
Sáám kan ons Afrikaners bevry
Geagte mede-Afrikaner,
Ons land het ‘n stroomversnelling binnegegaan soos laas aan die einde van die tagtigerjare. Toe het die ANC, danksy buitelandse hulp, Suid-Afrika binnegekom en ons hele staat en die helfte van die ekonomie gevat, sonder om ‘n skoot te skiet.
Sestien jaar later is mense keelvol vir die “comrades” se geweld, korrupsie en rassehaatliedjies soos “Dubula ibhunu”. Oral in die land is Afrikaners besig om te organiseer en word daar van opstand en belastingboikotte gepraat.
Ons mag egter nie nou dom dinge aanvang nie en moet ons mense op ‘n slim manier na vryheid lei. Dis nou waar PRAAG inkom. Tien jaar lank reeds voorspel ons alles wat nou gebeur, die diskriminasie, geweld en Afrikanisering, ook die herontwaking van ‘n gespierde, veglustige Afrikanervolk. Ons model was 100% reg!
Maar ook ons oplossing is reg: die herstel van Afrikanervryheid en -soewereiniteit. Daarvoor moet ons veral die weg in die buiteland gaan voorberei.
In Mei het ek Brittanje, Nederland, Swede en België besoek om politici, die media en menseregtegroepe oor die lyding en onreg wat Afrikaners en blankes moet verdruur, in te lig. Uiteindelik, glo ek, gaan ons net soveel steun en simpatie uit die buiteland ontvang as wat die ou Boere onder Paul Kruger en MT Steyn vanuit die hele Europa gekry het.
So pas aan die einde van Julie 2010 het ek ook besoek aan Israel gebring waar ek byna oorstelp was met die mate van empatie en steun vir die Afrikanersaak in daardie land. As ons net 'n minimum intellektuele en politieke weerstand teen ANC-oorheersing in ons land begin bied, sal die Israelse bevolking ons vir seker ondersteun.
Die oomblik is nóú en ons moet dit aangryp. Maar sonder genoeg betalende lede wat ‘n geringe maandelikse debietorder bydra, gaan ons nie die paal haal en al hierdie broodnodige aksies kan uitvoer nie.
Asseblief, gaan teken hier onder aan by PRAAG vir ‘n debietorder sodat ons ons organisasie kan uitbrei en ons saak, nasionaal en internasionaal, aan die groot klok kan hang. As die Westerse wêreld tot Afrikanervryheid oorgehaal is, gaan die binnelandse stryd maklik wees, amper so maklik as wat dit vir Mandela was om eenvoudig die Uniegebou se sleutels uit FW de Klerk se pap handjie te gryp.
ONS KAN DIT DOEN, dít weet ek. Ons kort net bietjie kermisgeld om op die vliegtuig te kom.
Eendag gaan ons kleinkinders vir ons vra of ons die huidige geleentheid aangegryp het. Wat gaan u vir hulle sê, dat u saamgestaan het om die wa deur te drif te trek of nog ‘n bietjie op die kantlyn getalm het?
Ek glo in ons volk. As dit regtig saak gemaak het, het ons nog altyd ons kant gebring, in die laer by Bloedrivier of Vegkop of toe ons pennies moes bymekaar maak om ‘n SANLAM of Afrikaanse skole en universiteite te stig.
Ons het egter nie veel meer tyd om met ‘n groot poging vorendag te kom nie. In die huidige vryheidstryd loop PRAAG reeds heel voor, met inligting, idees, argumente en planne. Glo my, alles is gereed om die ANC binne maande feitlik onderstebo te loop.
NEEM TWEE MINUTE VAN U TYD EN VUL DIE VORMPIE HIER ONDER IN. U IS DIT AAN U NAGESLAG VERSKULDIG.
Ek maak staat op u, net soos u op my kan staat maak om alles vir die stryd te gee.
By voorbaat dankie vir u ruimhartigheid en ondersteuning.
Die uwe,
Dr. Daniël François (Dan) Roodt


