwe jaar sal ingaan en met nuwe ywer die stryd vir Afrikaans en vir vryheid sal voortsit.

'n Skool mag sy eie taal kies!

E-pos Afdruk PDF

Hoërskool Ermelo het die appélsaak teen die Suid Afrikaanse onderwys-owerheid gewen toe vyf appélregters op 27 Maart vanjaar beslis het dat die onderwyshoof van Oos-Transvaal, mnr Monwabisi Reymond Tywakadi, onwettig opgetree het toe hy in 2007 die Skolewet oortree het.

Lees meer...

Afrikaner word in die klaskamer vermoor

E-pos Afdruk PDF

Wanneer daar van onderwys gepraat word, dan word daarmee bedoel die onderrig, opleiding en opvoeding van ons kinders op pre-primêre, primêre, sekondêre en tersiêre vlak.

Opvoeding kan nie plaasvind sonder 'n taalmedium nie en ons besef dat moedertaalonderrig onontbeerlik is vir die behoorlike vaslegging van leermateriaal.

Laas Opdateer op Donderdag, 19 Februarie 2009 13:02 Lees meer...